Hello mense
Vandag gaan ek bietjie oor die rugby praat.
Ons almal weet ons verloor so baie spelers aan oorsese klubs. Die geld wat oorsee verdien word is net ʼn te sterk lokaas vir baie spelers.
ʼn Professionele rugby-loopbaan hou nie lank nie. Terwyl dit pap reën moet spelers dit skep. Spelers moet geld gaan verdien vir hul ou dag.
Daar is baie van ons land se spelers aan oorsese spanne verbonde. Ons persepsie is, as hulle eers oorsee gaan groener weivelde soek, dat hulle nooit sal terug kom nie na ons plaaslike spanne toe nie. Dit is nie waar nie. Inteendeel.
Kyk bietjie na hierdie tabel. Dit is ʼn lys van spelers wat aan SA klubs verbonde is, maar het wel in die verlede ʼn tydjie rugby in die buiteland gespeel.
Hierdie lys is in geen spesifieke orde nie. Die lys het ook nie die name van spelers wat binnekort oorsee hul heil gaan soek nie.
Speler se Naam | SA Span vir wie hy huidiglik speel | Oorsese span |
Cameron Wright | Sharks | Montpellier |
Gideon Koegelenberg | Sharks | Zebre |
Wiehan Herbst | Bulls | Ulster |
Marnitz Boshoff | Bulls | Connacht |
Schalk Brits | Bulls | Saracens |
Duanne Vermeulen | Bulls | Toulon |
Craig Burden | Sharks | Toulon; Stade de Francias; Montpellier |
Tiaan Schoeman | Cheetahs | Bordeaux |
Aidon Davis | Cheetahs | Toulon |
Lionel Mapoe | Lions | Kubota Spears |
Wilhelm van der Sluys | Lions | Worcester Warriors |
JJ Engelbrecht | Stormers | Toyota Industries Shuttles; Ospreys |
Martin Dreyer | Southern Kings | Dax |
Chiliboy Ralepelle | Sharks | Toulouse |
Jano Vermaak | Stormers | Toulouse |
Danie Mienie | Lions | Tououse |
Louis Schreuder | Sharks | Kubota Spears |
Nic Groom | Lions | Northampton Saints |
Dillyn Leyds | Stormers | Western Force |
Elton Jantjies | Lions | NTT Shining Arcs |
Jacobie Adriaanse | Lions | Scarlets; Montpellier |
Kwagga Smit | Lions | Yamaha Júbilo |
Harold Vorster | Lions | Panasonic Wild Knights |
Lwazi Mvovo | Sharks | Canon Eagles |
Louis Fouche | Cheetahs | Kubota Spears |
Sarel Pretorius | Southern Kings | Waratahs; Dragons |
JC Astle | Southern Kings | Mont-de-Marsan |
Schalk Oelofse | Southern Kings | Mont-de-Marsan |
Dries van Schalkwyk | Southern Kings | Zebre |
Schalk Ferreira | Southern Kings | Toulouse |
Rossouw de Klerk | Southern Kings | Glasgow Warriors; Grenoble; Colomiers |
Steven Kitshoff | Stormers | Bordeaux |
Gerhard Nortier | SWD | Bradford & Bingley |
Monty Dumond | Boland | Aurillac; Racing Métro 92; US Oyonnax |
Kobus van Wyk | Sharks | Bordeaux |
Curwin Bosch | Sharks | Munakata Sanix Blues |
Cullen Collopy | Sharks | FC Barcelona |
Ek hoop hierdie lys kon vir julle wys: Ja, spelers gaan oorsee, maar party kom wel terug!
Mooi bly. Ons praat weer!