NAMPO

Goeiedag mense

Ek hoop dinge loop nog voor die wind? Al stel die Proteas ons so teleur.

So ʼn paar weke gelede,  hier om en by die 14de Mei was ek vir ʼn paar dae so ʼn bietjie in die Vrystaat gewees.

Nee, ek was nie daar om by ʼn nooi te gaan vry nie of om die tyd in terug te gaan nie.

Ek was NAMPO toe!

Die grootste landbou skou in Afrika. Mense van heide en verre kom om bietjie hier uit te stal of te ‘shop’. Daar was self ʼn landbou besighed uit Argentinië.

Besighede het groot betaal om hier uit te stal. Die minimum was blykbaar R50 000 vir ʼn klein ou spasie in ʼn snikwarm saal.Groot besighede het vir spasie buitekant R100 000 betaal.Hier was 875 besighede. So werk uit hoeveel geld ingesamel is.

Dis nou plus parkering (R20 000) en verblyf (R10 000).

Om my 25ste jaar in ‘The Land the Living’ te vier het ek besluit: Vanjaar is die jaar wat ek by Nampo uitkom. Ek hoor al so baie van NAMPO soos wat almal daaroor praat, as mens my vra om ʼn woord te maak met ‘N’…

Ek, my vader, my toekomstige swaerrie en my kleinsus (ons moes haar eers by die koshuis aflaai) het die Dinsdag oggend vroeër as tant Koek se honderhaan opgestaan en die langpad aangedurf. Na ons vir kleinsus vaarwel toegewens het vat ons die pad Bothaville toe.

Die pad daarby Welkom het meer ‘potholes’ as regeringsbeloftes. Daar was oral mynhope langs die pad. Ek was nogal skrikkerig vir ʼn skielikke sinkgat. Wie sê daar is nie tonnels onder die pad nie?

As ons nie verby die mynhope ry nie, ry ons verby die massiewe mielielande. Groter as wat die boere in my ‘valley’ plant. Nie net mielies nie. Soja, sonneblomme, the works.

Ons kom uiteindelik by Bothaville aan. Ek sien net karre, tente en gazebos. “Raait,” dink ek, “hier is NAMPO nou.” Ek kyk toe gretig rond en soek parkeerplek. Gou kom ek agter dit is maar net ʼn vlooimark in die dorp om die plaaslike entrepeneurs ʼn ekonomiese hupstoot te gee. Die grote kom nog.

10km buite die dorp op die R30 oppad Orkney toe lê die ware Jakob. Ek wou nog gaan kyk het na die dorp waar een van my gunsteling sitkoms afspeel, maar die tyd was te min.

Uiteindelik is ons daar. Dit lyk of die hele Pretoria hier is.  Ek kry danksy my rolstoel lekker parkeerplek. Ek hoef ook nie R110 te betaal nie. Soms is dit ʼn bargain om in ʼn rystoel te wees.

Ek het nie lekker geweet wat om te verwag nie. Ek het iets tussen die Royal Show in Pietermaritzburg en die Innibos verwag.

Glad nie. Dit was nog groter as albei feeste saam. Dit het my 2 dae gevat om by al die stalletjies en uitstallings in te loer. Die App wat ek op my foon het sê ek is oor die 13 km in my rolstoel  rondgestoot. Dit vat nogal aan ʼn man se lyf.

Die meeste produkte (so 90%) wat daar was het maar meer te doen gehad met landbou. Daar was trekkers, plant implemente, veiligheidstegnologie. ‘You name it’. Kyk bietjie hier wat daar alles was.

https://www.grainsa.co.za/pages/nampo

Daar was baie produkte of hoe? As ek nou ʼn paar miljoene in die bank en ʼn vrugbare plaas gehad het, het ek ‘geshop tot ek ‘drop’.  Landbou dek ʼn wye veld van bedrywe. Om te sien hoe baie sulke produkte of dienste in SA is, was verwonderend. Ek was totaal en al stom geslaan

Oral was lekker kos en yskoue koeldrank te kope. Ek het self vir Jonathan aka ‘Radio Raps’ by ʼn stal raakgeloop. Baie nice ou.

My gunsteling stalletjie was die Boerboel klere-stalletjie. Hulle vra goeie pryse vir goeie produkte.

ʼn Paar dinge wat ek wil noem

  1. John Deere bly maar koning. Oral waar ek gekom het, was daar iemand wat met ʼn John Deere-sak rondgeloop het. Ekself het ʼn paar rand daar gaan blaas.
  2. Die vee (beeste, skape, bokke) wat daar opskou was, was van topgehalte.
  3. Die hele terrein was rolstoelvriendelik. Selfs die badkamers vir gestremdes was mooi skoon gehou en onder streng bewaking dat niemand gou ingaan en…
  4. Die gees op die terrein was gesellig.
  5. NAMPO is die regte plek om ou vriende weer raak te loop. Of selfs mense wat in jou kontrei woon.
  6. Na al die gerondloop en kykery, gaan drink gerus ʼn bier in die biertuin. Ek beveel dit aan.
  7. Dit is goed dat daar so baie nuwe tegnologie en metodes uitkom wat ons boere kan help. Dit wys ons boere in SA hoef vir niks en niemand terug te staan nie.
  8. Daar was baie jong mense en opkomende boere wat NAMPO bygewoon het. Dit is goed. Dat hulle blootgestel word aan landbou en al sy maniere. Hulle is die toekomstige boere. Ons kan nie sonder hulle nie.
  9. Dit was nogal ʼn emosionele ervaring om by die Muur van Herinneing te staan- dit is ʼn muur met al die boere en plaaswerkers se name wat in SA vermoor is. Om mense se name te sien wat jy of jou familie en vriende ken is hartroerend.
  10. Daar was nie net stalletjies vir die boere nie. Gaan kyk op daardie lys wat ek vir julle gegee het. Daar is iets vir almal.

Ons het die twee aande in die Wel-Rie Gastehuis in Riebeeckstad geslaap. Vriende van ons het toe hulle laas jaar by Nampo was vir “besigheid” daar gebly. Hulle het hierdie plek voorgestel, want “dis net 20 minute se ry van die skougronde af.”

Hulle moes hard gevat het daai aand, want dit was ʼn uur en tien minute se ry! Kyk na my vorige post as jy my resensie oor die plek wil sien.

Die Voorslag Restaurant en Kroeg is net langsaan en ʼn mens kuier lekker daar. Die mense laat jou sommer tuis voel. Die kos wat hulle bedien is lekker ‘pub food.’

Ek sien regtig uit na die volgende keer wat ek NAMPO bywoon. Ek raai almal aan om te minste keer te gaan.

Dankie NAMPO en die mense van Bothaville

Tot wedersiens

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: