Vaarwel Oros

Geskiedenis het al die bestaan van unieke honde aangeteken.

Daar was Jock van die Jock of the Bushveld verhale. Die skrywer Percy Fitzpatrick vertel van al die dapper dinge wat sy hond Jock gedoen het soos om groot wild te jag of teen ʼn krokodil of bobbejaan te veg.

Stories oor hom het hom ʼn legende gemaak en hy word altyd geassosieer met die Bosveld.

Die hond Hachiko was so verskriklik lojaal teenoor sy baas. Hy het elke dag vir hom by die trein stasie gewag tot hy terug kom van die werk af. Met sy baas se afsterwe het Hachiko nog steeds sy roetine gevolg en vir hom gaan wag by die treinstasie. Vir nege jaar lank!

Dan was daar Laika, ʼn Russiese hond wat in 1957 opgelei is om in die ruimte op te gaan en wat wel toe gebeur het.

Julle sien sal ek praat nie eintlik hoe hierdie honde gesterf het nie. Wat ek wel kan noem is dat hulle al drie groot en belangrike einskappe vir ʼn hond gehad het: Dapperheid, lojaliteit en intelligensie.

En my Jack Russel-reuntjie Oros het al drie daardie einskappe gehad. Ongelukkig het alles die 7de November tot ʼn einde gekom. Daaroor praat ek nie. Dit maak mos nie saak nie.

Wat ek julle wel sal vertel is van sy lewe by ons.

Ek onthou ons het hom tien jaar terug in die Lente gekry. So bietjie voor John Smit en sy manne die Wêreld-beker vir ons kon opraap. Sy naam was gekies omdat ons ʼn ander Jack Russel met die naam Bibo gehad het. Onthou julle daardie Bibo sakkies sap wat mens kon drink?

Hulle sê ʼn kat het nege lewens. Ek dink Oros het so bietjie kat in hom gehad. Al het hy baie katte gejag.

Een keer was hy verskriklik siek want hy insekdoder ingeasem. Hy was al reg om op te gee. Hy het net bly lê. Ons moes met hom veearts toe jaag. As ons hom ʼn uur later gevat het was dit neusie verby.

Een keer was hy vir ʼn maand lank vermis. In sy jonger dae het hy self die dorp gaan verken en daar het iemand die arme ding opgetel en huis toe gevat. Ons het eers ʼn maand later van die ‘opgetelde hond’ gehoor.

Een keer sien ons Oros is weg. Vir 12 ure. Ons soek en roep, maar kry geen teken van hom nie en iemand gaan haal iets wat hy kort in die stoorkamer. Tien raaie wie kry ons daar?

Een dag hoor ons ʼn hond blaf, maar ons kry nie vir hom nie. Ons dog hy is dalk by die bure, maar hy is nie daar nie. Ons vat toe die fietse en ry die veldpaadjie agter my huis. Soos ons ry word die blafgeluide al hoe harder. Hier kry ons hom vasgekeer binne in ʼn ystervark gat.

Hy was ʼn hond wat verby enige muur, heining of hek kon kom. Of hy moet klim of ‘tonnelkruip,’ dit doen hy. Maklik. Geen problem.Hy was nie eens bang vir elektriese drade nie. Hymoes ʼn honde recce of iets gewees het in sy vorige lewe.

Hy was mal daaroor om by die straat op en af te gaan. Elke keer as jy die honde hoor blaf dan weet jy Oros het weer vir hulle gaan sê, “Hows your mother?”

Hy was al ʼn paar keer te naby aan iemand se hek dan het die honde hom gepak. En keer op keer het hy oorleef na ʼn paar dae by die veearts ICU. Hy was soos Rambo. Hy was soos ʼn ervare kroeg bakleier. “He always came back for more!”

Die merke aan sy lyf was duidelik sigbaar en elkeen het ʼn storie gehad om te vertel. Dankie tog hy was reggemaak anderste het ons ʼn massiewe probleem gehad.

Hy het dikwels vir my familie gaan kuier wat ook in die straat bly. Net wanner hy wou. By my ouma se huis was sy kos en mandjie reg vir hom om te arriveer.

Hy was dol oor biltong en vleis. Al my vleis wat ek nie wou eet nie, is reguit na hom toe. Baie keer as ek nie kyk nie was al die kos op my bord op. klaar. Weg!

Hy kon goed swem. Hy het nooit die bal vir jou terug gebring nie. Hy het altyd met die ding weggehardloop.

Hy het ook sy eie maniere gehad van dinge doen.

Geen ander hond mag naby hom in die honde hok met die rooi lig wat warmte maak geslaap het nie. Hy was mal oor ʼn verwarmer. Hy het hom baie keer tuis gemaak in my blompotte wat ek vir my kruietuin gebruik. My oeste was duidelik kondêm.

Hy was soos die skim. Baie keer het hy ongesiens probeer by die huis inglip. As hy dit kon regkry het hy suutjies onder die meubels gaan slaap. Hoeveel het ek nie my boeglam geskrik as ek ʼn kreun of ʼn knor hoor en dan is net hy.

Oros was baie beskermend teen oor ons almal. Hy was liefdevol. Hy, nes Jock en al die beroemde honde van ouds het karakter gehad. Hel, hy was ʼn karakter en mag ons hom nooit vergeet nie.

Vaarwel Oros, waar ook al jy is. Mag dit ʼn plek wees waar jy die omgewing om jou kan verken en bestudeer. Mag dit ʼn plek wees waar jy geliefd sal wees.

Rus sag ou Grote. Thanks for the Memories.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s