Lees jy?
Mense lees al hoe minder deesdae.
- Ons is almal vasgenael aan ons fone
- Ons kan net ʼn aantal woorde per minuut lees
- Ons Konsentrasie is laag
- Ons is haastig om klaar te kry
- Ons Taalvaardighede verswak
Daarvoor is dit ouers se verantwoordlikheid dat hul kinders so veel as moontlik lees. In Afrikaans en in Engels. Hier van Gr4 af, nadat hulle drie jaar lank al ordentlik leer lees het gee vir hulle ʼn boek en beveel hulle om te lees. Vra hulle uit om te sien hoe hulle vorder.
Ek stel voor jy gee vir hulle ʼn reeks om te lees. Daar bly die karakters dieselfde en soms is daar ʼn klein ontwikkeling wat wel plaas vind, maar nie te groot om hulle deurmekaar te maak nie.
Kyk vir die volgende reekse
Afrikaans
Trompie-reeks deur Topsy Smit
Kom ervaar die avonture van Trompie en sy maats, Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die Brak. Kwaggaberg se berugte Boksombende.
Saartjie-reeks deur Betty Naude
Die vroulike weergawe van Trompie. Saam met haar vriende noem hulle hulself die 3 muskiete en beland in avonture.
Dieselfde skrywer wat Trompie geskep het was verantwoordelik vir Saartjie se ontstaan!
Frits Deelman deur Leon Rousseau
Frits Deelman is SA se superspioen wat elke skurk wat SA bedreig laat les opsê.
Die Uile deur Cor Dirks
Die Uile is ʼn bende van 4 maats van ʼn kosskool in Kranskop in Mpumalanga wat altyd perongeluk by avonture teen hul sin betrokke raak.
Jaco Jacob –boeke
Harry Potter reeks-deur JK Rowling
Sodra hulle Engels onder die knie kry gee vir hulle die volgende skrywers of reekse
Engels
Michael Morpurgo –boeke
Hardy Boys gaan oor Frank en Joe Hardy wat saam met hul vriende geheime moet oplos en skelms moet vastrek. Nancy Drew is ʼn vroulike weergawe daarvan.
Famous Five deur Enid Blyton.
Dit handel oor vier neefs en niggies wat saam met hul hond in avonture beland.
Mallory Towers-reeks
Dit handel oor meisies wat na ʼn kosskool toe gaan en alles wat daar gebeur.
Begin met hierdie boeke. In ʼn volgende post gee ek nog raad. Ek sal self boeke voorskryf vir ouer gardes. Ons gaan ons kinders aan die lees kry.