Hello aardsbewoners
Ek hoop dinge gaan goed? Ek hoop julle is reg vir die Superrugby wat die naweek begin? Of dat Eskom julle nie onder kry nie? Valentynsdag is op hande en ek hoop ter harte julle word met liefde omvou.
My onderwerp: Boeke (fiksie, natuurlik)
Een van die groot aantrekingskragte (vir my) van fiksie-boeke is dat jy soveel daar kan leer.
Behalwe nou wetenskaplike-fiksie is al die ander boeke op die realiteit gebasseer. Die storie mag wel onwaar wees, maar feite bly feite. In fiksie-boeke leer lesers
- Van ʼn plek
- Van ʼn kultuur/geloof/nasie
- Geskiedenis
- Sosiale kwessies
- Mense-verhoudings
- die lewensuitkyk van ander
- Agtergrond-inligting
Ek verkies om van ʼn plek te leer. Jy leer sy
- Geskiedenis
- Mense en hul kwessies
- Agtergrond-inligting
- Natuurlike-en mensgemaakte besienswaardighede
- Sosiale/politieke/ maatskaplike kwessies
- Uitbeelding van ʼn plek
ʼn Goeie voorbeeld hiervan is Wilbur Smith se Egiptiese Pharoah-reeks. Hierdie boeke word goed nagevors en as jy ʼn kykie soek in die lewe van die Antieke Egiptenare lees gerus.
Jy sal baie leer oor hoe hulle oorleef het en wat die norme en tradisies was.
Wilbur Smith is maar een voorbeeld. Daar is baie ander skrywers wie se fiksie boeke lesers ʼn breë prentjie van ʼn plek gee.
Vir nog ʼn voorbeeld kyk na Karin Blxien se Out of Africa.
Hier is nog skrywers wie se boeke lesers baie oor ʼn plek kan leer.
Aaron Fletcher
https://www.thriftbooks.com/a/aaron-fletcher/237176/
https://www.goodreads.com/author/list/163262.Aaron_Fletcher
Wonder jy hoe Australië gelyk het toe dit ʼn Bandietkolonie was? Toe al die slegte elemente van Brittanje Doer Onder toe gestuur is om gevangeniskap uit te dien en ʼn nuwe begin te maak?
Wil jy weet hoe suksevolle ‘sheepstations’begin is en hoe dit werk? Wil jy meer leer van die Outback en sy bewoners? Wil jy weet wat is ʼn ‘swagman’ of ʼn ‘jumbuck?’ Beplan jy ʼn trippie Oz toe? Soek jy meer inligting en agtergrond oor die land?
Dan moet jy die verhale van die Garrity familie lees wat deel vorm van die Outback-saga.
Dit is ʼn klompie boeke wat Fletcher geskep het wat handel oor die Garrity familie se lewens en weë op hul skaapplaas in die ‘Outback’ wat oor die geslagte heen strek.
Ek het die boeke op Amazon gekry. Ek het hulle nog nooit plaaslik op die rakke gesien nie.
Michael Stanley
http://www.detectivekubu.com/default.aspx
Hierdie skrywer is nie een man nie, maar twee. Die naam Michael is ʼn kombinasie van Michael Sears en Stanley Trollip. Hierdie manne is twee oud-professore wat ʼn liefde vir Afrika deel.
Hulle is albei gekwalifiseerde loodse en het al saam baie avonture in ʼn vliegtuig in die bos beleef.
Op een van hierdie uitstappies het ʼn idee vir ʼn verhaal posgevat en hulle het begin skryf. Al hul verhale speel af in Botswana, ʼn land wat hulle na aan die hart lê.
Bekende plekke van Botswana waar die stories afspeel.
- Okavango
- Chobe
- Kasane
- Diamantmyne
- Maun
- Francistown
- Caprivi
- Kalahari
- Moremi
- Gabarone
Hul bekendste karakter is David ‘Kubu’ Bengu, ʼn speurder wat vir die CID (Central Inverstigation Division) in Gabarone, Botswana werk. Hy word beskou as ʼn baie knap speurder en sy hulp word altyd ingeroep in komplekse sake.
- ʼn Lyk, sonder identifikasie is in die middel van die Kalahari woestyn gekry
- Twee mense is vermoor by ʼn safari-kamp in die wildernis
- Iemand het n lid van die San-stam vermoor
- Jong meisies verdwyn en daar word vermoed muti speel ʼn rol
Hierdie boeke skets ook vir lesers van die lewens van gewone mense in Botswana.
Ek het een van ‘sy’ boeke by die Shongweni Farmers Market by ʼn uitverkoping gekry. Ek kon nie weer van ‘sy’ boeke kry nie, so ek moes op Amazon gaan kyk het.
Kevin Kwan
Hierdie skrywer bring hulde aan sy grootwordjare in Singapore waar die eiland ʼn sentrale ligging vir die triogie bied.
Het jy al die film Crazy Rich Asians gekyk? As jy nie het nie, doen jouself die guns en gaan kyk na die film wat op die gelyknamige boek gebaseer is.
As jy nie weet waaroor die storie gaan nie:
Rachel Chu, ʼn professor van New York gaan saam met haar kêrel huis toe vir die vakansie om sy familie te ontmoet. Rachel weet niks van hulle af nie. Gou kom sy agter Teddy (haar ou) se familie is nie so arm soos wat hy gesinspeel het nie…
Daar is intussen twee opvolgboeke ook uitgebring. Al drie die boeke behoort by plaaslike bekende boekwinkels te wees.
Kwan boeke bied vir ons Westerlinge ʼn gulde geleentheid om die lewensuitkyk van die rykmense van Asië te aanskou. En nie net gewone ryk nie, maar SUPERRYK!
Hierdie boeke beskryf ʼn klomp faktore in die rykmanslewe van die Ooste
- Finansies
- Eiendom
- Sake-belange
- Vriendekringe
- Aansien
- Kos
- Sosiale/politieke bande
- Geloof
- Globalisering
- Dekor
- Inkopies
- Vervoer
- Reis
Wil jy meer weet oor Singapore en sy mense? Van hul kultuur en tradisies? Van die geskiedenis van die land en watter rol China in die Oosterse samelewing speel?
Wil jy frases in vreemde tale leer praat? Wil jy meer van die verskillende lande weet?Wil jy die Ooste ervaar?
Talle ander plekke in Asië word gebruik as lokale vir die storielyn
- Taiwan
- Suid-Korea
- Hong Kong
- Shanghai
- China
- Bangkok
- Maleisië
- Indonesië
As al hierdie inligting jou interesseer, gaan kry die boeke, lees hulle en ervaar die wêreld in die gemak van jou eie leesruimte.
As julle my sal verskoon, ek en Deon Meyer se boek, 13 Uur gaan Kaapstad weer bietjie verken.
Baai