Nog net ʼn maand van 2018 oor. ʼn Maand.! Internasionale rugby is in tussen verby. Nog net Sewes en Noordelike Halfrond rugby vir ons vir die res van die jaar.
Die Springbokke se seisoen is verby. Rassie Erasmus en sy mede-afrigters het hul eerste jaar aan die stuur oorleef. Die Bokke het dieselfde aantal wedstryde gewen as verloor.
Ons het ʼn wenpresentasie van 50%! Nie juis baie om oor huis toe te skryf nie, maar dit aansienlik beter as Allistair Coetzee se termyn (2016-2017). Ek wil nie eens uitwerk wat dit was nie.
Pluspunte vir die Bokke vanjaar
- ʼn Klomp nuwe spelers het navore gekom soos bv.RG Snyman, Embrose Papier, Aphiwe Dyanti (hy was. Wêreldrugby se mees Belowendste speler van die Jaar ) en Sbu Nkosi
- Ons het vir Engeland in ʼn tuisreeks geklop
- Ons het Nieu-Seeland op hul tuisveld geklop
- Ons het vir Australië geklop nadat ons hulle in 2017 nie kon klop nie.
- Beter spankultuur en spangees
- Ons speel meer aanvallend rugby
- Ons veggees en uithou verrmoëns verbeter. Kyk maar na die Wellington-toets
- Meeste van die wedstryde wat ons verloor het was met minder as sewe punte
- Ons het ʼn sterk reserwe bank wat meestal ʼn positiewe invloed op die spel gehad het in die laaste 20-25 minute
- Ons het kundige afrigters wat weet hoe om te werk te gaan
- Spelers verbeter elke week
- ʼn Fikse Handrê Pollard aan die stuur op loskakel verbeter sake
- Beseerde spelers het ʼn spoedige terugkeer gemaak
- Oorwinnings teen Argentinië in Durban; Skotland in Edinburgh en Frankryk in Parys
- Ons het die Transformasie-uitdaging aanvaar en kom dit so ver na
- Elke posisie het genoeg kannidate, gebrek aan ervaring is soms ʼn problem
- Oorsese Bokke wat baie waarde toegevoeg het soos Willie Le Roux en Faf de Klerk kon betrek word. Cheslin Kolbe wat in Frankryk speel het sy debuut gemaak
- Ons oorsese Bokke hoef nie meer aan die 30-toetse-vir-jou-land-as-jy oorsee-wil-geld-verdien-en-vir-die-Bokke-speel regulasie nie
Kwelpunte vanjaar
- Die Washington toets teen Wallis was ʼn klug. Dit moes nooit gebeur het nie. Al goeie ding daaroor was dat 12? nuwe ouens hul debuut kon maak. Maar die gebrek aan ervaring het ons gekos en ons verloor met twee punte.
- Ons kon Nieu-Seeland nie weer klop nie. Op Loftus het hulle die laaste vyf minute HARD TERUG geveg en die oorwinning voor ons neuse weg geraap.
- Ons lynstane was nie altyd so wafers nie nadat ons hakkers die bal in gooi.
- Ons het teen die Wallabies op Brisbane verloor. 23-18. Daai was ʼn swak wedstryd. Nie een span het probeer wen nie, maar probeer verloor.
- Die Owen Farrell-gedoente op Twickenham het ʼn wrang smaak in my mond gelaat. Ons kon die game gewen het as die skeidregter vir ons ʼn strafskop gegee het. Hy het een van ons spelers sonder arms -ge-tackle’. En daarmee weggekom. As dit een van ons spelers was dan was hy af vinniger as ʼn oogknip.
- Skop te veel balbesit weg.
- Soms is ons oorhaastig en dan slaan ons ʼn bal aan of iets loop skeef.
- Die verliese wat ons in Mendoza, Kaapstad en Cardiff gelei het was teleurstelend, maar bly deel van die spel.
Soos julle kan sien oorskadu die positiewe die negatiewe. Ek glo dinge gaan net van hierso af verbeter. Rassie het ʼn rugby-brein. Ek weet ons sal ‘fine’ wees.
Ek kan weer noem ek is een trotse Bok ondersteuner. Ek sien lig aan die einde van die tonnel.
Ons gaan beslis volgende jaar beter speel en staan beslis ʼn kans om die Webb Ellis-trofee te verower as ons uit vanjaar se foute leer.
Veral deur die feit dat ons die All Blacks amper twee keer vanjaar die knieg laat buig het…