Blyplek

Hello my liewe lesers

Ek hoop dinge gaan nog wel? Kan julle glo ons trek al by Junie-maand? Die jaar is al amper halfpad verby.

Die Comrades-maraton is op hande en die boere is besig om te stroop. Ek hoop albei gevalle sal ʼn suksesvolle einde hê.

Ek gaan vandag vir julle vier kort resensies van akkommodasie-plekke gee. Hulle is reg-oor die land geleë.

Wel-rie Gastehuis

https://www.afristay.com/p/32792

Addres: 156 Craib-laan, Riebeeckstad, Welkom, 9459

Telefoon: 057 388 3188

As jy ooit in die Welkom area vir besigheid is, vir jou skoonfamilie kom kuier en liewers nie onder dieselfde dak as hulle wil slaap nie of as jy slaapplek soek as jy NAMPO toe gaan (daardie tyd van die jaar is slaapplek skaarser as reën in Noord-Kaap) oorweeg gerus hierdie plek.

  • Dit is skoon en netjies
  • Daar is 14 kamers wat elkeen 2 mense kan bevat. Dan is daar ook ʼn suite vir die pasgetroudes en ʼn familie kamer vir families met klein kinders
  • Kamers het elkeen ʼn en-suite badkamer en koffie maak toerusting
  • Daar is braaiplek
  • Daar is ʼn swembad om lekker af te koel in die somer
  • Ontbyt word bedien. Niks fancy nie, maar heel voldoende.
  • Daar is veilige parkeerplek
  • Die Voorslag Familie Restaurant is net langsaan om lekker te eet. Ek kan hulle Baskets voorskryf. Die kroeg is ook daar om aan ʼn glasie te teug.

Ek gee die plek 7 uit 10. Julle ken my mos. Ek gee nie volpunte nie. Hiers my griewe

  • Die plek is nie rolstoelvriendelik nie
  • My matras was nie juis vriendelik onder my rug nie

Bundu-logde 

https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/bundu-lodge-63

As jy Innibos toe wil gaan of oppad Wildtuin toe is en iewers wil oornag dan stel ek hierdie plek voor. Hy is geleë op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier.

Mense bly hier oor. Daar is woon-eenhede van verskillende grotes. Ontbyt word bedien. Troues en funksies word hier gehou. Die geboue smelt so mooi saam met die natuur.

Hier is:

  • Braaigeriewe
  • Swembaddens
  • ʼn restaurant
  • ʼn mini-gholf baan
  • ʼn klein dieretuin met o.a hase en alpakas
  • gratis WiFi
  • wild wat rondloop

Volg die bo-geplaasde skakel en kyk wat hierdie plek nog het om te bied

Ek gee hom 8 uit 10. Julle weet ek gee nie volpunte nie. Ek trek ook ʼn punt af omdat daar net trappe by die wooneenhede is en nie ʼn ramp nie.

Safubi-lodge

http://www.safubi.co.za

Dit is in Nelspruit op die walle van die Krokodil-rivier geleë. Dit is ʼn klomp selfsorgwoonstelle. Ek en my familie kom al baie jare hierna toe. Die woonstelle is van verskillende grotes. Safubi is naby aan alles.

Ek is baie lief vir Safubi. Ek onthou toe dit net ʼn karavaan-park vas. Die apies het in groot trope hiergebly. Toe breek die 2010 sokkerkoors uit en hulle begin te bou.

Die selfsorgeenhede is mooi uiteengesit. Hulle is volledig gemeubileerd. Alles wat jy kort is daar. Alles is skoon en op sy plek. Die bestuur is altyd baie toegemoedkomend. Ek kry altyd ʼn eenheid op die grondvloer.

Veiligheid is verseker. Die eenhede het DSTV, ʼn lugverkoeler, skoon handoeke en ʼn klomp ander luukshede.

Ek gee hom 9 uit 10. Julle weet ek gee nie volpunte nie.

Garden Court Marine Parade

https://www.tsogosun.com/garden-court-marine

Hierdie is nog altyd my gunsteling hotel in Durban om in te bly. Dit is volgens my ʼn beter plek as iewers in Umhlanga of Balito.

My redes

  • Dit is op die strandfront
  • Die mooi see-uitsig
  • Ek kry die hele gevoel van Durban op die Marine Parade
  • Flink diens en pligsgetroue personeel
  • Dit is naby aan alles soos Kings Park, Moses Mahbida Stadion en Ushaka Marine World
  • Hier is ʼn swembad en ʼn gym
  • Heerlike kos word bedien
  • Veiligheid word verseker
  • Kamerdiens
  • Hysbakke wat werk
  • Alles is rolstoel-vriendelik. Die kamers het lekker beweegruimtes

Ek gee vir hierdie Garden Court 8.5. Ek trek ʼn halwe punt af omdat daar toegelaat word dat gaste parkeer op die parkeerplek wat gererveer is vir motors wat mense in rolstoele moet rondkarwei.

Al hierdie blyplekke se pryse verskil maar van plek tot plek. Vind uit as jy een van hulle oorweeg om in te bly.

Ek hoop ek kon julle so ʼn bietjie help.

Ons praat weer

Vaarwel

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

%d bloggers like this: