Hello mense
Hoe behandel die lewe julle? Behalwe die einde van Game of Thrones loop dinge nog klopdisselblom aan hierdie kant.
Ek was nou die dag by ʼn vasvra-aand op die buurdorp en ek het besef ʼn mens is nogal geneig om te reken jy weet alles.
Dan besef jy eintlik hoe min jy van ons ganse ou wêreld weet. Elke dag is daar om te leer. Jy moet net bereid wees om te leer.
Die vrae wat daai aand uitgekom het was totaal en al onverwags. Ek kon soms nie by ʼn antwoord uitkom nie.
Dis hoekom ek so nou en dan interessante trivia op my blog gaan post, sodat almal wat lees iets kan leer. #KennisIsMag
Al die feite wat ek leer, deel ek met julle.
Watse kosdis vat die langste om te maak? Daar kan nie tot ʼn besluit kom onder die kokke/kenners nie. Resepte verskil maar wereldwyd. Volgens my inligting vat ‘stew’ of brenyani die langste om te kook. ʼn Skaap op die spit of ʼn varkkop in die oond kan ook maar lank vat.
Nuutste dorp/stad op aarde? Sejong City, South Korea. Hierdie stad is in 2012 oopgemaak vir inwoners. Die regering van Suid-Korea hoop om hierdie die adminastriewe hoofstad van die land te maak. Daar word ook gehoop dat hierdie nuwe stad sal help om Seoul, die amptelike hoofstad se oorbevolkingskoers om te draai.
Wat is die pas ontdekste soogdier? Die Olinguto wat in die woude van die Andes-berge in Ecuador en Kolombië woonagtig is, is in 2013 ontdek.
Wat is die grootste grot in die wêreld? Die Son Doong-grot op die Laos-Viëtnam grens is die grootste.
Wat is die skaarste vrug op aarde? Ackee-vrug: Hierdie vrug kry mens in die subtropiese-woude van Wes-Afrika.
Eerste vollengte film op TV? The Crooked Circle en dit is in 1933 al uitgesaai, toe slegs ʼn handjie vol mense ʼn TV gehad het.
ʼn Vreemde Olimpiese Spele feit? Zimbabwe se vroue-hokkiespan het in 1980 (pas na hulle onafhanklikheid van Brittanje gekry het) die goue medalje by die Spele in Moskou, Rusland verower.
Wat van nog een? By die Olympiese Spele in 1964 wat in Tokio, Japan plaasgevind het, het Zambië die spele begin met sy ou naam (Noord-Rhodesië) en geëindig met sy nuwe naam Zambië.
Wanneer is ʼn verloofring vir die eerste keer gebruik? Volgens rekord is die eerste verloofring laat maak deur die Maximillian, die Aarthertog van Oostenryk in 1477, toe hy sy aanstaande, Maria van ‘Burgundy’ vra om te trou.
Langste trein in die wêreld? In 2001 was daar ʼn trein met 682 waens en agt lokomotiewe wat ʼn vrag 275km ver moes vervoer. Die beginpunt was Newman en die eindpunt was Port Headland, albei van hulle geleë in Wes-Australië.
Eerste Hamburger? Die eerste Hamburger is iewers in die 1880’s in Athens, Texas gemaak.
Ek hoop julle het ʼn ou ietsie geleer. Wees op die uitkyk, ek sal weer post. Intussen, gaan skerp julle algemene kennis op.
Ons praat weer. Mooi bly
Baai
Baie dankie, dit was nou regtig interessant. Of ek dit alles gaan onthou, is natuurluk ‘n ope vraag. 😁
LikeLike