Hoekom nie SA?

ʼn Mens hoor baie keerdie woord ‘Globalisering’. Vir die van julle wat nie weet wat hierdie smart woord beteken nie hier is dit:

Volgens oom Google beteken dit dat “Globalisering is die proses van internasionale integrasie voortspruitend uit die interaksie en uitruiling van wêreldbeskouinge, produkte, idees en gemeenskaplike deling van mekaar se kulture.”

Nogal ʼn mond vol. En ek wed party verstaan nog steeds nie. Basies beteken dit dat een idea of produk  reg oor die aardbol verspreid raak en in aanvraag kom.

Dink aan Coke. Reg oor die aarde sal jy die naam en produk kry Coca-Cola kry. En almal sal dit ken. Net soos McDonalds, KFC, Levi, Toyota ens.

Al is SA ʼn derde wêreld land het ons ook daardie buitelandse invloed of dit nou by ons kos, musiek, klere, tegnologie ens is. Baie dele van ons bestaan word beinvloed uit die buiteland.

Hier is ʼn paar oorsese dinge wat ek nooit kon verstaan hoekom dit nooit hier posvat nie.

  • Ken jy lekker warm appeltert met roomys? In Amerika noem hulle dit mos Apple Pie. Daar kry jy ook Cherrie Pie of Blueberry Pie. Hoekom kry ons dit nie in SA nie? Ons maak dan enige ding wat uit die buiteland kom? Ficksburg in die Vrystaat hou mos elke jaar n Kersiefees. Probleem opgelos.
  • Die Yanks eet kalkoen. Veral met Thanksgiving en Kersfees. Die Britte eet gans of fisant. Hoekom eet ons dit nie ook op grootskaal nie? Dink net hoe gewild gaan dit wees onder ons mense wat hou van braai of wat in groot families bly? As ons op grootskaal met volstruise kan boer, kan ons seker met hierdie pluimvee ook. Of vang n tarentaal langs die pad? Dink net aan hoe opkomende boere gehelp kan word met hierdie nisboerdedry. Ons kan dit in ʼn grootskaalse boerdery ontwikkel.
  • Ons het so baie skool rugby spelers wat verlore gaan na matriek. Hulle sluit nie professionele kontrakte met unies of universiteite nie. Hulle gaan oorsee of hou net op met die spel. Hoekom word hulle nie aangemoedig om rugbyliga te speel nie? Dertien man rugby. In NZ, Engeland en Australië is hierdie sport baie gewild. Hiermee word ʼn nuwe sport ontwikkel en rugbyspelers kry ʼn tweede kans vir ʼn beroepsport.
  • Die mense in die stede bly anders as oorsee se stedelike mense.  Hoekom bou ons nie meer woonstelblokke met ‘apartments’ nie. Dink aan Friends of The Big Bang Theory. Sal dit nie ons behuising krisis oplos nie?

 

Dink ʼn bietjie hier aan…

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: