My sewes droom

Hoe gaan daardie liedjie?

Ek sou kon doen met ʼn miljoen

Ja, ek stem saam met wyle oom Lukas Maree. Ek sou ook kon doen met ʼn miljoen. Maar deesdae is ʼn miljoen nie veel werd nie. Dit hou nie lank nie. Jy weet mos; e-toll, 15% belasting, mediese kostes, kos, krag, water, WiFI, DSTV, petrol, Showmax! Jy moet vir al daardie goed betaal.

Of eintlik is ʼn miloen deesdae niks nie. Mens kort ʼn Biljoen.

As ek soveel geld het dan koop ek vir my die volgende:

  • ʼn Wildplaas wat aan die see grens
  • ʼn Woonstel in Londen of New York
  • ʼn Ranch in Texas
  • ʼn Karibiese eiland
  • ʼn Reis reg om die aardbol
  • UBER & Apple aandele
  • My eie straler waarmee ek oral kan rondrits
  • My eie Engelse Premiersliga sokkerspan

Dan het ek my meesterklas-bakgat-fenomenale idee. Ek begin my eie skatryk 7 sewesrugby liga. Ons noem dit sommer die ‘Clash-for-Cash-liga.’

Ons almal weet sewe aan ʼn kant rugby is super gewild. Op skool, provinsiale en internasionale vlak. Ons eie Blitzbokke is een van die beste spanne wat daar is.

Ons almal weet die IPL in Indië het twintig-twintig krieket met een groot BANG op die wêreld verhoog gesit. Dit is uiters gewild en jaar na jaar styg sy gewildheid. Groot geld word aan die spelers betaal en nog meer geld word uit borge, uitsaairegte en kaartjiesverkope gegenereer.

Elke span het ʼn eienaar en hy bestuur die brand van die span.

Elke span word privaat besit, maar spelers van verskillende lande vorm ʼn span. Kan jy jouself in dink? Saebelo Senatla en Sonny Bill Williams in ʼn span. Hulle speel teen Israel Folau en Perry Baker.

Kan jy die skouspel indink? Hoe dit mense sal lok. En jy vat die rugbyfees na verskillende plekke op die aardbol.

  • Tokyo
  • Londen
  • New York
  • Barcelona
  • Vic Falls
  • Cairo
  • Rio
  • Kaapstad
  • Switserland
  • Hawaii
  • New Delhi
  • Moscow
  • Beijing
  • Miami
  • Rome

Dit is groot toeriste aantrekkingsplekke en mense sal van ver af kom om te kom kyk. Dis ʼn sportgebeurtenis wat klein kan begin en dan groei na ʼn groot gebeurtenis soos Tour de France

Hiers nog ʼn paar dinge wat ek wil noem

  • Nes die IPL vind dit plaas oor ʼn kort tydperk van 4-5 weke
  • 8 spanne neem deel
  • Elke span het dieselfde bedrag om spelers te kontrakteer
  • Die byeenkoms is ʼn Wêreldrugby geakkretiteerde toernooi
  • Twee dae per plek, vier -vyfdae tussen in as rus tydperk
  • Vind plaas Junie maand. Dan is die Europese seisoen verby en Super Rugby spanne se spelers sal nie almal gekies word vir nasionale diens nie.
  • Goeie betaling- in Dollars
  • Daar moet ʼn kwota van vier spelers van ontwikkelende rugby lande soos Chile en Vanuatu wees. Om die spel te laat groei.
  • ʼn squad van 18-20, nie 13 soos deesdae nie
  • A.g.v die uitsaai regte sal rugby wêreldwyd meer blootstelling kry. Huidiglike is SA en Fiji die twee topsspanne, maar oor ʼn dekade of drie kan dit dalk anders wees. Sri Lanka of Gambia kan dalk met loudere wegstap a.g.v. die goeie publisiteit en blootstelling.

Dis die droom…

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: