Tief en Vriende:Country-album

Howdy mense

Ek hoop dinge gaan ‘aces’ daar by julle. Ek hoop julle sien uit na die Paasnaweek wat voor lê? Wat gaan julle maak? Kom die skoonfamilie kuier? Julle gaan natuurlik ʼn vleisie oor die kole gooi of hoe?

Ek kan nie glo ons is al amper by die middel van April nie. Die ou mense was reg toe hulle gesê het: Tyd stap aan!

Net nou die dag was dit April-gekkedag (April Fools Day).

Ek het nog daai dag vir iemand gesê ek het ʼn kompetisie gewen in die Beeld waar die wenner kan kies watter Country-liedjies kom op ʼn Country-CD. Die ou het my nog geglo ook…

As ek nou daaraan dink, wonder ek wat ek sou gekies het.

Ek gaan sit toe op my stoep en kyk hoe die laaste somersonstrale die tuin verlig met ʼn koppie koffie en ʼn stuk melktert byderhand om my te voed, terwyl ek neerskryf watter country-liedjies (of liedjies wat volgens my country is) op my Country-CD gaan wees as ek die dag ‘groot’ is en my eie platemaatskappy besit.

  1. The Gambler-Kenny Rogers
  2. My Maria- Brooks & Dunn
  3. Tulsa Time- Don Williams
  4. Jolene- Dolly Parton
  5. Country Roads-John Denver
  6. Rhinestone Cowboy-Glen Campbell
  7. Need You Now- Lady Antebellum
  8. Chicken Fried-Zac Brown Band
  9. Mountain Music- Alabama
  10. Grandpa- The Judds
  11. Bad moon Rising- Creedance Clearwater Revival
  12. Show me the way to Amarillo- Tony Christie
  13. Wagon Wheel- Darius Rucker
  14. Forever and Ever, Amen- Randy Travis
  15. Sugar Daddy- The Bellamy Brothers
  16. Any Man of Mine-Shania Twain
  17. Sorry Suzanne- The Hollies
  18. Friends in Low Places- Garth Brooks
  19. Set the World on Fire- Kenny Chesney ft Pink
  20. Louisiana Saturday Night- Mel McDaniel

Wat van ʼn dubbelalbum? Of wat van ʼn cd met ander country liedjies?

  1. Its Five O’Clock Somewhere- Jimmy Buffet ft Alan Jackson
  2. Honey I’m Good- Andy Grammer
  3. I Need More of You- Bellamy Brothers
  4. Red Dirt Road- Brooks & Dunn
  5. Diane- Cam
  6. Amanda- Don Williams
  7. Amarillo by Morning- George Straight
  8. O.L.Y- Georgia Florida Line
  9. Heaven-Kane Brown
  10. Jesus Takes the Wheel- Carrie Underwood
  11. Amazed-Lone Star
  12. Grandma’s Feather Bed-John Denver
  13. Whiskey Lullaby- Brad Paisly ft Allison Krauss
  14. Lucille- Kenny Rogers
  15. Cotton Eye Joe- Rednex
  16. On the Road Again-Willie Nelson
  17. Mammas Don’t Let Your Babies Grow Up to Be Cowboys-Waylon Jennings
  18. Wide Open Spaces- Dixie Chicks
  19. Hello Darlin’- Conway Twitty
  20. Somebody Like You- Keith Urban

Ek kan nog aangaan. My lysie is eindeloos.ʼn Man kan maar droom, dis nie sonde nie. Dit hou jou uit die kwaad.

Gaan luister bietjie op YouTube na party van hierdie songs as jy hulle nie ken nie. Of laai hulle af op jou foon.

Kontak my as jy apps soek om musiek te kry. Ek help graag.

Ek wonder watter streep ek iemand volgende jaar gaan trek?

Cheers y’all

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s