As mens so ʼn opskrif hoor dan klink dit soos ʼn persoon se naam. Ek kan jul verseker dit is nie die geval. In hierdie post vertel ek oor vermaak tydens die feestyd.
Dag mense. Ek hoop dinge gaan wel in hierdie feestelike tyd. Ek hoop almal is gelukkig en gesond. Mag die son bly skyn en Eskom aan die gang bly dan is alles wel.
Kersfees is op hande. Jy gaan dalk bietjie weg. Dalk bietjie see toe of vir jou mense in die Rand gaan kuier. Of erger, almal kom na jou toe.
Kersfilms
Die van julle wat jan tuisbly se karretjie ry, veral op ʼn plek waar niks gebeur nie stel ek voor julle fliek ʼn bietjie.
Elke plek waar jy kom word nou versier. Van bo tot onder. Tinsel,liggies, die works. So as jy of jou gesin niks het om te doen nie en geduldig moet wag vir daardie geskenk onder die boom stel ek voor jy versier jou TV-skerm en kyk na hierdie films se name wat ek jou gee. Of jy dit nou
- Stream
- Bestel op Takealot of Amazon as DVD
- Soek op Tv
- DVD huur
Kyk dit gerus. Veral as jy nog nie in die bui is vir Kersfees nie. Maak ʼn bak springmielies, kry ʼn drinkdingetjie, sit al die fone en tablets af sodat niemand jou pla nie, maak die kamer donker en kyk na wat volgens Die Uwe die beste Kersfees films is. (Dankie YouTube dat jy my help).
Maar voor ek my Top 10 gee moet darem ek ʼn paar ander films noem wat darem amper die lys gemaak het.
Frozen
Bad Santa
Santa Claus
Office Christmas Party
Miracle on 34th Street
Top 10 Kersfees Films : (In geen spesifieke volgorde nie)
- Die Hard
- Home Alone
- Four Christmasses
- Fred Claus
- Deck the Halls
- The Family Stone
- Christmas with the Kranks
- Scrooged
- Surviving Christmas
- It’s a Wonderful Life (Hierdie is nie ʼn Trailer nie. Dis die hele film)
Ongelukkig het daar nie een van ons plaaslike Kersfees films my aandag getrek of my geboei nie. So ver ek weet het ons net vir
- Liewe Kersfees Vader
- ʼn Saak van Geloof
- Die Sneeukoniging (Suid-Afrikaanse weergawe)
Julle sal sien al hierdie films wat ek op my lys het, het elkeen ʼn verskillende boodskap. Nie een is dieselfde nie.
Kersmusiek
Julle sal sien as julle in die winkels kyk of na musiek soek op die net daar is baie bekende sangers daarbuite wat ʼn Kersalbum uitgegee het. Van Elvis tot Lady Antebellum. Van Rod Stewart tot Luciano Pavarotti. Kyk maar wat vir julle werk. Dalk het jou gunsteling sanger/sangerres/popgroep een uitgegee?
Daar is wel ʼn paar wat wel bekend is vir hul Kersmusiek. Hiers ʼn paar name en links sodat jy hulle kan sien en self kan hoor.
Pentatonix
Michael Bublé
Boney M
Mariah Carey
Luister lekker. Kyk lekker. Geniet dit. Ons praat gou weer.