‘Tube’ die nuwe jaar in

Howdy mense

Ek het al in party van my vorige blogs gepraat van die hartsbegeerte van my om iets nuuts te doen of te beleef. Dis ʼn nuwe jaar. Tyd vir nog ʼn memory.

Een dag kyk ek op Facebook en sien hulle adverteer iets wat my aandag trek.

Lube&Tube-kaartjies

Hoe gaan een van die lirieke van daardie John Denver-liedjie “Country Roads” nou weer?

Almost heaven, West Virginia

Blue Ridge Mountains, Shenandoah River

Life is old there, older than the trees

Younger than the mountains, blowing like a breeze

As ek nie van beter geweet het nie was ek oortuig daarvan dat oom John oor ons deel van die aarde sing? Kyk net hier na die eerste twee reels van die bekende strofe wat ek net so bietjie aangepas het.

Almost heaven, Kwa-zulu Natal

Drakensberg Mountains, Tugela river

Life is old there, older than the trees

Younger than the mountains, blowing like a breeze

Ons ou skouspelagtige Drakensberg is al lank hierso. Van die begin af. Saam met sy ou maat, die ewig vloeiende Tugela.

Hier is baie geskiedenis in ons deel van die wêreld. As hulle net kon praat, watter stories sal hul nie kan vertel nie…

As jy soos ek die jaarlikse Lube&Tube bygewoon het was jy seker hierdie bekende liedjie speel voor jou oë af.

Die naweek van die 25ste Januarie tot die 27ste Januarie was die Lube & Tube vir ʼn tiende keer aangebied op ʼn plaas buite Winterton op die oewer van die Tugela-rivier.

Die plaas se naam is Pigs Farm.

Mense van heinde en verre het op die kontrei toe gesak om hierdie geleentheid by te woon.

Dit was ʼn groot makietie. Ons het gelag! Gekuier! Gedans! Ou vriende is raakgeloop. Nuwes is gemaak. Herrinneringe is geskep.

Wat is Lube&Tube?

www.lubeandtube.co.za

Dit was ʼn groot feestelike samekoms. Almal het gekom (behalwe vir die kuier in die aande) om Saterdag-middag (26 Januarie) op die rivier met ʼn tube (binneband) te ry.

Of enigiets anders waarmee jy by die rivier kan afdryf. Lilo’s, opgeblaaste roeibote ens.

Kyk bietjie hier as jy inspirasie kort.

https://www.sospoilt.co.za

https://funattic.com/best-river-float-tubes/

https://wiki.ezvid.com/best-floating-tubes

Die manne van die Drakensberg Rugby Club was so gaaf om mense se tubes vir hulle op te blaas vir R10! Danksy hulle was daar meer pakplek in die karre.

Ek het nie tube gery nie. Ek het besluit om dit ʼn mis te gee. Gelukkig het ek die koue weer wat ons die naweek gepla het as ʼn verskoning gehad.

My tjommies wat wel die roete met die tubes gedoen het beweer die water was so koud ʼn ysbeer sou verkluim het.

Volgens hulle spring jy weg naby die feesterein, dan dryf jy af die rivier, verby bosveld en plaasgrond.

Die roete neem tussen 2-3 ure wat naby 5 km lank is om te voltooi. Die einde van die roete was by die plaas se grenslyn.

Trekkers en waens het gewag om jou terug te vat na die feesterrein toe.

Koste

Kaartjies was aanlyn beskikbaar vir R550. Dit sluit in

  • Kamplek
  • Parkering
  • Badkamer geriewe
  • Toegangsgeld om tube te ry
  • Spys en drank (beperk) vir Saterdag aand
  • ʼn Lube&Tube hoed
  • Toegang tot die musiek optredes

As jy sommer net daar opgdaag sonder ʼn kaartjie byderhand het moes jy R600 betaal het vir toegang.

Mense het al die Vrydag begin opdaag. Die Vrydagaand is daar maar glo “rustig” gekuier.

Jy kon darem kos koop by die stalletjies en die platejoggies het gesorg dat die dansvloer kook.

Stalletjies wat beskikbaar was

  • Pannekoek
  • Pizza
  • Koffie:The Great Railroad Brewing Company
  • Craftbeer- Bier
  • Instep Vellies- Skoen verkopers
  • Wat Lube&Tube gear verkoop soos T-hemde, hoede, glase

Die Saterdagaand het ons darem kos gekry o.a. warmbrakke. Daar was tye wat as Happy Hour bekend was waar jy verniet kon drink.

Laterhand moes jy betaal, maar party drankies was nog steeds verniet

  • Rum&Coke
  • Cream Soda& Cane
  • Vodka&Sprite

Saterdagaand was maar nat gewees. Dit het pal gereën. Die boere behoort bly te wees. As dit maar net oral in die land kan reën…

Ek dwaal af. Behalwe vir die mense wat kamp en die sambrele en gazebos wat uitgesit is deur die organiseerders, was daar twee groot tente.

Een was die biertent waar die drankies te koop en die kos te kry was.

Die ander tent het die musiekgroepe in opgetree waar die feesgangers gaan luister en dans het.

As jy nie wou nat reën en siek word nie moes jy maar daar rond hang. Daardie tent was gepak. Ek dog vir ʼn oomblik ek is by Oppikoppi.

Musiekgroepe

Catlike Thieves

https://youtu.be/EsK0yVN_1Fg

The Name on the Drum Band

Kon nie ʼn video kry nie

Desmond and the Tutus

https://youtu.be/OZX0BTkPqYA

Angus

Kon nie ʼn video kry nie

Black Whiskey

https://youtu.be/E-n3pysoDps

The Kickstands

https://youtu.be/qePhUmtAsnM

Nog feite om te weet

  • ʼn Mediese span is glo beskikbaar
  • Lewensredders was reg en paraat indien iemand geholpe moes word. Ongelukkig was dit niemand van Baywatch nie
  • Jou kaartjie wat jy aanlyn koop gee vir jou die GPS-koordinate so moenie eens daaraan dink om te verdwaal nie. S 28*40.805′ E029*31.964′
  • Daar was (volgens die korrekte Afrikaanse woord) uitsmeiters (bouncers) wat reg was om in te gryp as die manne (of dames) begin appels swaai het.
  • Geen persone onder 18 nie
  • Die plaas is op die R600 geleë tussen Winterton en Ladysmith. Dit is presies in die middel van Ladysmith-Winterton pad. Dit maak nie saak van watter kant jy ry nie, 20km na die afdraai op die R600 draai jy (vanaf Winterton regs; vanaf Ladysmith links) by die plaas in.

Mense in rolstoele moet net weet die feesterein is heelwat gelyk. Jy kan dalk sukkel om oor die gras te ry, maar daar is lekker voetpaadjies.

Maak seker jy sit nie vas in die modder as dit reën  nie, (gelukkig het ek nie).

Die kampterrein kan met moeite oorkom word, (gelukkig het ek ʼn destination-driver gehad so ek hoef nie te gekamp het nie).

As jy wil tube ry laat iemand jou af rivier toe ry met ʼn bakkie af ʼn trekker.

Badkamergeriewe is glad nie ingerig vir rolstoele nie. Reël iets met die organiseerders of maak self ʼn plan!

Dit was ʼn belewenis om hierdie geleentheid by te woon. Ek kan nie glo dit was nog net my eerste keer nie.

Volgende jaar kom ek weer. Enigiemand wat oorweeg om volgende jaar te kom, doen dit. Enigeen is welkom.

Ek gee die Lube&Tube: 7.5 uit 10. Mense wat my blog lees weet ek gee nie volpunte nie. Ek trek een halwe punt af omdat ek voel die fees moet bietjie meer aanpas vir mense wat rolstoeltoeganklikheid benodig.

Verder het ek geen klagtes nie. Dit was great. Dankie julle. Sien julle in 2020!

Totsiens

PS. Keep on tubing #peace #KeepCalmAndGoAndTube

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: