Goeiedag mense daar buite
Wats nuus in julle geweste? Is julle ook bekommerd oor die hoë werkloosheidsyfer waaemee ons land te doen het? Korrupsie? Geweld? Die bankkrot SAUK of die vouende ESKOM?
Dit gee my sommer die rittelings. Kom ons praat oor iets heeltemaal anders.
Terwyl ek nou hier sit en tik speel ek bietjie Bruce Springsteen. Later kom Don Williams op die beurt.
Ek dink aan kos. Kos het in die afgelope twintig jaar baie verander.
Almal weet dit beteken as iemand vegataries is? Dit beteken hy/sy eet nie vleis nie. So i.p.v ʼn pizza met ham, spek en salami op eet hy olywe, rissies en pynappel. Ja, ek weet hoe party mense oor pynappel op pizza voel.
Weet almal wat veganisties beteken? Dit is as ʼn persoon geen kos eet wat van diere-produkte gemaak word nie bv. vleis, eiers, melk en selfs heuning.
Nou die dag reis ek in die Drakensberge rond en ek kom by so ʼn klein winkeltjie uit. Ek stop om so bietjie bene te rek en iets te kry vir die dors.
By die winkeltjie kry ek iets snaaks. Biltong, maar dis gemaak van sampioene.
Ek is gewoond aan lekker koedoe-biltong of selfs biltong van gewone beesvleis. Maar van sampioen? Dit mag dalk soos lekker ou billies gelyk het, maar ek kan julle verseker dit het nie so geproe nie.
Dit is die eerste keer dat ek aan kos blootgestel is waar die vleis-materiaal met plant-materiaal vervang is. Die eerste keer dat vegan-kos eet.
Julle het seker al gehoor dat beeste se uitlaatgasse verantwoordelik gehou word vir aardverwarming? Al hoe meer mense begin om dier-produkte te vermy. Dit is ʼn gewilde trend wat deesdae groot momentum het.
Die mensdom plant nou meer as gewoonlik. Mense verkies nou om ‘organies’ te leef en wil graag hê hul groente en plante moet vars uit die aarde kom. Dit is glo baie gesonder om vleis uit jou dieët te sny.
As jy kyk op die internet, daar is hordes vegan-resepte om van te kies.
Hierdie verskynsels gaan al hoe meer voorkom. Maatskappye en labatoriums in die VSA werk nou daaraan om vleis te kweek. In die VSA is daar al restaurante wat plant gebasseerde-vleis bedien. Bv. ʼn Hamburger-pattie wat nes vleis proe, maar van plante gemaak is.
Plaasvervangers vir vleis moet geskep word. Sojabone is ʼn gewilde bestandeel. Ek hoor mens kry nou deesdae melk wat van amandels gemaak word.
My vraag is dus: As die aanvraag vir die gebruik van dier-produkte afneem en die mensdom nie meer ʼn nut het daarvoor nie, wat gaan al die diere word?
Niemand gaan die diere wil aanhou nie. Hoekom moet die boere al die vee aanhou as daar geen ekonomiese redes vir hulle is nie.
Kom ek sê wat van al diere gaan word? Al die diere (behalwe wildediere in die natuurreservate) wat geteel is vir hul vleis gaan van kant gemaak word.
Is die diereregte-aktiviste reg daarmee? En wat gaan gebeur as een of ander swam of insekplaag die plante begin aanval en uiteindelik, uitwis.
Mens sit nie al jou eiers in een mandjie nie.
Lekker dag verder.
Ons Banters sorg dat daar darem nog vleis geëet word. Tog interessant dat al hie meer dokters LCHF aanbeveel. Dalk bly daar darem ‘n paar skapies oor vir ons. En vir die gewone mense wat steeds gebalanseerd eet. 😁
LikeLike