Andries Vermeulen vermaak die boere in die Berge

Onthou jy nog jou gunsteling tv-program toe jy klein was? Dalk Scooby-Doo of Johnny Bravo? Jy het nooit ʼn episode gemis nie en dit het altyd jou dag gemaak as jy dit op die kassie sien.

Weet julle wat was myne? Ek belowe julle dis die reine waarheid. My ma het dit nog neergeskryf in ʼn album. Daar was ʼn spul vrae wat ek jaarliks moet antwoord.

Wat is jou gunsteling TV-program?

Maak ʼn Las

Ja, Maak ʼn Las. Daardie show wat wyle oom Tolla van der Merwe aangebied het. Waar hy en sy mede-aanbieders (bv.Pieter Pieterse en Nico Nel) met die wynvaatjies op die muur as agtergrond vir die gehoor sit en stories vertel het.

Die mense het aan tafel gesit asof hulle by ʼn troue was. Die atmosfeer was altyd opgeruimd en jollig. Die stories kon ʼn mens lam maak van die lag.

Dan was daar so ʼn bietjie kos gemaak (ek onthou ʼn resep vir ʼn lekker opgerolde biefstuk met avokadopeer binne en in spek omgedrapeer) en oom Nico van Rensburg en sy orkes wat lekker boeremusiek gespeel het. Nou en dan het ʼn gas soos die kulkunstenaar Wolfgang Riebe ʼn draai kom maak.

My familie vertel nog nog ek het pas begin praat en kon nooit Maak ʼn Las uitspreek nie, ek het gesê ‘kakkelag’. Ek het seker dit verwar met kakkerlak(cockroach).

Kyk hier na ʼn episode van Maak ʼn Las

https://www.youtube.com/watch?v=kxo1DBSCHKU

Ek onthou ook met oom Tolla se afsterwe het oom Zak du Plessis (van Vetkoekpaleis en Orkney Snork Nie-faam) by hom oorgeneem en sy skoene vierkantig volgestaan het.

Daai dae is verby. Al het ons land top komediante (Trevor Noah, natuurlik) het ek gedink niemand kan meer daai ooms se skoene volstaan nie. Maak ʼn Las is lankal verby.

Intussen praat almal van Andries Vermeulen en hoe baie hy met sy Namakwalandse-aksent hulle aan oom Tolla hulle laat dink. Hoe sy stories en grappies Maak ʼn las soos ʼn handskoen sou pas.

Hy het intusen op ʼn program met die naam Oppiestoep begin verskyn wat op Kyknet uitgesaai word wat veroorsaak het dat sy aansien die hemelhoogte ingeskiet het.

Nou die dag word ek uitgenooi na sy optrede by die Cathedral Peak Wine Estate. ʼn Bekende landbou maatskappy (nie AFGRI nie) het ʼn funksie gehou vir die boere in die omgewing waar die sanger en komediant Andries Vermeulen opgetree het.

Kyk hierso as jy hom nog nooit sien optree nie

https://www.youtube.com/watch?v=S0SfKg0hiCw&list=PLw4kKYg3z6RKlg0dTMcdZiuRU82Y-hjM9

https://www.youtube.com/watch?v=Mx9M-CgQ5ns

Net gou-gou ʼn paar dinge oor die wynplaas.

Moenie dink ek is nou belaglik nie. Ja, hier in die hartjie van die sentrale Drakensberge is daar ʼn wynplaas. Al is ons baie ver van die Kaap af geleë word hier entoesiasties wyn gemaak.

Hier word Merlot, Pinotage, Sauvignon Blanc en nog ander tipes wyn geskep. Hierdie is nie ʼn fly by night koffiekroeg nie.

  • Die wynmaker kom van die Boland af en het jare se ondervinding
  • Die wynplaas het al ʼn goue medalje by die 21st Michaelangelo International Wine Awards gekry vir hul 2015 Pinotage
  • Wyn proe kos R10 p.p. Jy moet net bespreek.
  • Die wynplaas grens aan ʼn wildsplaas.
  • Hier word baie troues en funksies gehou. Daar is ʼn groot onthaal area (waar Andries se konsert was)
  • Middagete word daagliks bedien. Jy moet net bespreek.

As jy meer wil weet, kyk na hul webtuiste.

http://cathpeakwines.com

Terug by Andries Vermeulen. Die maatskappy wat die aand aanbiedhet al die trieks uitgehaal om ons te impress.

Skaap op die spit. Daar was pap, sous, slaai, brode as bykosse!  Drankies was verniet tot die einde van die show. Daarna moes jy self  opdok. Dankie, die swak ekonomie!

Lyk my ou Andries het al voorheen saam met hierdie maatskappy gewerk. Die vorige aand was hulle in Vryheid.

Die volgende dag was hulle oppad Newcastle toe. Hulle blyk in aanvraag wees.

Die kunstenaar was bakgat van die verhoog af gewees. Hy het nie omgegee vir ʼn paar selfies of ʼn vinnige geselsie nie. Hy was glad nie soos ʼn gewone windlawaai nie.

Dit was ʼn lekker gesellige aand. Mense in die kontrei is herenig. Jy kon al die ou tjomme groet. Self die ou wat jou geld skuld. Jy kon lekker kuier daar langs die wingerde. Dis seker waar die griep vandaan kom. Haha!

Tipies Maak ʼn Las-styl het ons ook aan tafel gesit en na die optrede gekyk. Dit was vir oud, jonk, kind, grootmens, man, vrou, Engelsman, Duitser en Boer!

Dankie aan ons hoofborg vir die geskenkie wat julle op my plekmaatjie gelos het. Dit word opreg waardeur. Ek dink ek gaan julle maar vertel wie die aand gereel het. Dalk hou hulle van die publisiteit. Wie weet? Laat ek eers aangaan…

Ek het van die show gehou. Dit was ʼn kombinasie van stories en ʼn musiek. Die stories wat hy vertel is aansteeklik. ʼn Mens leef jouself so in die staaltjie en aan die einde lag jy hartsogtelik saam.

Sy styl van storie vertel is heeltemal anders as Schalk Bezuidenhout of Radio Raps sin. Dit is stouterig, maar nie rof en kru nie. Baie soos Maak ʼn Las se styl. Dit is hier waar mense die ooreenkomste raaksien.

My gunsteling storie wat hy vertel het was die een waar ʼn man drie bladsye uit ʼn telefoongids moet skeur om tot ʼn gevolgtrekking te kom.

Julle moet nou maar een sy optredes gaan bywoon as jy hom wil hoor en te hoor wat die gevolgtrekking van die storie was.

Hy het ook ʼn paar CDs en DVDs wat op die winkelrakke verskyn.

Die ou sing nou nie te sleg nie. Hy het o.a Kenny Rogers se “The Gambler” heel skaftelik opgevoer het. Sy kitaarman Hanno (ek het sy van vergeet) het ook ʼn cameo gekry deur vir ons Prince se “Purple Rain” op te voer voor Andries die tweede helfde aangebied het.

Aan die einde van die aand was ek nogal verbaas gewees. Ek het nie geweet die man is so gelowig ook nie. Hier aan die einde het hy sy laaste grap geïnkorpreteer met sy lewensverhaal en hy het ʼn kort spirituele boodskap met ons gedeel wat by mens aanklank vind.

Ek gaan nie die wynplaas nou keur nie. Dit was ʼn private funksie en ek het nog nie alles wat die wynplaas het beproef nie. Nie eens die wyn nie. Dit sal ʼn anderdag geskied. So ver lyk amper alles goed.

Daar was wel ʼn paar trappe wat moes oorkom word met die rolstoel. Waars die ramp? Buite die onthaalsaal was daar netgras. Daar moet meer voetpadjies vir rolstoele wees. Dit is nie so maklik om op gras rond te beweeg met ʼn rolstoel nie. Is daar ʼn badkamer vir gestremdes? Gelukkig het die noodlot my nie getart om te gaan kyk nie.

Dankie Andries Vermeulen

Dankie Cathedral Peak Wine Estate

Dankie Hinterland

Tot wedersiens…

 

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: