Kortliks: Drie vinnige resensies

Hello, my mede-wêreldburgers.

Ek hoop dit gaan nog lekker daar by julle. Ek hoop julle staan nog sterk ten spyte van die hoë brandstofprys en kragrekeninge waarmee ons nou te doen het. Ons moet maar net vasbyt en deurdruk.

Soos hulle sê, “This too shall pass!”.

Dit is Aprilmaand. “Winter is Coming” soos hulle op Game of Thrones sal sê (Die laaste reeks begin een van die dae).

Dit is tyd wanneer die boom buite my huis sy blare gaan verloor, wanneer ek paaseiers vir die vale gaan verorber en wanneer my plaaslike rugbyklub se seisoen behoorlik op dreef gaan kom met die nuwe liga waarin hulle speel. Sterkte boys!

In die koue tye is die mens maar geneig om te eet. Om vette en koolhidrate vir die winter op te bou.

Ek wil graag kortliks vir my liewe lesers daarbuite plekke voorskryf waar hulle kan eet deur hierdie kort resensies te gee.

Simply Asia

https://www.simplyasia.co.za

7/10. Hierdie Thai-restaurant was ʼn oogoopmaker vir my. Ek dink nie ek het al ooit in my lewe met Thai kos te doen gekry nie! Geen wonder almal gaan  deesdae Phuket toe nie! Die kos moet ʼn aantrekkingskrag wees?

Hierdie restaurant is deel van ʼn Franchise. Daar is omtrent 30 van hulle in die land. Mens kry hulle meestal by winkelsentrums. Ek het die een waar ek was by Gateway gekry.

Ek hou daarvan as ʼn eetplek by ʼn grootwinkelsentrum geleë is. Daar is altyd genoeg spasie vir my rolstoel om in te beweeg. Dit moet ʼn regulasie wees? Daar is ook genoeg  badkamers vir gestremdes byderhand.

Hier is lekker opsies op die spyskaart. Gaan kyk op hul webtuiste as jy hele ding wil sien.

Ek kan die lekker Eend Spring Roll met ʼn Chilli-sous voorskryf. Die eendvleis was lekker vetterig en het goed saam met die groente binne in die varsgebakte Spring Roll gewerk.

Die Chilli-sous was nie so branderig as wat ek verwag het nie, maar heel hittig op die tong.

Vir hoofgereg het ek die Geroosterde eend met noodles en ʼn romerige grondboontjie-sous geniet.

Dit is dalk vir somige mense ʼn vreemde kombinasie, maar vir my was dit heel aangenaam. Ek was mal oor die sous en die pasta wat saam smelt in ʼn vulsel waaraan die vleis aanplak.

Vir nagereg het ek die Thaise Sjokolade-brownie geeët. Dit proe maar nes ʼn gewone tuisgemaakte ene. Niks om oor huis toe te skryf nie.

As jy genoeg gehad het van die Spur of Nando’s kom loer hier in. As jy Two-minute Noodles eet by die huis, sal jy beslis hier reg kom.

Salsa Mexican Grill

http://www.salsamexicangrill.co.za

7.5/10 Een aand was ek in Durban. Dit was weer etenstyd. Eers het ek Florida Road oorweeg. Daar is baie eetplekke. Niks het toe juis my aandag getrek nie.

Toe gaan loer ek in Umhlanga. Chartwell-laan om presies te wees. Daarby die Lighthouse-winkelsentum.

Daar is ʼn klomp restaurante. Salsa vang toe my oog. Dit is ʼn Mexikaanse-eetplek. Hy is ook deel van ʼn Franchise.

Lyk my Salsa is veral bekend in Gauteng.

In die Amerikaanse films en tv-programme eet die karakters altyd Meksikaanse-disse soos  burritos, nachos en tacos asof dit by hul ore uitkom. Ek ken dit nie eintlik en besluit toe: Hierso wil ek eet.

Ek gaan daar in. Dit was nie rolstoeltoeganklik nie. Daar was ʼn paar trappies waarop ek opgehelp moes word. Hulle moet bietjie daarna kyk.

Die plek was funky versier en ek kon myself maklik verbeel ek is op ʼn strand in Mexiko.

Salsa is duidelik ʼn baie gewilde bestemming. Die plek was besig. Daar was self drie hennepartytjies volstoom aan die gang! Jy kon binne of buite onder die afdak sit.

Hierdie plek het een van daai spyskaarte wat jy self moet op aandui wat jy wil hê. Elkeen kry ʼn gedrukte spyskaart met ʼn blokkie langsaan die dis/drankie/bykos se naam waar hy/sy moet invul wat hulle wil hê.

Die kelner sal vir jou ʼn skryfdingetjie gee(Gee dit net terug na die tyd).

ʼn Voorbeeld van die unieke spyskaart is op die webtuiste. Gaan kyk en dan sien jy sommer wat is daar op die spyskaart.

Ek het ʼn Quesadillas gekies. Vir die wat nie weet wat dit is of hoe dit lyk nie kom ek probeer verduidelik.

Dink aan ʼn pizza-basis voor jy die toppings opsit. Nou  ʼn Quesadilla is net twee pizza-basisse opmekaar met ʼn vulsel tussen in.

Ek het die Classic Mama Quesadilla  gekies. Dit het tamatie, mozzarella-kaas, witkaas, basielie pesto in gehad met feta-kaas en geroosterde botterskorsie wat ek bygelas het.

Om nuwe dinge te beproef het ek Salsa se tuisgebroude Tequila beproef. Daar was ʼn special met die naam Tequila Flight vir R75 waar jy drie Tequilas van verskillende geure kon beproef.

Kies nes ek die:

  • Mango&Rasberry
  • Kiwi & Lime
  • Banana en Orange

Dit het maar geproe soos gewone Tequila met net meer vrugte sap in. Jy lek ook nie sout soos gewoonlik nie. Jy down hom net.

Hierdie plek kan doen met ʼn badkamer vir gestremdes. En hulle moet hul bemarking beter doen.

Hierdie is een van daardie restaurante wat net nie vir die SA publiek weggesteek moet word nie.

Min mense weet van Salsa. ʼn Paar dae gelede was ek een van hulle. Ek voorsien hierdie franchise het baie potensiaal om te groei.

Windmills: The Midlands Kitchen

8/10:Nou die dag is ek op die N3. Ek wou soos oudergewoonte by die Wimpy op Mooi Rivier stop. Bietjie bene rek en iets te kry om te eet. Dalk bietjie brandstof ingooi.

My hoop word geblus. Dit is verskriklik besig daar. Dit is net karre waar jy kyk. En hordes mense wat die Wimpy in stroom.

Ek klim toe terug in die kar en ry verder. Iemand het my een keer van ʼn ander plek in die omgewing vertel.

Gaan aan met die N3. Draai af by die Nottingham Road-afrit. Draai dan 150 meter regs en dan vat jou eerste links en voila! Jy is daar. Ek maak toe so.

Ek stop by die Windmills Ultra Stop. Jy kan ook hier brandstof ingooi, ʼn draai loop of die drukking van jou bande toets.

As jy saam met ʼn troeteldier ry en die moet sy abblusies afhandel, hier is die perfekte plek. Of as jy gou vir jou skelmpie ʼn WhatsApp wil stuur, hier is gratis WiFi.

Hier is ook The Midlands Kitchen. ʼn Eetplek waarvan almal glo praat en die foodies or rave.

Al die kos word deur die plaaslike boere geproduseer. Dit sluit in melk van ʼn plaaslike melkery en eiers vanaf ʼn pluimvee-boer waar die hoenders vrylik rondloop.

Hierdie restaurant is bekend omdat hy die mense van die omgewing ekonomies bemagtig en hul vaardighede help ontwikkel.

The Midlands Kitchen het twee afdelings. Daar is die Grab-and-Go gebou waaralmal heengaan as hulle gou-gou iets wil koop vir die pad. Takeaways basies. Dan is daar die restaurant gedeelte wat langs aan geleë is waar jy nou kan sit en eet.

Die twee geboue word verbind met ʼn stel trappe OF ʼn langwadelende voetpadjie. My mede rolstoel-mense moet net oplet dat die badkamer vir gestemdes aan die Grab-and-Go se kant is. So as jy by die restaurant-area is moet jy met die lang voetpadjie loop.

Die restaurant se gebou was so groot soos ʼn plaaskuur. Toe ek daar instap oorvul die mengsel van verskillende kosgeure wat bots my. Dit was soos om na ʼn kerkbasaar toe te gaan.

Binne in was daar verskillende toonbanke/kiosks wat elkeen ʼn tipe kossoort verkoop het.

  • Hamburgers
  • Ontbyt
  • Pizza
  • Vegan
  • Indiese geregte bv.kerrie en rys
  • Mexikaans
  • Meditereens
  • Bakery
  • Koffie

Elke verskillende kiosk het net  ʼn beperkte aantal opsies op hul spyskaart gehad. Die pryse was ook heel billik.

Ek is vriendelik na my tafel toe gelei. Die plek was baie besig. Die diens was soms stadig, maar dis ʼn verstane.

Die plek was baie gesellig en lyk my baie gewild by die locals en mense wat verby ry.

Al kon ek fisies na elke kiosk toe ry met my rolstoel, het die kelner nog steeds vir my ʼn spyskaart gebring om my opsies deeglik te bekyk.

Ek kies toe Espresso-koffie met ʼn French Toast Croissant om aan te knibbel. Dit was basies ʼn croissant wat op dieselfde manier gaargemaak word as French Toast.

Die kelner het my bestelling gevat en self by die gekose kiosk waar my bestelling gemaak word gaan bestel.

Die French Toast Croissant was bietjie te droog na my smaak, maar die koffie was divine.

As jy ooit op die N3 in hierdie geweste is en jy is lus vir verandering: Stop hierso!

Lekker dag verder. Maak julle reg vir die winter. Lekker eet.

Au revoir

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s