Hello mense daar buite
Ek hoop jule is nog blakend gesond en on the go. As julle nie is nie, gaan sien ʼn dokter. Varkgriep doen sy rondtes.
Welkom by my tweede plasing van Vreemde dinge wat jy nie geweet het nie. Ek hoop regtig jy kan ʼn paar dinge saam met ons wysraak.
Kyk hier vir my eerste plasing.
https://tiefspeech.com/2019/05/23/vreemde-dinge-wat-jy-nie-geweet-het-nie-deel-1/
Hier is 10 feite wat julle gerus kan onthou as julle ooit weer TrivialPursuit of 30 Seconds speel.
Wie het die eerste Nobelprys vir Vrede gekry? Hierdie toekening is gedeel tussen die Fransman Frédéric Passy en die Switser Jean Henry Dunant in 1901.
Wie was die eerste persoon wat onderwater geduik het? Volgens kenners was dit Jacques Cousteau.
Wie het met die omelet vorendag gekom? Die eerste keer dat daar melding van ʼn omelet gemaak word is in die boek Le Ménagier de Paris wat deur ʼn onbekende skrywer in 1393 uitgegee is. Hierdie boek was geskryf vir vrouens met die doel om hul met hul daaglikse huistake te help.
Wat is die skaarste vis-spesie op aarde? Die Devils Hole pupfish (Cyprinodon diabolis) en dit kan gevind word in ʼn geotermiese waterpoel 100km oos van die Death Valley National Park in die deelstaat Nevada in die VSA.
Wie het die eerste speurverhaal geskryf? Die boek Duisend en Een Nagte is ʼn versameling kort verhale en bevat van die eerste speurverhale wat die wêreld nog ooit gelees het.
Wie het die selfoon uitgedink? Martin Cooper (hy het by Motorola gewerk) en het die selfoon in 1979 op proef gestel.
Volgens kenners wat is die gewildste TV program ooit? The Wire
Noem die voëlspesie wat die langste in die lug kan bly? Die Kleinwindswael en hy kan vir 10 maande in die lug bly sonder om aan die grond te raak.
Wat was die eerste koeldrank in die ruimte? Coca-Cola
Wat is die giftigste spesie wat kan mens eet? Die ‘Pufferfish’. Hierdie vis is baie gevaarlik om te eet. Slegs ʼn spesiale- opgeleide sjef wat weet wat om te doen kan hierdie vis as ete voorberei sonder om iemand se lewe in gevaar te stel.
Ek hoop om spoedig weer nog so ʼn plasing te kan maak. Dankie vir die saamlees. Ek hoop julle kon iets leer.
Totsiens
Interessant. Dankie. Ek sal onthiu van daardie vis. 😊
LikeLike