Dag my liewe lesers
Ek het so baie dinge om met julle te deel, maar ek weet nie altyd of dit die gepaste tyd is nie. Ek weet nie of julle aanklank daarby sal vind nie.
Ek besluit maar net om die bullet te byt en aan te gaan.
Nou die dag was ek in Durban. Bietjie vir my span gaan kyk. Daai aand na die rugby gaan fliek ek die nuwe Lion King gekyk. Die storielyn is maar baie dieselfde as die animasie weergawe. Dog het ek dit geniet.
Om John Kani se stem te hoor (Rafiki) het my geweldig trots Suid-Afrikaans laat voel. Pumba en Timon was ook puik.
Die springmielies en die coke het my nou nie juis volgemaak nie. Ek het nog plek in ou joe (my maag) gehad en moes toe vining aan ʼn plek dink. Ek was nie lus om na ʼn plek buite Gateway te gaan en ʼn plek te soek nie. Dit was in elkgeval abnormal koud daardie naweek.
Ek ry toe met my nuwe rolstoel verby ʼn bordjie met die naam Dros daarop en ek ry nader.
Onthou julle nog vir Egoli? Diegene van julle wat nie weet nie, dit was ʼn bekende sepie so paar jaar terug. Al die karakters het altyd in die Dros gekuier. Dit was soos Binnelanders se Nagskof of 7de Laan se O’Malleys.
Laas jaar het daar ʼn baie slegte insident gebeur in ʼn Dros in Gauteng wat nasionaal opslae gemaak het. Dit het die reputasie van die besigheid (Dros is ʼn franchice-besigheid) negatief beïnvloed.
Ek voel egter dat mens nie ʼn plek moet vermy net omdat daar ʼn slegte ding gebeur het nie. Anders het niemand meer KFC (aanrandings) of Spur (rasse-voorval) toe gegaan nie. Om ʼn besigheid te boikot help min. Al wat ons kan doen is hoop geregtigheid seëvier en om te sorg dat so iets nooit, ooit weer gebeur nie.
Lees hierso as julle weer wil weet van my twee bogenoemde redes.
https://www.news24.com/SouthAfrica/News/second-video-of-kfc-assault-emerges-20170809
Dros is ʼn steakhouse. Baie nes die Spur. Dit gee net egter daardie Irish Pub-vibe wat jy altyd gekry as jy How I Met Your Mother kyk en die tonele speel af in die McLaren’s Pub. Die kleurskema en die beligting is donker. Ek kry die idee dit is so vir effek geskep.
Daar is ʼn
- ʼn kroegtoonbank
- Speelarea vir die kinders
- groot verskeidenheid disse op die spyskaart bv. slaaie, surf&turf
- verskillende spyskaarte bv. ontbyt- of kinderspyskaart
- ʼn wynkelder wat saam met die restaurant gekombineer is
- ʼn hele paar televisies wat die jongste sport uitsaai
Ek het die garnale en mossels-kombo gevat met ʼn lekker Ierse koffie. Dit is waarvoor ek lus was.
Ek gee die hele plek 7/10. Ek trek punte af vir die buitensporige pryse en die feit dat die klandiesie min was. Vir ʼn Saterdagaand was dit, maar taamlik stil. Aan die anderkant weet ek mens kan lekker hierso kuier.
Ek sal weer Dros toe gaan. Sien ek julle daar?
Totsiens