Hello boys en girls
Jammer ek groet so in die rooi taal, ek het maar net ʼn nuwe manier gesoek om julle te groet.
Hoe gaan dinge? Ek hoop julle kyk nog noord. Veral die die Cheetah-ondersteuners. Julle kan maar trots voel op julle span. Ek hoop net hulle hou so aan in die Pro14…
Jammer ek was so stil. Ek het die hospitaal bietjie besoek. Iewers, wie weet waar, het ek ʼn bakteriese infeksie opgetel. Ek was daar vir amper ʼn week. Dis nie lekker om net so te sit en niks doen nie. Ek weet nie hoe doen gevangenes en die rehab-mense dit nie.
Dinge gaan woes hier in ons land. Al hierdie sinnelose moorde en geweldadige xenofobiese aanvalle is angswekkend. Wanneer hou al hierdie goed op?
Hoekom word vroue so in ons land geteiken? Ook maar goed ek is nie ʼn pa van ʼn dogter nie. Ek sal my heeltyd bekommer.
Het julle gehoor van daardie onderwyseres wat georganise dat ʼn kind by haar eie skool ontvoer word? Dis malligheid!
Kom ons praat oor iets anders.
Dis heerlike lente en die winter is verby (in Suid-Afrika). So ook die jagseisoen. Manne (en vroue) gaan nou wil wapens moet bêre in die kluis tot volgende jaar. Maar ons almal gaan nog soos Ricus Nel en sy vrinne “Manne dis ʼn voorreg” om die braaivleis-vuur en spog oor die onlangste jag.
Daar is seker ʼn paar mense wat jakkalse en ystervarke op die plase gaan skiet vir die boere. Of ʼn bietjie verfbal met hul tjommas gaan speel. Of selfs die hond langsaan met die kettie op die boud klits.
Die viskaste gaan nou reggekry moet word vir die viswaters. Die somer kom. Daar is natuurlik ʼn paar geharde vissermanne (en vroue) wat reg deur die jaar gaan vang. Ek dink vanjaar is die tyd ryp vir my om weer te gaan bass vang. Ek het dit laas gedoen toe ek 10 was.
Gepraat van jag. Daar is baie kritici daar buite wat reken jagtery is:
- Wreed
- Barbaars
- Onnodig
- Sleg vir bewaring
Ek weet ek gaan nou soos ʼn skoollaaitjie klink, maar ek reken daar is meriete aan albei kante.
Teen Jagterty
- Baie diere-spesies se getalle is kritiek. Diere soos leeus, tiere en olifante word meestal vir finansiële gewin geslag bv. ivoor van ʼn olifant wat baie geld werd is. Spesies kan uitsterf a.g.v jagtery. Of jy dit nou beheer &kontrolleer of nie.
- Baie onwettige jagtery (kom ons noem dit eerder stropery) bring die spesie-getalle af
Vir Jagtery
- Jagtery kan dier-populasie onder beheer hou. As ʼn klomp diere (bokke, sebras, blouwildebeeste) op een stuk grond aanteel sonder om gejag te word kan die groot hoeveelheid diere ʼn negatiewe impak op die ekosisteem hê. Dit kos baie geld om wild te skuif na ʼn ander stuk grond toe.
- Meer geld vir natuurbewaring sal verkry word. Ek glo as dit nie vir die teel van wild was nie het sekere spesies lankal uitgesterf.
- Die lekker wildsbiltong
- Die jagters-getalle wêreldwyd neem ʼn afwaardse kurwe so minder diere word afgemaai
- In ʼn land soos SA betaal oorsese jagters in sterker geldeenhede wat groot geld vir ons wildsboere beteken. Met daardie inkomste kan die boere verder in hul boerdery belê. Kyk na al die wildveiling wat gehou word. Boere betaal groot bedrae geld vir bv. ʼn buffelbul.
- Jagtery skep toerisme. Dit beteken werk vir die gemeenskap. Dit kan ʼn positiewe ekonomiese kringloop in ʼn gemeenskap skep. Plekke van verblyf, restaurante en baie ander rolspelers sal vergoed word.
- Spesies op die bedreigde spesie-lys wat slegs geen waarde meer het (ouderdom, teelwaarde) kan miskien gejag word.
My gevolgtrekking is dus: Ek is vir beheerde jagtery solank bedreigde spesies ordentlik beskerm word teen onverantwoordelike jag. Terloops, waar kan ek vir my ʼn camo-baadjie kry? Lyk my al wat ʼn Jan, Rap en sy maat is dra dit waarokal hul hulself bevind.
Die Wêreldbeker is oppad. Oor minder as 10 dae skop dit af. Die Bokke moet nou net fokus my kind. Ons kan dit doen.
Van my kant af, groet ek julle en ek hoop ons gesels weer
Vaarwel