Het jy al ooit besluit dis tyd vir ʼn verandering? Tyd vir iets nuuts? Tyd om iets te doen wat jy nooit gedink het jy sal doen nie?
Wel, dit het my gebeur. Toe vanjaar se eerste sonsopkoms aanbreek maak ek toe ʼn paar voornemens vir 2019.
Een van hulle was: Doen iets nuuts.
Terwyl ek nog herstel het van die vorige nag se vieringe het ek na iets gesoek op die TV om te kyk. Niks het my aandag getrek nie. Nie ʼn fliek of ʼn TV-reeks nie.
Alles wat ek gewoonlik op DSTV se CatchUp kyk het ek klaar gesien. Nie eens BoxOffice kon my help nie.
Vies vir DSTV kyk ek maar CNN. Al kan mens nie altyd glo wat hulle kwyt raak nie.
Vinnig kyk ek toe na wie het my Instagram-selfie gelike het. Dankie tog vir Uncapped-Wifi het deur my kop gemaal.
Toe kry ek die idee. Wifi+Tv-proggramme= Netflix
Al wat ek geweet het van Netflix was dit ʼn internet-stromingdiens is waarvandaan jy TV-programme en flieks kon kyk. Amper soos YouTube, maar jy betaal daarvoor en dis nie kort videos of bootleg-flieks nie. Dis die ware jakob.
Ek gryp my laptop nader, google Netflix, registreer (dit is baie maklik, kry net jou bankkaart nommer reg), betaal R139 p.m (eerste maand is verniet), laai die app af op jou foon/rekenaar/tablet en tik jou details weer in en daar gaan jy.
Ek sal een van die dae vir my Showmax kry. Dis Suid-Afrika se weergawe van Netflix.
Daar is ʼn magdom films en TV-reekse. Jy gaan ou bekendes soos Shrek of Friends te sien kry.
Dan is daar nog reekse wat vir Netflix vervaardig word wat jy nie op gewone televisie sal vind nie.
Ek kon nie besluit wat om te kyk nie. Daar was ʼn magdom van keuses.
Toe weet ek hoe ou Jeff Bezos, die grootbaas van Amazon moet voel as hy moet besluit hoe hy sy miljoene gaan spandeer.
Skielik vang ʼn tv-reeks my oog.
Sy naam is ‘The Ranch’. Ou Ashton Kutcher van Two and a Half Men en That 70s Show speel die hoofrol.
Colt Bennet (Kutcher), ʼn semi-professionele voetbalspeler keer na 15 jaar se swerfery tussen 23 spanne terug na die ou familie-ranch in Garrison, Colorado.
Daar vind hy sy laid back ouer broer Rooster boer nog steeds saam met sy knorrige pa, Beau( Sam Elliot).
Sy ma, Maggie (Debra Winger) wat intussen van sy pa vervreem is bly op die dorp en besit die plaaslike kuierplek wat haar naam heet. Sy is bietjie van ʼn free spirit. Heeltemal die teenoorgestelde van haar vervreemde man.
Hy ontmoet ook self sy lang verlore neef Luke (wat deur die akteur Dax Sheppard gespeel word), ʼn veteraan-soldaat pas uit Iraq uit nadat die Rooster karakter uitgeskryf is weens die akteur (Danny Masterson, ook van That 70s Show-faam) se persoonlike probleme.
Colt kan moontlik by ʼn nuwe plaaslike span aansluit, maar dis nie so maklik soos dit lyk nie. Intussen moet hy aanpas op die ranch en sy familie verhoudinge verbeter, veral met sy pa.
Dan kry hy nog met sy hoërskoolkys Abby (Elisha Cuthbert) wat op trou staan en nog in die dorp bly te doen. Is die vonk nog daar? Net die tyd sal leer.
Netflix vervaardigde reekse werk bietjie anders as ander tv-reekse.
- Die reeks word nie in seisoene in gedeel nie maar in Parts
- ʼn Part bevat ongeveer tien episodes
- Van ongeveer 30 minute
- Word op een slag uitgegee
- Elke ses maande word ʼn nuwe Part uitgereik
The Ranch dek onderwerpe wat my na aan die hart lê.
- Boerdery
- Familie
- Staaltjies&Gebeure
- Plaaslewe
- John Deere-trekkers
- Sport (Gridiron-voetbal i.p.v rugby)
Nog ʼn liefde van my, country-musiek kom hier sterk na vore.
- Elke Part het ʼn spesifieke sanger wie se liedjies as episodes se titels gebruik word.
- Die karakters praat gereeld oor country-liedjies of maak grappe en vergelykings oor die sangers.
- Elke episode het ʼn paar liedjies wat as agtergrond musiek gebruik word en dit is nooit dieselfde nie.
- So word sangers wie se musiek nie baie bekend is nie se liedjies blootgestel aan ʼn groter gehoor.
- Jy kan self episodes se musiek gaan luister op Spotify.
- Kykers word blootgestel aan ʼn groter verskydenheid van country-musiek
Ek is nogal opgewonde om te kyk wat Netflix nog het om te kyk waarvan ek onbewus is.
So, volg my resep. Doen iets nuuts. Ten minste een keer ʼn week. Ek is nou nie te naïef om te sê elke dag nie. Daarvoor is die lewe te gejaagd.
As jy iets nuuts doen kan jy jouself na plekke neem wat aan jou onbekend was. ʼn Wêreld van moontlikhede kan vir jou oop gaan.
Ciao