Suid-Afrikaners vra hulself baie keer: Ballito of Hartenbos? Pizza met of sonder pynappel? Die Blou Bulle of die WP? Netwerk24 of Maroela Media? Dan is daar nog een: Takealot of Amazon.
My opinie is die volgende. Albei het voordele en nadele. Dit hang af van mens tot mens. Kom ons loer!
Takealot
Voordele
- Dit is plaaslik geleë.
- Produkte bereik jou meestal binne ʼn dag of wat.
- Min invoertariewe
Nadele
- Soms raak dit beskadig
- Soms neem dit ʼn ruk om by jou uit te kom
- ‘Graphics’ op die webwerf is nie altyd so lekker nie
Amazon
Voordele
- Opsies is onbeperk. Dink aan ʼn TV reeks wat jy gekyk het jare gelede en jy kry dit nie hierso in SA nie, ek wed jou jy sal dit kry op Amazon. Soos met my: Third Rock of The Sun, Grounded For Life ens. Op DVD. Anders ‘stroom’ jy dit regstreeks van Amazon Prime af, sy eie weergawe van Netflix.
- Daar is ʼn groter verskeidenheid produkte as by Takealot.
- As jy van e-boeke hou gaan kyk. Daar ontdek jy nuwe skrywers en die keuses is onbeperk.
- As jou Tablet/ e-book/ Kindle gekonnekteer is aan jou Amazon rekening behoort boeke, TV reekse en speletjies dadelik by jou uit te kom.
- Graphics is goed op die webwerf.
- Jy kan op die rekenaar ‘Track’ waar die produkte is
Nadele
- Nie alles kan SA toe gestuur word nie
- Pakkies raak weg of beskadig
- Prysig! Onthou jy betaal in Dollar.
- Pakkies vat lank om by jou uit te kom.
- Hoë invoerkostes
Ek hoop ek kon my medemens bietjie touwys en raad gee…
Cheers