Dagsê mense. Ek hoop alles is wel. Ek het julle in ʼn vorige post belowe ek gaan die kinders aan die lees kry. Ek het julle ʼn lys name van skrywers en reekse gegee om na te kyk. Hopelik is iemand geholpe.
Vandag gaan ek die ouer mense help. Tieners en volwasenes, ek gaan julle voorstel aan my gunsteling skrywer van alle tye.
Skrywer: James Patterson
Hoekom is hy my gunsteling skrywer?
Sy boeke is in goeie en gemaklike styl geskryf. Hy het al oor die honderd boedke geskryf. Die afgelope paar jaar gee hy met behulp van ander skrywers maklik 5 of 6 boeke per jaar uit. Selfs meer. Hy het selfs The Missing President saam met Bill Clinton geskryf.
Sy boeke is boeiend.Dit is nie in moeilike Shakespeare-Engels gestel nie. Jy is vasgenael tot die laaste bladsy.
Baie van sy boeke is deel van ʼn spesifieke reeks so die karakters bly sentraal dieselfde. Hy skryf oor allerdaagse dinge en wêreld gebeure soos die Olimpiese Spele in Londen en terrorisme!
Tipe-boeke
Alles! Misdaadfiksie, aksie-verhale, dramas, kinderboeke, jeugromans, sci-fi-boeke.
Hy het ook onlangs begin om Bookshots te publisher. Dit is ʼn klein boekie. Die inhoud is groter as ʼn kort verhaal en kleiner as ʼn volledige boek.
Reekse wat hy skryf wat ek kan aanbeveel
Harriet Blue reeks
ʼn Speurder in Australië moet geheimsinnige sake oplos. Tussen in moet sy haar broer se onskuld bewys in ʼn verkragting saak teen hom. Gunsteling boek: Never, Never
Alex Cross-reeks
Alex Cross is ʼn speurder by die Washington Polisie Diens en l,ater die FBI. Hy het ʼn doktersgraad in sielkunde en dit is sy werk om moordenaars vas te trek. Hy kry ook met reeksmoordenaars te doen. Gunsteling boek: Kiss the Girls
Private-reeks
Jack Morgan is die eienaar van Private, ʼn internasionale speuragentskap met kantore reg oor die aarbol bv. Delhi, Sydney, Londen. Elke boek speel op ʼn nuwe plek af met ʼn span wat in daardie land gevestig is wat aan die sake moet werk. Gunsteling boek: Private Sydney
NYPD Red
Zack Jordan en Kylie MacDonald vorm deel van ʼn ondersoekspan by die New Yorkse Polisiediens wat NYPD Red genoem word. As een van die stad se rykes in gevaar is of leed aangedoen is word NYPD Red in geroep om die saak op te los. Gunsteling boek: NYPD4
Michael Bennett-reeks
Nie net is Michael Bennett ʼn top speurder hoog in aanvraag in New York nie, hy is ʼn weduwee pa met tien kinders. Soms gaan dit lol om top profiel sake te ondersoek en om na sy tien spruite te kyk, maar saam met hulp en ondersteuning deur sy oupa en die kinderoppasser Mary-Catherinekry Mike dit reg. Gunsteling boek: Gone
Women’s Murder Club
Lindsay Boxer, ʼn Polisie vrou van San Franciso en haar vriendinne wat ʼn staatsaanklaer, joernalis en ʼn patoloog vorm saam ʼn klub waarin hulle onopgeloste sake oplos. Soos die sake verby gaan vorm die vrouens ʼn al hoe nouer band en groei ook emosioneel. Gunsteling boek: 4th of July.
Alleenstaande Boeke
Boeke wat nie deel is van ʼn reeks of waardie karakters altyd verander. Gunsteling boek: Guilty Wives
Hy skep sterk karakters met allerdaagse probleme en struwelinge. Al sy boeke is in die verteenwoordige tyd. Hy ken al die nuutste terme en woorde wat ons alledaags aanskou. Hy probeer beslis om op hoogte te bly by dinge wat vandag tel en waarby mense aanklank kan vind.
As jy meer oor hom wil weet volg die link.
As jy inligting oor elke boek soek volg hierso:
https://www.goodreads.com/series/list?id=3780.James_Patterson
Gaan kyk wat werk vir jou! Watter boek trek jou aandag. Geniet dit. Beslis die moeite werd.