TOP TIEN SITKOMS

Hou jy van sitkoms? Ek ook.

Mense vra my altyd wat is my gunsteling sitkoms.

Vir die van julle wat nie weet wat ʼn sitkom is nie hier is ʼn paar punte om te verduidelik:

  • ʼn Humorististiese storie vertelling op TV
  • Dit is gemiddeld twintig minute lank
  • elke episode het meestal dieselfde karakters
  • sitcom is ʼn afkorting vir “situation comedy”

Vir my is daar net twee tipe sitkoms.

Daar is die RUSTIGE sitkoms. Met hierdie sitkoms kan jy rustig agteroor sit, ʼn dop vat en jouself oorgee aan die storielyn. In hierdie programme se episodes is daar gereeld humor, maar dis meer die storielyn met intriges wat ʼn ou volg. Hierdie programme was van die begin af opwindend en uniek maar laterhand raak dit maar ‘boring’ en herhalend.

  • The Middle
  • Two and a Half Men
  • Friends
  • Kings of Queens
  • Mike & Molly
  • Modern Family
  • Big Bang Theory

Dan is daar die VLYMSKERP sitkoms waar jy van die begin tot einde, van episode tot episode jouself stukkend lag. Herhaaldelik. Die karkters se mannewales ruk jou tot ʼn wêreld propvol humor.

Orkney Snork Nie wat handel oor die Van Tonder familie van Orkney se lewe en weë is ʼn goeie voorbeeld hiervan. Volgens my is hierdie sitkom die beste wat al in SA gemaak is. Elke episode lag jy sonder om jouself te help.

Oom Zack du Plessis was darem ʼn genius. Sy ander bekende TV-sitkom, Vetkoekpaleis was net so goed.

Hier is my TOP TIEN SITKOMS

  1. Orkney Snork Nie
  2. Vetkoekpaleis: Frikkadel is werkloos en begin toe saam sy eie eetplek. Saam met die blonde Boeboe wat skoonheidsterapie swot en Frikkadel se neef Worsie aan sy s y moet hulle die plek aan die gang hou.
  3. Frasier: Dit gaan oor ʼn bekende radio psigiater, Frasier Crane en sy jonger broer Niles, sy pa Martin (wat by Frasier bly) en Daphne Moon, Martin se versorger en sy hondjie Eddie, ʼn oulike Jack Russel hondjie wat Frasier vreeslik irriteer. Saam trosteer hulle die lewe in Seattle.
  4. CHEERS: Dit gaan oor ʼn klomp mense wat in ʼn kroeg met die naam Cheers uithang. Dit is ʼn voorgang reeks van Frasier. (Frasier verskyn ook as ʼn hoofkarakter)
  5. MY Family: Dit handel oor die Harper Family. Die Hoofkarakters is Ben Harper en sy vrou Susan. Ben werk as ʼn tandarts. Hy is nie juis gewild onder sy pasiente nie. Dan moet hy nog met sy kinders in ʼn huis saam leef. As jy daardie VLYMSKERP Britse humor soek, kyk dit.
  6. Wings: Twee broers bedryf saam ʼn sukkelende lugleërdery op die eiland Nantucket in Massachusetts, VSA! Saam met hul vriende wat ook by die lughawe werk is die humor aansteeklik.
  7. Fawlty Towers: Die briljante Britse veteraan akteur John Cleese speel Basil Fawlty, eienaar van die Fawlty Towers Hotel aan die Engelse-suidkus. Saam met sy vrou Sybil en hul werkers moet hulle met alles wat die hotel na hul kant toe gooi kan ‘cope’ en dan nog die hotel bestuur ook.
  8. Everybody Loves Raymond: Ray Barone is ʼn neurotiese sportskrywer wat net saam sy vrou en kinders ʼn lewe propeer maak. Maar ongelukkig vir hom bly sy familie net oorkant hom en hulle daag gedurig by hom op met hul probleme en saai dan verwoesting.
  9. Will & Grace: Will, ʼn formidabele prokereur en Grace, ʼn neurotiese binnehuidsversierder is nie net beste vriende nie, maar ook woonstelmaats. Saam met hulle vriende Jack en Karen vat hulle New York met alles wat hulle het aan. Die ‘one-liners’ uit die monde van Jack en Karen is besonders VLYMSKERP!
  10. Seinfeld: ʼn Sitkom gebasseer op die lewe van die komediant Jerry Steinfield. Hy speel ook die HOOFKARAKTER. Saam met hom en sy vriende ervaar jy die lewe in New York in die 90’s.

Kyk gerus na hierdie sitkoms. Veral die wat VLYMSKERP is. Maar moenie die RUSTIGE sitkoms afskeep nie. Alles behalwe. Google die programme as julle meer wil weet.

Lekker kyk!

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: