Reisiger

Hello my liewe lesers

Ek hoop dinge gaan nog goed? Baie dinge het gebeur sedert ons laas behoorlik gesels het.

The Big Bang Theory en Game of Thrones het pas hul laaste episodes uitgesaai, die verkiesing en Nampo is verby en die ‘Cricket World Cup’ is op hande.

Julle wat my blog volg weet ek is so waar as wragtig naby die Drakensberge gevestig. Ek het al in my kwart eeu op aarde al hierdie geweste goed verken.

Nou die dag het ʼn ou pel uit die Rand my gevra waarheen kan hy sy aanstaande heen neem as hulle in die berge is.

Hy wil nie op TripAdvisor of in die reistydskrifte gaan kyk nie. Hy wil hê ʼn local moet hom raad gee.

Julle ken my mos. Ek is altyd bereid om te help.

Hy is opsoek na oulike eet plekke of aandenkingswinkels waar hulle bietjie kan rondsnuffel en geskenke vir hul geliefdes koop.

Vir my geskenk het ek hom reguit slaghuis toe gestuur vir bietjie biltong.

Daar is egter te veel plekke om by te stop. Jy gaan meer as ʼn dag en ʼn basiese salaris nodig hê  om al hierdie plekke wat die berge vir jou wegsteek deur te draf.

Ek verwys hulle maar net na ʼn paar plekke toe.

Eerstens, moet hulle Winterton toe ry…

By die robot draai jy (verwys na almal) links of regs (hang af van watter kant jy kom) en klim op die R600 wat jou na die Sentrale Drakensberge toe vat.

Eerste plek om te stop is die Berg Air Lifestyle Centre. Die Drakensberg brouery is hier geleë. Dit was voorheen ʼn  vliegveld. Die ou store is heromskep in ʼn brouery. Hulle maak lekker bier. Gaan proe dit gerus.

Jy kan aan ʼn bierproe deelneem. Elke soort bier wat hier gemaak word, word in ʼn kleiner glas gegooi dat jy kan proe. Ek dink die Blonde Ale is baie lekker. Saam met die bier-opsies kry jy ʼn  lekker platter om aan te knibbel.

ʼn Hannetree verder is ʼn winkel genaamd Farm Friends Farm Stall.  Hier verkoop hulle die gewone ingelegte vrugte, konfyte, handgemaakte ware en vars vleis, maar hou ook interssante produkte aan soos Sampioen-biltong en kaas-kondensmelk!

Net ʼn klipgooi daarvandaan is die eetplek Chocolate Memories. Hier kan jy tuisgemaakte sjokalade eet, proe en koop. Die sjokolade word in die omgewing gemaak. Hulle maak baie verskillende soorte. My gunsteling is die Dark Chocolate 70%.

Hier kan jy ook ʼn sjokolade fondue bestel. Hulle bring vir jou ʼn skinkbord vol gesnyde vrugte, pretzels en shortbread met ʼn pot warm sjokolade-sous (jy kan self kies watter tipe sjokolade hulle vir jou moet smelt) plus ʼn paar fondue-vurke om die kos in die sous te doop.

Chocolate Memories se produkte word reg oor die provinsie verkoop. Kyk bietjie hier as jy meer van hulle wil weet.    https://chocolatememories.co.za

Daarna moet jy verder met die R600 aangaan tot jy ʼn bordjie aan jou regterkant sien wat sê Cedarwood Village Shopping Centre. Hierso stop jy.

Die kompleks bevat ʼn klomp winkels waar jy kan inkopies doen of iets kry vir die hongerte. Dit laat my dink aan die ou plaasdorpies waar die koὅperasie, die poskantoor, die slaghuis en die bottelstoor so lanks mekaar geplaas is.

Hier is verskillende besighede wat vir mense elke dag van belang kan wees

  • ʼn Drankwinkel
  • ʼn Wassery
  • Eiendomsagentskap
  • ʼn Poskantoor
  • ʼn Klein supermark

Dan is daar opsies vir toerisme-doeleindes

  • Gaan kyk vir enige leerprodukte soos bv. ʼn handsak of ʼn belt by Hides of Africa
  • Gaan kyk by die Misty Peakes of die Ugly Duckling vir oulike geskenke of aandenkings.
  • Gaan proe ʼn bietjie kaas by die Macedonia Cheese Company. Al hierdie kaas word op ʼn plaas in die berge gemaak. Dit is gebasseer op die resepte van kase wat jy in Masedonië kry. Bestel ʼn kaas -platter en proe die verskillende opsies. Hulle maak ook ʼn lekker gebraaide kaasbroodjie of ʼn smaaklike bordjie met stukkies halomie-kaas op
  • Eet iets by die Purple Giraffe
  • Gaan kyk na kunswerke in die Art Box-kunsgalery

As jy nou moeg geshop en gechow stel ek voor jy gaan verder met die pad die berg op na die Dragon Rock Reptile Centre toe en gaan kyk na wat alles daar te siene is.

Dalk is jy dapper genoeg om aan ʼn slang te vat of ʼn spinnekop vas te hou.

Al hierdie plekke is rolstoel-vriendelik.

Daar is so baie ander plekke waarheen ek hulle kon beduie. Hopelik kom hulle gou-gou weer terug.

Tot volgende keer

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: