Clive Cussler is ʼn meester van Avontuur

Hou jy van avontuur-verhale? Boeke vol versteekte skatte, verlore beskawings, klassieke karre, ou vliegtuie, duikbote met fantastiese tegnologie. Booswigte met donker fanatiese planne om die werêld te verander vir eie gewin?

Soek jy ʼn boek met drie-dimensionele karakters wat jou reg oor die aardbol neem om ‘mysteries’ op te klaar of met ʼn slymerige boef af te reken?

Dan stel ek waar jy lees ʼn Clive Cussler boek. Hy het al om en by oor die 80 geskryf. En dan is hy nog so aktief op 80. Al die aktiewe goed wat sy hoofkarakters in sy boeke doen het hy self uit getoets of ervaring van. Duik, met bote reis, vlieg ens.

Sy kennis van karre, vliegtuie en die wrakstukke van ou bote van onder die see kom duidelik na vore.

Volg hierdie link as julle meer van s boeke wil weet.

https://clive-cussler-books.com

Al sy boeke kan meestal, (hy het twee nie-fiksie boeke geskryf) in vyf reekse geplaas word.

Dirk Pitt reeks: Dirk werk vir die National Underwater and Marine Agency (NUMA). Hulle is gebasseer in Washington DC. Dit is hulle werk om die oseane te monitor, te verken, ondersoek en te beskerm. Gewoonlik as daar iets fout gaan of geheimsinnige gebeur vind plaas is Pitt die man wat jy bel. Saam werk hy en die mense by NUMA aan ʼn oplossing vol spanning en drama. My gunsteling boek was Atlantis Found.

Clive Cussler het in regte lewe NUMA geskep. Hulle is ʼn nie-regerings organisaie wat hulself beywer met die ekosisteem van die oseane.

Numa Files: Kurt Austin werk nes Dirk Pitt vir NUMA en moet ook soms redder vir die mensdom speel. Hy en sy vriend Joe Zavala bevind hulle soms in benoude situasies en meestal is daar ʼn aster wat gered moet word. My gunsteling boek was The Storm.

FARGO Adventures: Multi-miljoeners Sam en Remi Fargo lewe ʼn droom vir enigiemand in hul dertigs. Hulle bly in ʼn  kolossale groot huis by die see, hulle het ʼn klomp geld en reis die aardbol vol. Waar ook al hul hulself bevind raak hulle betrokke by die soektog na verlore skatte. Jy ken die resep. Iemand ander soek die skate vir ʼn slinkse komplot en die Fargo’s en hul bondgenote moet keer. My gunsteling boek was The Tombs.

Oregon Files:Dit gaan oor ʼn boot met die naam Oregon. Dit is een van die meesgevorderste oorlog bote wat oor die oseane reis. Die boot word vermom as ʼn ou stoomskip. Al sy inwoners wat ʼn militêre agtergrond het vorm deel van ʼn private militêre groep genaamd, ‘The Corporation’ en hulle word gelei deur die ou CIA-man Juan Cabrillo. Saam het hulle baie hoogsgeheime take om te doen wat niemand anders kan doen nie. Elke inwoner het sy rol wat hy speel bv.

  • ingineer
  • Lood
  • Kok
  • Wapen kenner
  • Dokter
  • Beplanners
  • Strategici
  • IT-kenners
  • ‘mechanic’
  • Duiker
  • Soldate
  • Skerpskutter
  • skoonmakers
  • verkenners

Bitter min mense weet van hulle bestaan. Hulle vaar op die see onder ʼn Iranese vlag. Niemand is agterdogtig oor ʼn ou stoomskip nie. My gunsteling boek was Plague Ship.

 Isaac Bell:Isaac Bell is ʼn speurder vir die Van Dorn Speuragentskap. Die boeke speel af in die begin jare van die twintigste eeu. Die tegologie uit daardie era is bietjie voor hul tyd bv. vlieënde karre.  Bell kry te doen met baie skurke soos die Mafia-base onder andere. Hierdie reeks bestaan maar net uit dood gewone speur verhale. My gunsteling boek was The Bootlegger.

Hopelik kry ek julle aan die lees. Praat weer. Clive se nuwe boek wag vir my…

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: