Week se dinge

Hello mense

Hoe gaan dit daar in julle geweste? Is julle bestand teen die koue?

Daar is baie dinge wat ek wil sê, maar dis net die tyd wat min is en die konsentrasie van die lesers wat nie altyd lekker werk nie.

  • Pragtige rugby wat die Springbokke die afgelope twee naweke teen die Aussies en die Kiwis opgedis het, of hoe? Dit laat my nogal uitsien na die Wêreldbeker in Japan in September.
  • Al daardie mense wat hul dekodeerders ‘opgegee’ het? Ek wonder hoe voel hulle?
  • Herchel Jantjies, Frans Steyn en Trevor Nyakane se name moet beslis saam met die eerste gekose spelers soos Faf de Klerk en Tendai Mtawaira op die lys geskryf word.
  • As jy iets lekker soek om te lees, kry Jo Nesbo se Knife. Misdaadfiksie en aksie is teenwoordig.
  • Lyk my daar word 10 koue vronte na mekaar in die Kaap voorspel. Nou moet hulle damme nou wragtig vol wees.
  • Die Currie-beker is ook nie meer wat hy was nie. Dit voel nou soos u/16 rugby waar jy sterre moet identifiseer vir die eerste span (Superrugby-span) vir die volgende seisoen.
  • Die van julle wat Showmax het, gaan kyk gerus na Die Byl seisoen 2! As julle nie Showmax het nie, wag maar vir Desember dan is hy op die kassie op Kyknet.
  • Ek het ʼn oulike soesji-eetplek in Umhlanga gekry. Die plek se naam is die Bamboo Sushi Lounge. Hier word baie lekker Oosterse lekkernyne veskaf. Die plek se kleurskema is wit en bamboes-groen. Die Soesji-platter wat ek geniet het was heerlik. Probeer ook gerus die Chinese-bier wat beskikbaar is (die naam het my ontglip). Die diens was flink en alles was ʼn positiewe ervaring. Ek gee die plek 8/10.
  • Julle moet my nuwe ryding sien. ʼn Elektriese rolstoel. Ek kan nou oral rondrits. Ek is nou ook eko-vriendelik. Die battery hou agt uur lank. Ek kort nog net ʼn ‘cupholder.’ Nou gaan die ‘sports’ begin. Dankie vir my borge en Medop CC.
  • Die Protea Netbal-span het my super trots gemaak. Hulle het by die Netbal Wêreldbeker vierde geïndig. Hule het saam met die groot honde geblaf. Hul alles gegee. Self vir Jamaika, wat toe tweede beste in die Wêreld was uitgehaal. Die volgende byeenkoms is in 2023 in Kaapstad. Meeste van ons spelers speel oorsee. As ons eers ʼn Professionele-liga hier begin: Kyk hoe goed gaan ons word.
  • Julle moet waaksaam wees. Varkgriep is my omgewing. Skole word gesluit tot dat die skole ontsmet kan word. Ek onthou nog toe Varkgriep vir die eerste keer in 2009 sy kop uitgesteek het. Daar was histerie. Baie kinders het ʼn geleentheid gesien om skool te ‘bunk.’ As ek reg onthou moes ek nog ʼn detensie inhaal daardie tyd.
  • Geluk Zane Waddel met jou eerste plek by die Wêreldswemkampioenskap in Suid-Korea. Jy maak ons trots.
  • Om binne in ʼn gebou te rook is lyk my een van die dae heeltemaal verbode. Ek weet van ʼn paar manne (en vroue) wat nie hiervoor te vinde sal wees nie.
  • Ek het die nuwe Lion King-weergawe gesien. Die storie is meestal dieselfde as die animasie weergawe. Al groot verskil tussen die eerste een en die huidige een is die gehoor. By die vertoning was die gehoor meestal 20-30 jariges. Daar was slegs ʼn handjie vol kinders.

Dan is al van my kant af. Ons praat weer.

Lekker dag verder

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: