As ʼn man wat al jare lank boeke koop en vining deurlees sodat hy nog moet koop is daar die groot keuse wat hy moet maak: Waar koop hy sy boeke? Exclusive Books of Bargain Books?
Reg oor die land sal jy hierdie twee kettingwinkels meestal by elke groot Mall kry. Die een of die ander. Of selfs op party plekke sal jy albei kry soos by die Liberty Midlands Mall in Pietermaritzburg in KZN.
Mense vra my baie keer watter een van die tipe boekwinkels sal ek verkies en dan vergelyk ek die twee graag met karre.Exclusive Books is ʼn 2017 Mercedes model en Bargain Books ʼn 2001 model. Die een is meer nuut, luuks en trendy as die ouer model.
Hierdie volgende aspekte hou ek ingedagte as ek moet kies.
Exclusive Books
- Duurder boeke. Veral die wat pas uitgekom het.
- Nuwe of herdrukte boeke
- Daar is meer boekopsies. Bv. Tydskrife, autobiografieë, boeke oor geloof, geskiedenis, kinderboeke ens.
- Elke winkel het baie spasie om in te beweeg.
- Trendy.As jy daar instap jeuk jou vingers om die boeke te verken.
- Die Vibe skree BOEKWINKEL
- Flashy
- Daar is selfs ʼn koffie winkel genaamd FEGO langsaan. Daardie reuk van vars koffie is baie aanlokkend
- Verkoop ander produkte soos sleutelhouers en speelgoed
- Baie sitplek vir klante om te sit en lees
- Hulpvaardige personeel
Bargain Books
- Goedkoper boeke. Party boeke is soms R100-R200 goedkoper as by Exclusive Books
- Hulpvaardige personeel
- Verkoop meer Afrikaanse boeke
- Laer Pryse maak dat jy baie boeke sal koop
- Ouer boeke wat jare terug gedruk is is te koop
- Meer boeke per skrywer. Exclusive sal net ʼn paar per skrywer as te koop aanbied
- Bargain Books laat ʼn ou baie dink aan die outydse boekwinkels by die see waar jy ure kon spandeer om n skat te ontdek
Dis ʼn moeilike keuse om te maak, maar ek sal Bargain Books kies. Jy kan maar net so wel met meer boeke daar wegstap as wat jy by Exclusive Books sou.
Vaarwel