Goeiedag my liewe lesers
Ek hoop dinge gaan nog goed? Jammer ek het so lanklaas vir julle geskryf. Vergewe my.
Die winter is hier. Ek hoop julle almal is veilig, warm en gevoed. Ek hoop Game of Thrones se storielyn boei vir julle almal? Ek hoop die Superrugby speel van nou af bietjie beter en dat julle tevrede is met die Krieketspan wat wêreldbeker toe gaan.
Daar het so baie goed gebeur die afgelope maand, in hierdie blog gaan ek kortliks my opinie vir julle oor party gee.
Mosambiek-siklone: Mosambiek is die afgelope paar weke deur die sikloon Kenneth en Idai getref. Dit het groot skade aangerig. Dorpe en stede is vernietig. Lewens is verwoes. Families is geskeur. Tog het dit net ʼn beperkte aantal aandag in die wêreldmedia gekry.
Beperkte bedrae geld is ingesamel. Die res van die aandag was op die Notre Dame wat amper afgebrand het. Groot hoeveelhede geld ($700 miljoen) is ingesamel om hierdie historiese kerk weer op te bou.
Kon daai geld nie maar gebruik geword het om Mosambiek weer te help opstaan nie? Of om armoede te stop? Om ontbosting te stop? Renosterstropery hok te slaan?
Verkiesing: Dis my eerste nasionale verkiesing. Ek het laas (in 2014) nie betyds geregistreer nie. Ek wass nogal opgewonde om te stem. Dit het gevoelvoel of alles van my afhang. Elke stem tel mos.
Ek het nie gestem vir ʼn politieke party wat almal van my verwag om voor te stem nie. My stem het gegaan aan die party wat ek glo ons land ʼn beter kan maak.
Multichoice: Ons almal is gevra om ons DSTV-dekodeerders te vernietig of die maatskappy (Multichoice) te boikot, want hulle saai nie Steve Hofmeyer se werk (musiek, films, tv-reekse) uit nie weens sy politieke stellings.
Ek gaan nie. Kom ek sê julle hoekom.
As mens gaan begin om alles te boikot wat ʼn sosiale kwessie raak kan ʼn mens maar net sowel die gordyne toe trek en jouself in jou huis vaskeer.
As ons almal gaan begin om Multichoice te boikot, gaan die duisende mense in die kunstewêreld deur hierdie storie hul inkomstes begin verloor en dit gaan ʼn groot negatiewe effek skep, want daar gaan minder inkomste weens minder subskripsies.
Ek voel daar is ander maniere om hom (Hofmeyer) te steun.
Caster Semenya: Caster Semenya was die afgelope tyd pal in die nuus. Die Olimpiese kampioen in die 800 meter vir vrouens is deur die IAAF aangesê om medikasie te neem om haar testoroonvlak te verlaag, want dit gee vir haar glo ʼn voorsprong bo haar mede-atlete?
Ek wonder net: Sou die IAAF dieselfde gedoen het as sy ʼn atleet van ʼn ander land was? Bv. Brittanje, Jamaika, Amerika ens. Ek hoop so. Dit voel altyd of hulle hul mes uit het vir ons mense.
Sri Lanka bom-aanvalle: Dit was verskriklik om van die aanvalle in Sri Lanka op Paassondag te hoor. Eers was dit die Christchurch moskee-skietery. Nou dit. Ek hoop regtig nie hierdie tipe goed gaan aan hou gebeur nie.
Heilige instansies (moskees, kerke, tempels ens.) gaan dan begin om mense eers te deursoek voor hulle mag in gaan.
Die Kollege-toelating kandaal: Daar het groot skok in Amerika uitgebreek toe dit aan die lig gekom het ʼn dat ʼn rits skatryk ouers universiteits-amptenare laat omkoop het (via ʼn middelman) om hul spruite by top universiteite (Yale, Wake forrest, USC ens) te laat aanvaar al het hul nie aan die vereistes voldoen nie.
Amerika het 5300 universiteite om sy jeug optevoed. En die ryk ouers trek hul neuse op vir die meeste van hulle. Hul kroos moet net Ivy Leagues-universiteite toe gaan.
Hier is jong mense in SA wat hul oogtande sal gee vir ʼn opvoeding in Amerika. Al is dit by ʼn “lae-klas” universiteit.
Baba Sussex: Prins Harry en sy vrou, die voormalige Suits-aktrise Megan Markle se bloeisel is uiteindelik, na ʼn lang gewag op die 6de Mei gebore. Niemand het geweet wat die naam of die geslag gaan wees nie.
Dit is ʼn seuntjie en sy naam is Archie Harrison Mountbatten-Windsor.
Welkom in ons wêreld, Archie. Mag dit ʼn fantastiese plek wees vir jou om groot te word en mag al jou drome waar word.
2020 Amerikaanse-verkiesing: Donald Trump en sy Republican Party gaan weer wen. Eerstens omdat daar niemand sterk genoeg is om hom teen te staan in sy eie party nie nie.
Tweedens, hy skep werk en welvaart. Die werkloosheidsyfer in Amerika is baie laag (3.6%). Dit is die laagste sedert Desember 1969. Mense verkies geld bo sosiale kwessies.
Derdens die Demokratiese Party het te veel kanidate om uit te kies en ongelukkig staan nie een uit nie.
Dit is die geval van twee (in hierdie geval ten minste 12) honde baklei oor een been en die derde ou (Republican Party) vat dit.
Dit bring my aan die einde van my inskrywing. Mooi bly.
Eks gou-gou weer terug.
Baai
Ek is ook niegoed met boikotaksies nie.
LikeLike
Baie dankie. Ek waardeur jou boodskap!
LikeLiked by 1 person