Tief se ‘Squad’

Goeiedag my liewe lesers

Hoe gaan dit met julle?

Lyk my dinge gaan rof in die buiteland.

  • China wil vir Hong Kong oorneem
  • Daar is bakleiery in Khasmir
  • Boris Johnson en sy regering maak reg om die EU te verlaat. Sonder ʼn ooreenkoms of te not.
  • In Amerika probeer die Demokrate nog steeds mag van die Republikeine afneem
  • ʼn Groot deel van die Amasone word tans vernietig vir landbou en die Brasilliaanse-regering blik of bloos nie
  • Oorlӧe woeker voort in Afrika en in die Midde-Ooste
  • Die VSA het Groenland probeer koop
  • Mense vlug nog steeds na eerste-wêreldlande
  • Die Verenigde Nasies vra dat mense minder vleis eet om aardverwarming te stop

Die wêreld staan nie stil nie. Elke dag gebeur daar iets wat mense aan die praat het.

Oor minder as ʼn maand begin die Rugby-wêreldbeker in Japan. 20 lande neem deel. Dit strek oor ses weke.

Baie lande het al hul groep van 31 spelers gekies wat gaan. Maandag (26 Augustus) gaan Rassie Erasmus sy span aankondig. Hulle (Springbokke) slyp nou aan hul spel in Bloemfontein met 32 spanlede. Een persoon gaan by die huis moet rugby kyk.

Hier is my span wat gaan.

Stutte

  1. Tendai Mtawaira
  2. Steven Kitshoff
  3. Trevor Nyakane
  4. Frans Malherbe
  5. Vincent Koch

Hakkers

  1. Malcolm Marx
  2. Bongi Mbonambi
  3. Schalk Brits

Slotte

  1. Eben Etzebeth
  2. Franco Mostert
  3. RG Snyman

Flanke/agsteman

  1. Siya Kolisi (kaptein)
  2. Duane Vermeulen (onder-kaptein)
  3. Pieter-Steph du Toit (kan slot speel)
  4. Kwagga Smith
  5. Francois Louw
  6. Rynhardt Elstadt

Skrumskakels

  1. Faf de Klerk
  2. Herchel Jantjies
  3. Cobus Reinach

Loskakels

  1. Handré Pollard
  2. Elton Jantjies

Vleuels

  1. S’bu Nkosi
  2. Cheslin Kolbe
  3. Makazole Mapimpi

Senters

  1. Frans Steyn (veelsydig)
  2. Damian de Allende
  3. Lukhanyo Am
  4. Jessie Kriel

Heelagters

  1. Willie Le Roux
  2. Warrick Gelant

Hulle is altesaam 31 spelers. 17 voorspelers en 14 agterspelers.

As iemand seerkry en vervang moet word het ek ook ʼn lys reserwes saamgestel

Reserwes

  1. Lizo Gqoboka (loskopstut)
  2. Thomas du Toit (vaskopstut)
  3. Scarra Ntubeni (hakker)
  4. Lood de Jager (slot)
  5. Marco van Staden (flank)
  6. Dan du Preez (agsteman)
  7. Embrose Papier (skrumskakel)
  8. Curwin Bosch (loskakel)
  9. Dillyn Leyds (vleuel)
  10. Andre Esterhuizen (binnesenter)
  11. Lionel Mapoe (buite-senter)
  12. Damian Willemse (heelagter)

Wat dink julle? Het ek al my bases gedek?

Net die tyd sal leer…

Cheers vir eers

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: