Skatte en die strand

images (3)(Branders breek. Seemeeue vlieg. Mense swem.Die reuk van varsgebakte skyfies. Ek sit onder my sambreel en kyk voor my uit.)

Goeiedag aan al my getroue lesers. Ek hoop dinge gaan goed. Ek hoop die ligte is nog aan en die petrolprys gaan binnekort sak.

Dis Desember. Die tyd wanneer meeste van ons ʼn ou blaaskans vat. Party gaan op die strand lê, party gaan reis, party gaan net niks doen nie. Waar ook al julle heen gaan, pak ʼn ou lees dingetjie in.

Ek stel voor jy kies vir jou ʼn skrywer en kry ʼn paar van sy boeke in die hande. ʼn Lekker boek om jou te help ontspan terwyl jy op die strand ‘chill’.

Gepraat van strand, wonder jy nie soms of jy dalk naby ʼn versteekte skat is as jy op die strand is nie. ʼn Skat waarvan Long John Silver of Blackbeard van vergeet het?

Wil jy nie soms Indiana Jones speel en skatte opspoor terwyl jy die held of heldin is wat die mensdom red teen booswigte wat ander plannetjies vir die skat in gedagte gehad het.

Ek het goeie en slegte nuus. Slegte nuus: Dit sal nooit met jou gebeur nie. Kom daaroor. Goeie nuus: Jy kan dit ervaar.

Daar is twee skrywers wat boeke propvol aksie, drama, geskiedenis, sci-fi, ʼn tikseltjie waarheid en humor skryf. Albei skrywers het een of twee sentrale karakters wat in al die boeke van hul onderskeie reekse verskyn.

Andy McDermott

www.andy-mcdermott.com

Nina Wilde/Eddie Chase-reeks

Die bekende argeoloog Nina Wilde en Eddie Chase haar ‘bodyguard’ wat later haar man word ondersoek vreemde legendes en skatte wat mense dink bestaan nie en wat vir die mensdom ʼn bedreiging kan inhou bv.

  • Koning Arthur se Swaard
  • El Dorado
  • Atlantis
  • Valhala

Daar was baie ander. Hulle reis die aardbol vol op soek na leidrade om ʼn opdrag of taak te voltooi en daar gaan altyd iets verkeerd. Dan kom die aksie. Massas van dit.

Die boeke is leesbaar, vloeibaar, verstaanbaar en soms humoristies. Karakters is drie-dimensioneel. As jy nog nie ʼn boek in die reeks gelees het nie, begin by enige een. Jy kan maklik opvang. Dit bly meestal dieselfde. Net klein goedjies verander.

David Gibbins

www.davidgibbins.com

Jack Howard-reeks

Jack Howard kom uit ʼn bekende familie in skeepskringe. Sy family het geslagte gelede al begin om hul rykdom deur die see op te bou. Handel, transport, ontdekking ens.

Hy het baie geld tot sy beskikking. Hy kan ʼn span duikers, tegnici en kenners om saam met hom na skatte en nuwe wêrelde te soek. Om na antwoorde van die verlede te soek.Hy is self ʼn mariene argeoloog en ervare duiker.

Hy is ʼn kenner op die gebied en is alombekend as iemand met ʼn goeie reputasie. Hy het self ʼn universiteit begin saam met ʼn tjom om die volgende geslag op te lei.

Hy kry ook te doen onverwagte en ondenkbare verrassings soos bv.

  • Atlantis
  • Die Avondsbeker
  • Verlore Skatkamer van ʼn Faroa
  • Kruisvader Goud

Die boeke is propvol feite. Verwag asemrowende mariene natuurbeelde en benoude oomblikke onder die water. Sien uit na wrede boewe em slymerige skurke. Mens sal sukkel om die boeke neer te sit. Dit is lekker lees boeke.

Nou weet jy wat om voor in jou kerskous te vra.

Lekker lees…

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: