My 15-tal vir die Krieketwêreldbeker

Goeiedag mense

Ek hoop dinge loop goed daar in jou geweste? Ek hoop julle sien uit na Paasfees en die algemene verkiesing. Dit gaan interssant wees!

Ek hoop julle het julle griepinspuitings gekry en dat die gewere geolie is, reg vir die jagseisoen.

Voor ons egter daar uitkom moet ons eers wag vir die 18de April. Dit is die dag wat net elke vier jaar uitbreek.

Dit is die dag wanneer die Protea-afrigter (Ottis Gibson) gaan aankondig wie vat hy saam na die Krieket-wêreldbeker wat vanjaar in Engeland en Wallis plaasvind.

Die toernooi skop af die 30ste Mei en SA speel in die eerste wedstryd teen die gasheerland.

Elke mens wat die Proteas ondersteun het ʼn opinie wie hy moet en wie hy moet los.

Ek het ook een. Hier is my 15-tal.

  1. Faf du Plessis (Kapt; K)
  2. Quintin de Kock (K;PW)
  3. Dale Steyn (B)
  4. JP Duminy (O.K; A)
  5. Imran Tahir (B)
  6. Kagiso Rabada (B)
  7. David Miller (K; PW)
  8. Tabriaz Shamsi (B)
  9. Andile Phehlukwayo (A)
  10. Lungi Ngidi (B)
  11. Rassie van der Dussen (K)
  12. Reeza Hendricks (K)
  13. Anrich Nortje (B)
  14. Chris Morris (A)
  15. Aiden Markram (K)

Kapt=Kaptein O.K= Onder Kaptein PW=Paaltjiewagter K=Kolwer B=Bouler A=All Rounder

Daar is verskeie redes hoekom ek my span so sal kies.

  • Aiden Markham het dalk nie hierdie afgelope seisoen internasionale krieket aan die brand geslaan nie, meer in die plaaslike eendagreeks het hy oor die 500 lopies (wat drie hondertalle insluit) gemoker. Ek glo hy en ons no.1 paaltjiewagter Quintin de Kock moet vir ons open.
  • Kaptein Faf het nie ʼn rede nodig om gekies te word nie. Hy kolf goed en hy lei van voor af. Wat meer kan mens voor vra?
  • Daar was baie gerugte wat die rondte gedoen het dat AB de Villiers ʼn ‘comeback’ gaan maak en vir oulaas die Wêreldbeker gaan probeer verower. Ek glo dis uiters snert en ek voel die span het aanbeweeg sedert sy uittrede uit internasionale krieket.
  • JP Duminy en David Miller bied ervaring en stabiliteit in die middelorde. Dan is albei nog uitstekende veldwekers (Miler het al de Kock se werk agter die penne waargeneem) en Duminy kan boulers aflos met sy bybreekballe.
  • Imran Tahir is ons beste spin-bouler. Hy het baie ervaring en dit sal in die Engelse toestande ʼn groot pluspunt vir ons wees. Tabriaz Shamsi is ook ʼn goeie opsie.
  • Dale Steyn is ʼn strydos wat baie ervaring het en leiding aan ons jonger boulers (Rabada, Ngidi en Nortje) kan gee.
  • Kagiso Rabada en Lungi Ngidi is die boulers wat ek die taak toevertrou om die groot hoeveelheid paaltjies te neem.
  • Reeza Hendricks is ʼn goeie kolwer wat werk vir sy lopies en hy kan goed kolf as sy oog eers inkom.
  • Rassie van der Dussen het die afgelope eendagreekse teen Pakistan en Sri Lanka gewys wat in hom steek as kolwer. Hy het volgens my sy kans aangegryp en hy verdien dit op die vliegtuig Engeland toe te wees.
  • Ek wens Hashim Amla se vorm was puik toe hy laas vir die Proteas gespeel het. Dit het gelyk of sy lopieskraan styf toegedraai is. Toe is hy ook op verlof geplaas vir persoonlike sake. So hy het nie juis ʼn kans gehad om sy vorm te herwin nie. Kom ons hoop sy tydjie by die Cape Cobras help. As die lopies weer kom, sit ek hom in Reeza Hendricks se plek.
  • Anrich Nortje het maar net ʼn handjievol kere vir die Proteas gespeel weens meestal beserings. Maar die keurders moet baie potensiaal in hom raaksien om hom te kies. Hy boul vining, hy vat paaltjies en hy werk hard. Wat meer wil mens hê?
  • Chris Morris is ʼn ou wat ek wat die bal sal vertrou. Hy gee min lopies weg en die spoed van sy aflewering is 150km/h. Dit is baie vining. Dan is hy nog so liefd daarvoor om die wilgerlat te swaai.
  • Andile Phehlukwayo vertoon altyd bestedig. Met die kolf of met die bal. Hy skep altyd iets uit niks of hy red die wedstryd op die nippertjie.

Hoe die span gaan wees, weet nugter alleen. Ons gaan maar net moet wag en kyk. Wat ek wel weet is, maak nie saak wie gekies word nie, ons sal die Proteas ondersteun. #ProteaFire

Vaarwel

 

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

%d bloggers like this: