Goeiedag liewe mense
Vandag is die 18de Julie. Mandela-dag. Nie net is dit ons oud President se verjaarsdag nie, maar op hierdie dag vier ons Nelson Mandela en die 67-jaar wat hy geveg het vir Vryheid.
Ek het besluit om die 67-minute veldtog aan te pak waarin SA en die buiteland se mense aangemoedig word om iets positief te doen vir 67 minute. Jy kan jou kaste uitpak, die strate skoonmaak of sop kook vir ʼn sopkombuis. Daar is baie opsies.
Ek (ʼn mens) het so baie om voor dankbaar te wees. Ek het besluit omvir 67 minute 67 redes te gee waarvoor ek dankbaar is. Dit klink dalk kinderagtig, maar ek glo op die langtermyn sal dit positiewe effekte meebring.
- Ek is dankbaar om te leef en elke oggend op te staan
- Ek is dankbaar vir my gesondheid
- Ek is dankbaar ek het my verstand
- Ek is dankbaar vir my menseregte
- Ek is dankbaar ek het in goeie sosiale omstandighede grootgeword
- Ek is dankbaar vir my keuses, goed of sleg
- Ek is dankbaar vir my geloof en dat ek ʼn Christen is
- Ek is vir al my lewensbelewenisse soos om te snorkel of om te vlieg
- Ek is dankbaar ek is ʼn Suid-Afrikaner
- Ek is dankbaar ek kan in SA bly
- Ek is dankbaar vir my ouers en al hul ondersteuning
- Ek is dankbaar vir my susters
- Ek is dankbaar vir wonderlike grootouers
- Ek is dankbaar ek het goeie onderwysers gehad
- Ek is dankbaar ek het ʼn groot familie wat omgee
- Ek is dankbaar dat ek Afrikaans, Engels, Zoele en ‘Nonsens’ kan praat
- Ek is dankbaar vir my werk
- Ek is dankbaar ek kan my eie geld verdien
- Ek is dankbaar vir my skryftalent
- Ek is dankbaar dat ek nie in die apartheidsjare grootgeword het nie en dat nie een van my vriende grens toe is nie.
- Ek is dankbaar vir ʼn dak oor my kop
- Ek is dankbaar vir krag en water
- Ek is dankbaar vir ʼn bed om in te slaap
- Ek is dankbaar vir kos op die tafel
- Ek is dankbaar vir tegnologie om my en die res van die mensdom se lewens makliker te maak
- Ek is dankbaar vir goeie musiek. Veral Country en Neil Diamond
- Ek is dankbaar vir wie ek is
- Ek is dankbaar vir al my geleenthede wat ek kry
- Ek is dankbaar vir sosiale media
- Ek is dankbaar dat ek in n tydperk leef waar die mensdom probeer om die wêreld ʼn beter plek te maak
- Ek is dankbaar vir goeie koffie en ʼn lekker bord pasta of en vis en kapokartappels
- Ek is dankbaar ek het goeie dokters gehad wat my altyd kon ‘fix’
- Ek is dankbaar om al my sintuie te hê
- Ek is dankbaar ek het vriende
- Ek is dankbaar vir die polisie/weermag wat ons dag in en dag uit beskerm
- Ek is dankbaar ek sien die wêreld anders
- Ek is dankbaar mense het my nog altyd gehelp en geondersteun
- Ek is dankbaar ek kon normaal grootword
- Ek is dankbaar ek kon dinge soos skyfskiet, visvang en vierwiel-motorfiets ry beproef
- Ek is dankbaar ek maak vriende waar ek gaan
- Ek is dankbaar ek kon skool toe gaan
- Ek is dankbaar ek is twee keer (Laer- en Hoërskool) as Prefek verkies
- Ek is dankbaar ek kon koshuis toe gaan
- Ek kon al my geleenthede op skool aangryp
- Ek is dankbaar ek kan kerk toe gaan
- Ek is dsankbaar ek kan my eie menings en opinies vorm
- Ek is dankbaar ek kon internasionaal reis
- Ek is dankbaar vir elke rugbywedstryd wat ek bygewoon het en die drieë wat voor my gedruk is
- Ek is dankbaar vir elke boek wat ek gelees het en die nuwe wêrelde wat ek leer ken het
- Ek is dankbaar ek kon die eerste rugbyspan vir drie jaar op die veld lei
- Ek is dankbaar ek kon universiteit toe gaan
- Ek is dankbaar ek kan mense lees en beter verstaan
- Ek is dankbaar ek kan kamp
- Ek is dankbaar ek het nie nabye familie wat oorsee woon nie
- Ek is dankbaar vir al my besittings
- Ek is dankbaar ek kan jaarliks die Kruger-wildtuin besoek en al die wilde diere kan besigtig
- Ek is dankbaar dat ek ‘curveballs’ wat die lewe my gee kan oorkom
- Ek is dankbaar vir al my ‘gatskop’rolstoelle wat ek al gehad het
- Ek is dankbaar vir al my terugslae. Dit maak my sterker
- Ek is dankbaar vir diegene wat my so normal as moontlik hanteer
- Ek is dankbaar vir al my gunsteling tv-reekse wat my vermaak. Bv. Cheers, Wings en Frasier
- Ek is dankbaar ek het my eie manier van dans
- Ek is dankbaar om op die platteland te bly
- Ek is dankbaar vir die internet om my lewe makliker te maak
- Ek is dankbaar ek word nie as ʼn bedreiging gesien nie
- Ek is dankbaar mense onderskat my. Ek is mal daaroor om mense verkeerd te bewys.
- Ek is dankbaar vir verantwoordelike drywers wat my rondry
Daar is my lys. Ek het baie om voor dankbaar te wees. Daar is nog wat ek uitgelos het. Dis die klein dinge wat saak maak. Gaan julle ook jul eie lys maak?
Baai
Hoeveel minute gee jy vir Jesus? Het jy vir Hom ‘n veldtog?
LikeLike
24/7
LikeLike
Ek ook. Ek het nie nóg 67 om weg te gee nie. SA kry in elk geval my hele lewe…..
LikeLike
Hierdie is fantasties! New subscriber alert. I’m actually English. But I’m exploring Afrikaans bloggers because why not?
LikeLiked by 1 person