Laeveld-blues

Hello my liewe leser

Ek hoop dinge gaan wel daar in jou deel van die wêreld? Ek is vreeslik jammer ek het lanklaas geblog. Ek was bietjie in die Laeveld gewees. Daar by oom Paul se dierepark. Of soos jy hom ken, die Krugerwildtuin.

As ek geblog het, waaroor moes ek skryf? Die Proteas wat uiters vrot vertoon het by die Krieket-wêreldbeker in Engeland en nie die semi-finaal gaan haal nie? Dat Bafana Bafana nie juis die pas aangee by die Afrikanasies-beker nie? Dat nie een Suid-Afrikaanse Superrugby span vanjaar in die finaal is nie? Dat nog mense vermoor word? Dat misdaad nooit ophou nie? Dat plaasaanvalle nooit gestop word nie?

Die lys hou net aan en aan. Ek fokus eerder op iets ligs en positief. Ek het ʼn paar opsies.

  1. Lyk my tagtig persent van my skoolmaats is verwagtend of verloof.
  2. Brandstof se pryse is af en goud sin is weer op.
  3. Die Ndlovu Jeug-koor wat SA se naam hoog hou by America Got Talent?

Laat ek maar eerder oor my trippie in die Laeveld blog.

Ek is mal oor die Nelspruit omgewing. Dit is vooruitstewend, rustig en mooi. Mens kan ʼn lewe daar maak. Daar is baie plekke om te verken. Hier is party plekke waar ek al was en kan aanbeveel.

  • Sudwala-grotte
  • Mac-mac poele
  • Pelgrimsrus
  • Barberton
  • Bourke Lucke-potholes

As jy deel is van die jonger geslag (20-30 jariges) moes jy al gehoor het van die roadhouse waar jou ouers uitgehang het in hul jeug. Ek het gedink hierdie plekke is soos die Sowjet-unie, bestaan nie meer nie.

Hoe verkeerd was ek nie?

Die Abeega Roadhouse in Nelspruit was ʼn belewenis. Ek was daar saam met my ouers en hulle reken hierdie roadhouse kom net so  by die ou dae-boks uit.

Toe ons daar stop was daar reeds iemand om ons bestelling te neem, (ons was 6 mense). Ek het ʼn koffie melkskommel bestel. Goedkoper as een by die Wimpy. Daar was kos soos hamburgers en gebraaide broodjies ook op die spyskaart 80s musiek speel oor die klankstelsel.

Die vibe was besig en gesellig en die plek was kleurvol versier. Baie karre het nes ons staan en wag.

Ons het nie lank gewag voor die kelner ons bestelling op ʼn skinkbord inbring nie. Dit was een daardie wat so by jou venster inhak. Die skommel was nie onsmaaklik nie.

Ek wonder net: Is die eienaars van ʼn Roadhouse nie bang klante ry weg sonder om te betaal nie?

Toe gaan kyk ek Aladdin by die Riverside Mall. Die film was nes die oorspronklike animasie-weergawe, behalwe nou natuurlik die akteurs is in lewende lywe opgeneem. Ek sal eerder die nuwe Lion King-film wil sien.

Die volgende dag was ek in Graskop. Eerste plek wat ek gestop was Harrie’s Pancakes. Dit is die eetplek in die kontrei. Hier is ook ʼn kunsgalery waar plaaslike mense se kuns uitgestel word.

Buite op die sydpaadjie was daar ʼn man wat pragtige gekerfde houtvoëls wat aan ʼn string draad hang verkoop. Ek het een vir ʼn R100 gekoop. Ek raak nou egter van topic af…

By Harrie’s Pancakes was hierso baie opsies om van te kies. Ek en my een suster het besluit om te deel; sy vat ʼn pannekoek met ʼn soet-vulsel (sjokalade-mousse) en ek ʼn souterige een (biltong en kaas). So kon ons die beste van albei geniet.

Daarna was ek (en my familie) Graskop Gorge Lift toe.  In Afrikaans beteken ‘gorge’ kloof. By die gorge is daar ʼn glashysbak wat jou afvat in die kloof. Dit is ʼn mooi prentjie om so oor die kloof te kyk en soos die hysbak ondertoe sak sien jy hoe dit voel om onder die bome in te verdwyn.

Toe ek by die hysbak uitklim toe sien ek daar is ʼn voetpaadjies wat jou tussen die bome invat. Die voetpaadjies is op houtstelasies gebou.

Soos jy stap is brȗe, watervalle en reksprong-entoesiaste jou voorland.

Daar is verskillende roetes om te loop. Party was rolstoelvriendelik. Ander nie. Jy kan heeldag daar onderbly en die kloof verken. Soos jy styap sien jy daar is naamplaatjies aan die boomstamme en naby die verskillende plante. So leer jy.

Toe ek later weer opgaan en stadig verby die hoë bome opskuif voel ek soos Tarzan wat bome moet klim om die daglig te sien. Dit was asemrowend om oor die boomtoppe te kon sien.

Die Wildtuin was goed vir my. Al was die veld bietjie ruig, moes ek maar hard soek maar ek het darem die diere gekry. Elke keer wanneer ek iets groot soos leeus of jagluiperds gesien het en dit van my lysie afgemerk het, het dit my ʼn gevoel van waardering vir ons mooi natuur gegee.

Plekke in Afrika soos die Krugerwildtuin waar wilde diere nog vrylik rondloop en hul natuurlike instinkte kan volg is besig om vernietig te word. Dit is ons, die mensdom se verantwoordelikheid om dit te keer.

Ek is regtig van plan om betrokke te raak by natuur bewaring.

Ek het seker 2000km rondgery in die wildtuin. Is dit ek of word die olifant en buffel bevolking meer?

Ek sien baie renosters is onthoring. Dis ʼn goeie ding. Daar was ook baie teen-stropingpatrollies. Die manne lyk paraat omdie minste te sê.

Waar kom al die luiperds vandaan? Vanjaar was die hele wêreld vol van die goed.

Die bosveld lyk vanjaar mooi, daar is nog heelwat groenerigheid. Die weer was ʼn groot pluspunt. Die maksimum was 34 grade. Party damme was bra leeg. Parkerraad sal plan moet maak.

Ek het lekker gekamp. Ek bly altyd lekker in my tent. Alles wat ek kort was naby.Die koelboks aan my linkerkant en die braai area aan my regterkant.Wat meer kort mens?

Ek het wel ʼn paar kwessies.

Die kampbestuur van Skukuza kan gerus daaraan dink om in elke ambusieblok ʼn aparte badkamer vir gestremdes in te sit. Ek weet nie wat ek sou gedoen het as dit nie vir die karavaan se ingeboude badkamer was nie. Nie almal is so gelukkig nie.

Die mense wat parkeer op plekke wat gereserveer is vir mense met gestremdhede moet vasgevat word! Julle bene werk, loop self.

Die kampwinkels is nogal prysig. R4600 vir ʼn sak! R60 vir ʼn broodjie. Belaglik.

Verder was dit lekker om in die Laeveld my batterye so bietjie te herlaai. Ek is nou reg vir enigiets wat na my kant toe kom.

Groot dinge kom. Whats this space!

Vaarwel

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

One thought on “Laeveld-blues

  1. Sjoe! Jaloers is ek nou! Julle het behoorlik lekker gekuier.
    Dalk kan jy ‘n briefie aan due wildtuinbestuur skryf met jou voorstelle vir gestremdes. Ek word net so kwaad as gesonde mense op die gestremdes se plekke parkeer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: