Elke keer as ek in ʼn boekwinkel inkom dan kyk ek na al die boeke op die rakke om my.
En meeste van daardie fiksie boeke speel af in Noord-Amerika of Europa. So leer ek maar so ʼn bietjie van daardie lande.
Eintlik wil ek van Afrika lees. Ek soek stories wat in Afrika gesetel is of afspeel. Ek bly in Afrika. Afrika is deel van my. Dit is soos ʼn kiem wat my besmet het. Wil my nie los nie.
Ek smag na stories waarin Afrika die hoofkarakter beȉnvloed. Ek wil lees van plekke wat ek ken waar die stories afspeel. Ek wil my mede Afrikane kan raaklees.
Elke keer as ek die naam ‘South Africa’ of ‘Cape Town’ in oorsese skrywers se boeke raaklees dan kry ek so bietjie hoendervleis op my arms.
Suid-Afrika is geseën met talentvolle skrywers soos Deon Meyer en Marietta van der Vyfer wat internasionaal bekend is. Dan is daar baie ander plaaslike skrywers van hul kaliber.
Maar hul boeke speel meestal net in ons land af of in spesifieke plekke soos die Kaap of Johannesburg.
Wat ek eintlik wil hê is dat meer internasionale skrywers oor ons en oor Afrika skryf. Die hele Afrika. Dat hulle meer van ons stories vertel.
Ek gaan nou vir julle ʼn lys skrywers se name gee wat oor Afrika skryf en julle kortliks vertel van elkeen en waaroor hulle skryf.
Wilbur Smith
Ek beskou hierdie man as die Koning van Afrika-fiksie.
Hy het al so baie oor ons kontinent geskryf eintlik kan hy al ʼn doktorsgraad besit. Hy het so baie kennis oor ons wat hy in so stories neerpen.
Al sy beskrywings is van die hoogste gehalte. As jy jou oë toeknyp verbeel jouself jy sien dit wat hy beskryf. ʼn Gebou, die veld, die mense!
Hierdie gebore Zambiër wat in Suid-Afrika skoolgegaan het se verhale is reg oor die wêreld bekend. Selfs in die flieks.
Sy boeke is meestal histories geskrewe. Sy romans speel speel af tydens groot geskiedkundige gebeurtennise. Sy boeke vorm meestal deel van ʼn reeks, maar daar is ʼn paar boeke wat op hul eie staan.
Eerstens is daar sy Antieke Egiptiese-reeks.Ons beleef die tyd van ou Egipte. Alles word eerstehands aan ons vertel deur Taita, slaaf van Koningin Lostris, moeder van ‘Pharaoh’ Memnon.
Ons lees en ervaar groot gebeurtenisse van daardie tye. ʼn Anderste wêreld gaan vir die lesers oop. Ons leer so baie by Smith van antieke Egipte. Baie navorsing is hierin geplaas. Baie aandag aan die details is ook gegee.
Niemand weet self hoe oud is Taita nie. Met alles wat hy beleef moet hy maklik 120 jaar oud wees.
Die Ballantyne-reeks vertel die familie-saga van die Ballantyne-familie wat strek in vier boeke oor ʼn tydperk vanaf die 1860s tot by die 1980s.
Dit begin met hoe hulle hulself in Rhodesië gevestig het en hoe die familie in die totstandkoming, ontwikkeling, bestuur en beskerming van die nuwe kolonie ʼn rol gespeel het.
Die laaste boek The Leopard Hunts in Darkness vertel van die familie se oorlewing in die nuwe onafhanklike land genaamd Zimbabwe.
Die Courtney reeks is baie soos die Ballantyne-reeks. Dit is net nou net in Suid-Afrika geplaas. Die boeke is nie almal in kronologiese volgorde gepubliseer nie.
Hierdie volgende boeke vertel ons hoe die eerste Courtneys handelaars uit Engeland was in die laat 1600s en hoekom hulle vir die eerste keer in Afrika was.
Birds of Prey 1660s (1997)
Golden Lion 1670s (2015) (with Giles Kristian)
Monsoon 1690s (1999)
The Tiger’s Prey 1700s (2017) (with Tom Harper)
Blue Horizon 1730s (2003)
Daar is dan ʼn gaping van meer as ʼn honderd jaar. Die verhaal begin dan by Sean Courtney in die 1860s waar hy in Zoeloeland, Suid-Afrika grootword saam met sy identiese tweeling broer Gerry.
Hier begin die Courtney familie se rykdom en dinastie en in die volgende 120 jaar was hierdie familie deel van al die groot gebeure wat deel is van SA se geskiedenis.
- Eerste Anglo-Boere Oorlog
- Olifantjag
- Goudprospekteer
- Tweede Anglo-Boere Oorlog
- Mynbou
- Besigheid-ontwikkeling
- Kommunisme
- Jag
- Olimpiese Spele in Berlyn in 1936
- Albei Wêreld oorloë
- Politiek
- Apartheid
- Kernwapens
As jy ʼn breë opsig oor Suid-Afrika se geskiedenis wil hê, lees die Courtney-familie se boeke.
Hector Cross-reeks: ʼn Baie ryk Suid-Afrikaanse sakevrou se dogter word deur Somaliese seerowers ontvoer. Hector Cross, ʼn oud soldaat gebore in Kenya se hulp word ingeroep.
Gou kom Hector agter dinge is nie pluis nie en probeer agter die kap van die byl kom. So word hy stadig maar seker in ʼn anderste wêreld ingetrek as waarin hy gewoond is.
Volg hierdie skakel as jy meer van Wilbur Smith se boeke wil weet,wat die name is en waarin die verskillende karakters verskyn.
https://en.wikipedia.org/wiki/Wilbur_Smith
Alexander McCall Smith
Alexander is in Zimbabwe gebore waar hy skool gegaan het in Bulawayo by Christain Brothers College. Daarna is hy Skotland toe om regte te gaan studeer tot hy uiteindelik ʼn doktersgraad verwerf het.
Hierdie man het baie veertjies in sy hoed. Professor, prokureur, regskenner, skrywer. Hy was selfs die mede-stigter van Botswana se regskool. Dit is hier waar sy liefde vir die land vandaan kom as jy na party van sy boeke se inhoud kyk.
Hy is veral bekend as skrywer van die No. 1 Ladies Detective Agency-reeks. Dit speel af in Botswana. Die hoofkarakter Mma Precious Ramotswe erf geld by haar pa. Daarmee koop sy vir haar ʼn huis in Gaborone en vind ʼn kantoor om ʼn speuragentskap te open.
Die boeke is vol avonture en kleurvolle karakters. Die sake wat sy moet oplos verskil van saak tot. Vermiste persone, ontvoerings, opsporing van slagoffers, bedog ens.
Volg hierdie link vir meer inligting oor al sy boeke
https://www.alexandermccallsmith.co.uk/books/
H.Ryder Haggard
Haggard was ʼn bekende Engelse avontuurskrywer wie se verhale by eksotiese bestemmings plaasvind. Baie van sy verhale het hy eerstehands beleef of hy is ‘inspired’ met wat hy gesien het op sy oorsese reise.
Die boek waarvoor ons almal hom sal onthou is King Solomons Mines. Dit gaan oor ʼn groep mans wat na die binneland van Afrika reis en soek na Koning Salamo ,(ja, daardie wyse koning, seun van David) se legendariese myne.
Volg hierdie Wikipedia-skakel vir die volledige lys van sy werke.
https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_works_by_H._Rider_Haggard
Edgar Rice Burroughs
Ons almal ken mos vir Tarzan. Daardie ou wat in die woud bly, aan die toue swaai, die bekende kreed het. Nee, nie George of the Jungle nie. Tarzan, daardie man wat op Jane verlief raak.
Ons almal ken sy storie. Diegene wat nie weet nie hier kom dit:
John Clayton (Tarzan) se ouers was gestrand aan die kus van Afrika nadat hul boot gesink het. Daar was niks, net die see, strand en die oerwoud.
Hulle het vir hulself skuiling in die woud gaan bou. ʼn Jaar later is Tarzan gebore, sy ma was kort daarna oorlede en net daarna het sy pa gesterf na ʼn brutale geveg met die Koning van Ape, Kerchak. Kerchak se maat Kala het toe die baba grootgemaak as haar eie.
Tarzan het toe intussen groot geword tussen die Ape en het baie avonture beleef. Hy het besef hy is anders as die Ape. Eendag ontmoet hy die eerste mense in die oerwoud en kom toe agter hulle het baie in gemeen. So, dit was die beginpunt van al sy avonture.
Al hierdie boeke is 100% fiktief, maar dis tog lekker en opwindend om te lees. Wie wil nou nie Tarzan wees nie?
Ek het selfs ʼn paar Tarzan films gekyk. Selfs die eerste een met Johnny Weissmuller in. Daar is darem ʼn groot verskil tussen die boeke en die films.
Hier is ʼn lys van al sy Tarzan boeke wat hy geskryf het:
https://en.wikipedia.org/wiki/Tarzan_(book_series)
Peter Rimmer
Hierdie gebore Engelsman het ʼn interessante lewe gelei. As ʼn jong man het hy by die Britse lugmag aangesluit. ʼn Jaar later het hy as ʼn loods gekwalifiseer.
Toe sy tyd by die lugmag verstreke was toe het hy en sy broer Rhiodesië (Zimbabwe) toe gekom om op ʼn tabakplaas te werk.
Dit was nie die eerste plek na waar die wind hom gewaai het nie. Hy het selfs ʼn versekerings maatskappy begin wat vandag takke in lande soos Hong Kong, Australië en die VSA het.
Sy verhale speel af in plekke wat hom na aan die hart lê soos Zimbabwe en Groot Brittanje. Sy bekendste boeke is ʼn reeks met die naam Brigandshaw Chronicles.
Echoes from the Past
Elephant Walk
Mad Dogs & Englishmen
To the Manor Born (Hy het onlangs uitgekom)
Hierdie boeke is historiese verhale. ʼn Jong man vertrek uit Brittanje om sy heil in Afrika te soek.Verskillende tydperke word gedek soos bv. die Pioniers-ekspedisie in Rhodesië; die Eerste Wêreld oorlog. Die 1920s.
Die boeke is in kronologiese orde geskryf en word verder vertel deur die jong man se nageslag.
Rimmer het nog boeke geskryf.
Just the Memory of Love
Bend with the Wind
Vultures in the Wind
Cry of the Fish Eagle
Vir die laaste 25 jaar van sy lewe het hy op ʼn plot in Knysna, Suid-Afrika gebly. In Julie 2018 is hy oorlede.
Tony Park
Hierdie man het op Afrika verlief geraak toe hy en sy vrou hier kom toer het in 1995. Hulle het so baie van Afrika gehou hulle het hul eie vervoermotor aangeskaf en deur Suider-Afrika gereis. Deesdae pendel hulle tussen Afrika (hulle woon in ʼn huis naby die Kruger-wildtuin) en Australië waar hulle vandaan kom.
Al sy boeke is in moderne styl geskryf. Hy probeer altyd om daardie egte Suid-Afrikaanse styl van hoe ons praat, leef en dink na vore te bring. Sy boeke is nie net noukeurig nagevors nie, maar is altyd propvol hope aksie en baie drama. In sy boeke leer ons feite van ons land en ons buurlande waarvan ons nie weet nie.
Daar is altyd held en ʼn heldin en ʼn booswig wat ʼn slinkse plan het om geld te maak of om met iets weg te kom en moet gekeer word. Party karakters verskyn in meer as een boek, maar dit is meestal nuwe vars karakters, goed of sleg.
Daar is so kwessies van Suider-Afrika wat hy raak in sy boeke.
- Renosterstropery
- Aasvoëls-vergiftiging
- Geblikte leeu-bedryf
- Politiek
- Misdaad
- Armoede
- Bedrog
- Terreur-aanvalle
- Uitwissing van Gorrillas
- Wildehonde
- Smokellary
- Onwettige mynbou
- Olifant stropery
- Caprivi-strook probleme
Hy skryf oor dinge uit die verlede soos Ossewabrandwag;die Lugmag in Rhodesië; die Rhodesiëse Bosoorlog;die Grens-oorlog;die Rwanda volksmoord.
Sy boeke se name is
Far Horizon
Safari
Zambezi
African Sky
Silent Predator
Ivory
The Delta
African Dawn
Dark Heart
The Prey
The Hunter
An Empty Coast
Red Earth
The Cull
Captive
Frank Coates
Hierdie Aussie het vir die Verenigde Nasies as ʼn tegniese spesialis begin werk. Sy eerste aanstelling was in Nairobi in Kenya. Hy het vir vier jaar in Afrka gebly en in sy aftyd het hy vir Afrika leer ken en navorsing van sy eie gedoen. Die skryf gogga het hom van daar af beetgekry. Vyf boeke is al uit sy pen uit.
Echoes From a Distant Land
In Search Of Africa
Softly Calls the Serengeti
The Last Maasai Warrior
Whisper at Dawn
Frank se boeke gaan almal oor Kenya waar die verhale afspeel. Dit speel af in die tyd toe Kenya ʼn Britse Kolonie was en ons sien deur die karakters hoe die lewe in daardie tye was.
Ons lees ook van wat uiteindelik die Mau-Mau in opstand laat bring het, hoe Jomo Kenyetta ʼn rewolusie gelei het na onafhanklikheid en wat die repurkursies was as gevolg van die Britse bevind en hoe dit die plaaslike mense tot vandag toe nog raak.
Frank het deeglike navorsing gedoen. Genoeg om die boeke diepte te gee. Baie insiggewend.
Ek het sy boeke meestal op Amazon gekry. So kyk daar.
Jonathan Gordon Davis
Hiedie man is ook ʼn ou Zimbo. Hy het as prokureur en as staatsaanklaar gewerk vir die regering in Rhodesië en in Hong Kong. Daarna het hy bedank en ʼn voltydse skrywer geword.
Hy is ʼn veteraan seeman, hy weet hoe om met ʼn boot te werk. Om te studeer het hy op Britse vragskepe en op Nederlandse waalvisjag-bote in Antarktika gewerk vir studiegeld.
Sy verhale vind hoofsaaklik in Afrika plaas.
Hold My Hand I’m Dying
Cape of Storms
Operation Rhino
The Years of the Hungry Tiger
Taller Than Trees
Leviathan
Typhoon
Fear No Evil
Seize the Reckless Wind
A Woman Involved
The Land God Made in Anger
Talk to Me Tenderly, Tell Me Lies
Roots of Outrage
The Year of Dangerous Loving
Unofficial and Deniable
Hy en sy vrou spandeer hul tyd tussen sy plaas in Spanje en om te reis.
Jerold Richert
Hy is ʼn Suid-Afrikaner wat in Zimbabwe grootgeword het. Sy boeke handel oor ʼn verskidenheid onderwerpe. Koning Salomo se myne, renoster stropery, die Rhodiëse Bosoorlog, diamant ontginning. Die boeke is baie goed geskryf en ʼn mens sukkel om dit neer te sit.
- Solomon’s Pilot
- Bacelet of The Morning
- Into the Sun
- Dance of the Firebirds
Jerold bly deesdae in Queensland, Australië.
Jeffrey Whittam
Hierdie man is ʼn gebore Zimbabwiër. Hy het daar grootgeword en was heeltyd in die buitelug te doenne. Hy het gewerk as ʼn goud prospekteer en het vir ʼn groot deel van die Rhodiëse Bosoorlog vir die 10de Bataljon geveg.
Drie boeke het uit sy pen gekom. Dit is gebasseer op sy ervaring uit die mynbedryf en oorlog bedrywighede.
- Sons of Africa
- Beneath A Colesberg Sky
- Empress Gold
Jeffrey bly in die wildernis van Lancashire saam met sy familie.
Tony Maxwell
Hierdie gebore Suid-Afrikaner het na ʼn tydjie in die weermag die wêreld daar buite gaan verken voor hy homself in Kanada gaan vestig het. Hy het al vyf boeke geskryf:
The Last Wild Rhino: An African Adventure Story
A Forest of Spears: An African Adventure Story
The Brave Men
Young Lions
The Queens Cowboys
Hierdie boeke handel onderskeidelik oor renosterstropery, terrorisme, die Anglo-Boere Oorlog en die goudvelde van Transvaal.
Met hierdie post wil ek maar net wys daar is baie skrywers wat gereeld fiktiewe boeke oor Afrika skryf. Meer as wat ons besef.
En ek is seker daar is nog meer waarvan ek nie eens bewus is nie.
As die boeke nie op die rakke is nie, gaan kyk op die internet. E-boeke is ook ʼn opsie.
So kry van hulle boeke in die hande en begin lees. Hiers genoeg boeke vir Afrika…
PS. Laat weet my as ek iemand uitgelos het.
Tot wedersiens