Lag n slag

 

Hou jy van lag? Lag jy ooit? Ons almal hou van lag. Party mense lag meer as ander. Party mense lag nooit fisies nie. Party lag net vir hulself.

Lag is goed vir jou.

  • Dit vernietig jou stres hormone
  • Dit versterk jou imuunstelsel
  • Lag brand kalorieë & beskerm jou hart
  • Lag maak jou emosioneel ligter
  • Lag ontspan jou lyf

Daar is ʼn paar maniere om te lag.

Sien- Kyk ʼn snaakse Youtube-video van iemand wat pranks doen wat skeefloop.

Hoor- Luister na ʼn Radio Raps of ʼn Trevor Noah storie. Dit sal enigeen laat lag.

Lees- Daar was nog net twee skrywers wat my laat lag het. Hulle sê mos skrywers moet skryf wat hulle weet. Glo my, hierdie twee kry dit reg. Die leser se aandag bly met wat voor hom staan. Dis volgens my onmoontlik om nie te lag as jy hierdie boeke verslint nie.

Skrywer: John van de Ruit

Spud

Spud: The Madness Continues

Learning to Fly

Exit, Purued by a Bear

Hierdie vier boeke het uit die pen van John van de Ruit gekom. Dit handel oor John ‘Spud’ Milton, ʼn “boykie” van die Bluff wat ʼn beurs na ʼn ryk privaat  skool gewen het. Hierdie vier boeke dek vier jaar se skoolganery. Vandat hy by die skool begin tot hy daar uitstap. Dit is ʼn reis van grootword wat jy saam met die hoofkarakter stap.

Verloor jouself in hierdie temas.

  • Klaskaskenades
  • Krieket-toere
  • groeipyne
  • Kattekwaad
  • skooldinge en -gebeure
  • vakansiestories
  • Koshuis-mannewales
  • Muisneste
  • Familie-dinge
  • Konserte
  • Spookstories

Van de Ruit se skryfstyl is humoristies en gemaklik. Dit is in die vorm van Dagboek inskrywings. Die verhale speel in die begin 90s af.

Werklike gebeure word saam gevoeg.

  • Nelson Mandela word vrygelaat
  • ANC en IFP baklei
  • River Phoenix sterf
  • Suid-Afrika speel sy eerstekrieket wedstryd sedert hertoelating teen Indië

Spud bevind homself saam ʼn paar wilde kamermaats en hulle noem hulself die ‘Crazy8’. Hulle is van die hoof karakters wat Spud in sy dagboek beskryf

  • Daar is Boggo wat hou van Dobbel en bloufoto’s
  • Daar is Gecko wat elke siekte onderlede gehad het
  • Daar is Simon die krieketspeler
  • Rambo, die leier. Hy het selfs ʼn skelm verhouding met hulle koshuismeester se vrou
  • Mad Dog. Hy hou van jag en mense intimideer
  • Daar is Fatty wat van Kos en spookstories hou
  • Daar is Vern, wat sommer al die eerste kwartaal weg hardloop van die skool af
  • Roger, die kat (van die tweede boek)
  • Garlic- Van Malawi

Dan kom daar nog by

  • Die koshuisvader, Mnr.Wilson, wie se bynaam ‘Sparerib’ is
  • ‘The Guv’ die Engelse onnie
  • Luthuli-die koshuifhoofseun
  • Mnr. en Mev. Milton-sy ouers
  • Wombat-sy ouma wat so ʼn bietjie deur mekaar is
  • Mermaid & Amanda-sy eks-meisies
  • Blacky die hond

Verlang na jou tiener lewe of geniet jy net n lekker boek. Kry dit!

James Hendry

Droom jy ooit van ʼn lewe by ʼn luukse Lodge in die middel van die Bosveld. Of jy nou daar werk of vakansie hou? James Hendry bied vir ons ʼn komiese blik in die lewens van die mense van die bos.

A Year in the Wild

Back to the Bush

Hierdie is die boeke wat julle moet koop. Maak jou reg om jouself pap te lag. Elke keer as ek bos toe gaan, lees ek hierdie ouens, net om in die ‘mood’ te kom.

Maak jou reg vir:

  • Eksentrieke toeriste
  • Komiese gebeure onder die personeel
  • Leefwyses van gaste en die personeel
  • Dinge wat skeef loop
  • Verhoudinge wat vorm
  • Unieke Werknemers
  • Asemrowende natuurtonele

Die hoofkarakters is die sarkastieste, bitter Angus, ʼn veldwagter en die joviale Hugh MacNaughton, ʼn hotelbestuurder wat vir ʼn jaar by Sasekile, ʼn privaat natuurreservaat gaan werk. Hierdie broers hou nie van mekaar nie, so verwag wrywing.

Dan is daar

  • PJ- ddie bestuurder
  • Julia- hulle suster
  • The Major- hul seniele oupa
  • Hul ouers
  • Anton Muller- die hofveeldwagter wat dink hy weet alles
  • O’Reilly- die Ierse Kok
  • Melissa- ontvangsdame
  • Jenny, Amber, Simone, Anna, September- kampbestuurders
  • Jeff- Angus se buurman en hoof irritasie
  • Elvis Sithole- Grondbestuurder
  • Carey, Jamie, Sipho, Allistair, Duncan- veldwagters

Weekliks stuur hulle vir hul suster ʼn epos en daarin vertel hulle haar wat alles daardie week by die Lodge gebeur het. En dit is waar die komedie gebeur. Veral die Angus karakter se e-poste is skerp en propvol stories.

Back To The Bush aan die ander kant is in die vorm van ʼn weeklikse dagboek inskrywing van die MacNaughton’s se tweede jaar in die bos. Dit kom alles uit Angus se pen uit.

In die twee jaar het die broers baie gegroei en die Lodge is anders as aan die begin, maar die sports hou net nie op nie.

Kry hierdie boeke. Julle sal my nog bedank.

Au Revoir!

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: