Kasman is op die ‘Spoor’

Awe mense

Hoe gaan dit met almal? Is julle nog gelukkig?

Wat dink julle van die begrotingstoespraak en die krieket? Al die politieke bakleiery. Dit maak my siek, man.

Aan al die Stormer-ondersteuners wil ek maar net geluk sê. Julle het nooit opgehou veg nie. Knap gedaan. Jammer aan die spanne van Gauteng.

Ek gaan nie eens van die Kings en die Vrystaat praat nie,

Ek is bly om te sien my Haaie het byt vanjaar. Pasop julle. Ons Natallers is oppad.

Ek het een vraag vir julle:

Wat doen jy as daar ʼn geheim is wat opgeklaar moet word of as daar ʼn skuldige nog op vry voet is? Jy sorg dat jy die beste speurder op die saak is.

Engeland het vir Sherlock Holmes en Hercule Poirot gehad. Frankryk kon enigetyd op Inspekteur Jacques  Clouseau se nommer druk. Amerika het o.a vir Harry Bosch en Eve Dallas byderhand.

Jy wonder seker wie is hierdie mense. Hulle is almal topspeurders in hulle oorskeie lande. Daar is net een ding.

Hulle is fiktiewe karakters. Hulle leef net in boeke.

So die FBI kan hulle nie gebruik in hul ondersoek teen hul eie President nie…

Eers was Benie Griessel volgens my SA se top fiksie-speurder. Maar nou het daar gou iemand anders sy plek oorgeneem.

Danksy Rudi van Rensburg se harde werk is daar nou ʼn vars-aanslag op misdaadfiksie.

As jy meer wil weet van die skrywer

http://rudievanrensburg.co.za/

Ons nuwe bobaas-speurder is ʼn man van die Kaap (Nuweland-stasie), Kapt. Kassie Kasselman.

Al hierdie karakters het fisiese beskrywings, gewoontes en geite wat van hom ʼn unieke karakter maak.

Sherlock Holmes het altyd sy pyp gerook en sy ‘Deerstalker-hoed’ op sy kop gedra terwyl hy oral kon leidrade raakgesien wat niemand anders kon nie.

Jacques Clouseau was soms lomp en ʼn regte ongeluksvoël  wat altyd perongeluk by die regte insigte uitgekom het.

Hercule Poirot het ʼn flambojante swart snor gehad, was hoflik gehad en hy was altyd netjies uitgevat.

Hier is ʼn beskrywing van Kassie Kasselman

Hy is Boeremusiek-liefhebber, seëlversamelaar en Lucky Strike-roker van formaat. Hy is al jare lank geskei, hy bly in ʼn woonstel in Goodwood, hy dra altyd sy rooi windjekker-baadjie en is mal oor Cream Soda en geblikte frikkadelle.

Hier is nou ʼn man wat flink dink, sake anders benaders en maar ten spyte van die daaglikse probleme by ons polisiediens nog steeds deurdruk en sy sake skouspelagtig oplos. Hierdie man ondersoek skokkende en spanningsvolle-sake.

Hy ondersoek sake oor

  • Wapensmokkelary
  • Grys medisyne
  • Kern wapens
  • Renosterstropery
  • Dwelmsmokkelary
  • Wrokke uit die verlede
  • Diefstal
  • Korrupsie
  • Kinder molestering
  • Ontvoering
  • verkragting

Hier is ʼn kort opsomming van sy boeke

Kopskoot

Iemand is besig om ʼn klomp 56-jarige mans die een na die ander af te maai! Is dit ʼn reeksmoordenaar of is dit meer persoonlik? Het dit iets met die ou dae te doen? Dan het Kassie ook te doen met ʼn vervalsde skildery wat miljoene gekos het.

Judaskus

ʼn Klomp moorde word gepleeg deur iemand op wie Kassie en sy handlanger Rooi se spoor is. Wat het dit te doen met ʼn 7-jaar oue skelet wat onlangs op ʼn ashoop gekry is? Wat het die Ossewabrandwag daarmee te doen? En tussen alles moet Kassie die ‘spesiale’ aandag van sy nuwe buurvrou hanteer en hy moet ʼn spul boewe vang wat by huise inbreek en juwele steel.

Slagyster

Kassie en sy trawant Rooi ondersoek ʼn saak van wapensmokelary uit die Kaap en polisie korrupsie wat die land tot in sy fondamente kan skud.

Pirana

Kassie Kasselman ondersoek die ontvoering van die dogter van ʼn ryk sakeman. Iemand met die naam “Deep Throat” word daarvan verdink. Wat was die rede? Kassie moet ook uitpluis hoekom ʼn oud-kollega sommer net verdwyn het. En wat die verwantskap met renosterstropery is?

Ys

Kassie en Rooi het na ʼn nuwe eenheid toe geskuif vir die elite van die SAPD. Hulle ondersoek ʼn moord wat te doen het met aardverwarring en psigopaat wat ʼn voorliefde het om iemand met ʼn saag te verrinnerweer.

Kamikaze

Dit gaan nie goed met ou Kassie nie. Nie net is hy moeg vir die SAPD en al sy politiek nie, hy moet ʼn moord ondersoek wat hom neem na die wêreld van vervalsde medisyne en terrorisme. Tydens die ondersoek raak hy bewus van ʼn huurmoordenaar wat homself Die Pion noem en vir wie hy moet vastrek sodat die moorde kan stop.

 Medusa

Kassie begin nou sy jare voel. Hy begin nou keelvol raak vir die werk. En om alles te kroon moet hy ʼn saak ondersoek wat hom diepraak. Drie kindertjies en hulle ma is ontvoer. Kassie vermoed dis ʼn sindikaat wat in menshandel spesaliseer. En Facebook het gesorg dat hulle ontvoer word.

Hierdie boeke is almal puik geskryf. Daar is drama, intrige, aksie, komedie en speel meestal af in die mooiste dele van die Kaap.

Goeie navorsing is gedoen en die kwessies wat behandel word is welbekend aan die publiek. Die karakters is eg. Hulle het hulle sterkpunte en swakpunte. Hulle is mens.

Die boeke is lekker in Afrikaans geskryf en dit lees maklik. Mens sal sukkel om hulle neer te sit. Ons kry ook ʼn kykie in o.a. die polisiewêreld van vandag.

Ek is altyd hartseer as ek een van hulle klaar gelees het. Ek soek nog! Skryf nog van hulle oom Rudi. Asseblief!

Ek hoop julle lees van hierdie boeke.

Hulle behoort almal by Bargain Book te wees. Anders gaan loer op Takelot.

Adiós mense

 

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: