Suid-Afrikaners speel net vir die Bokke? Watwou!
Elke rugby speler in ons land droom daarvan om die Groen-en-Goud aan te trek. Van klein laatjies wat al Bulletjie rugby speel tot ou ooms wat nog klubrugby speel.
Daardie trui is nie vir almal beskore nie. Huidiglik was daar nog net 911 manne wat die Bok trui oor hul skouers kon trek. Net 911 spelers wat die Senior vyftiental kon verteenwoordig.
Intussen is daar baie spelers vort oorsee om hul heil te gaan soek. SA se rugby spelers is oral in aanvraag. As jy by professionele spanne se Wikipedia-blad gaan kyk is die kans groot jy kry ʼn Suid-Afrikaner op hul boeke. Meeste spelers word uit SA gelok in die hoop om vir die nasionale span van jou aangenome land te speel.
Om dit te doen is daar twee maniere.
- Jy bly vir 3 (in 2020 is dit 5) jaar op ʼn plek.
- Burgerskap d.m.v jou ouers of grootouers
Hierdie post wys vir julle ongeveer watter spelers van SA het ʼn internasionale wedstryd vir sy aangenome land gespeel. Dit is slegs rugby union (vyftienman).
Die name van die spelers is nie alfabeties nie. As julle meer wil weet van ons spelers, GOOGLE so bietjie.
Australië
- Clyde Rathbone
- Dane Haylet-Petty
- Tiaan Strauss
- Dan Vickerman
Brasil
- Devon Muller
- De Wet van Niekerk
Duitsland
- Jarrid Els
- Marcell Coetzee
- Ayron Schramm
- Marcell Henn
- Hendrik van der Merwe
- Jaco Otto
- Kurt Haupt
- Dasch Barber
- Michael Popmeier
- Raynor Parkinson
- Wynston Cameron-Dow
- Sebastian Ferreira
- Justin Melck
- Nikola Klewinghaus
Engeland
- Matt Stevens
- Mouritz Botha
- Geoff Appleford
- Brian Black
- Nicholas Labuschagne (Pat Lambie se oupa)
- Brad Barrit
- Frank Mellish (Hy het vir die Bokke ook uitgedraf)
- Mike Catt
- Michael Horak
- Stuart Abbott
- Hendre Fourie
Frankryk
- Pieter de Villiers
- Dan Kotze
- Bernard Le Roux
- Antonie Claassen (Sy pa Wynand was ʼn Bok Kaptein)
- Brian Liebenberg
- Scott Spedding
- Rory Kockott
Hong Kong
- Grant Kemp
- Matt Roslee
- Henjo van Niekerk
Ierland
- Robbie Diack
- Rob Herring
- Quinn Roux
- CJ Stander
- Richardt Strauss
- Dion O’Cuinneagain
Israel
- Ori Abutbul
- Jayson Ferreira
- Jared Sichel
Italië
- Jaco Erasmus
- Corniel van Zyl
- Carlo del Vava
- Quintin Geldenhuys
- Braam Steyn
- Johan Meyer
- Dries van Schalkwyk
- Tobie Botes
- Dario Chistolini
Japan
- Wimpie van der Walt
- Kotaro Matsushima
Kanada
- DHT van der Merwe
- Guiseppe du Toit
Portugal
- José Rodrigues
- Jacques le Roux
Romania
- Johannes van Heerden
- Jody Rose
- Randall Morrison
Nieu-Seeland
- Andrew Merthens
- Greg Rawlinson
Skotland
- Allan Dell
- Cornell du Preez
- Tyronne Holmes
- Josh Strauss
- WP Nel
- Greig Tonks
Verenigde State van Amerika
- Paul Eloff
- JP Eloff
- Cornelius Dirksen
- Juan Grobler
- Niku Kruger
- Francois Viljoen (in SA grootgeword en skoolgegaan)
- Jurie Gouws
- Owen Lentz
- Riaan van Zyl
- JJ Gagiano
- Shaun Davies
- Andre Blom
- Hanco Germishuys
- Rubuen de Haas
Wallis
- Andries Pretorius
Baie ander lande soos die VAE en Botswana is propvol met spelers met SA bande. Dit gaan net meer word. Soos rugby regoor die heelal groei, so sal die aanvraag na SA spelers.
Cheers