ʼn Geselsie om die vuur

Goeiedag my liewe lesers

Ek het ʼn belangrike vraag: Het Hugo al die polisie gebel?

Ek hoop julle het ʼn lekker erfenis dag. Ek hoop julle braai ʼn vleisie op die kole. Lekker man, lekker. Onthou om braaibroodjies te maak met kaas, tamatie en Barbeque Spice. Lekker man, lekker.

Watse hout gebruik julle? Of het julle maar net steenkool wat jy daar by die bottelstoor gekoop? Wat drink julle? As ek nou daar was by julle het ek ʼn glas Jameson-whiskey of ʼn glasie José Cuervo tequila met sout en ʼn skyfie suurlemoen sap gedrink. Afrikaners is plesierig.

Terloops, het julle al die nuwe Coke-geur probeer? Koffie. Liewe ouers, dis lekker soos ʼn krakker.

Ek hoop julle speel so ʼn bietjie musiek in die agtergrond. Net om die atmosfeer te skep. Ek sal nie net Suid-Afrikaanse musiek speel nie. Wie doen nou so iets? Ek kan die app Spotify aanbeveel. Jy het toegang tot ʼn magdom van musiek.

Ek sal altyd hierdie volgende treffers by speel by ʼn braai

  1. Sweet Caroline-Neil Diamond
  2. Great Heart-Johnny Clegg
  3. Soos Bloed- Theuns Jordaan
  4. Summer of 69- Bryan Adams
  5. The Gambler- kenny Rogers
  6. Brown Eyed Girl- Van Morrison
  7. Drie Pikkewyne-Jakkie Louw
  8. Perfect-Ed Sheeran
  9. Sweet Home Alabama- Lynard Skynnard
  10. Dorp toe- Fatman
  11. Baby Tjoklits- Gerhard Steyn
  12. Living Next Door to Alice-Smokie
  13. Delarey- Bok van Blerk
  14. Hou vas jou matras- Robbie Wessels
  15. Mamma Mia- Abba
  16. My Maria- Brooks & Dunne
  17. Another Day in Paradise- Phil Collins
  18. Heaven- Celine Dion
  19. From This Moment On- Shaina Twain
  20. Naweeklyfie- Lianie May
  21. Spanish Eddie- Laura Branigan
  22. Byeboerwa- Anton Goosen
  23. Kinders van die wind- Koos du Plessis
  24. Kurt Darren Medley (Kaptein; Meisie, Meisie; Loslappie; Kaalvoetsokkie)
  25. Vuil Vanderbijl-Refentse
  26. Chicken Fried- Zac Brown Band
  27. Its my Live- Dr Alban
  28. Boerepompie-Snotkop ft Rickus Nel
  29. Dixieland Delight- Alabama
  30. Pretty Belinda- Dr. Victor
  31. Louisiana Saturday Night- Mel McDaniels
  32. Drop a Pilot- Joan Armatrading
  33. Ohklahoma Hills- Jim Reeves
  34. Hokaai Stop die Lorrie- Ray Dylan
  35. Country Roads- John Denver
  36. Cotton Eye Joe- Die Campbells
  37. Common Man- John Conlee
  38. Mengelmoeskardoes- Juanita du Plessis
  39. Elvira- Oak Ridge Boys
  40. Honey, I’m good- Andy Grammer

Waaroor sal ons praat? Wat van oor daardie Franse skeidsregter wat die Bokke se eerste Wêreldbeker-wedstryd opgeneuk het? As hy net 10% beter geblaas het, het ons gewen. Nou moet ons egter aanbeweeg.

Ek is nie te bekommerd nie. Ons moet net die volgende drie kragmetings teen Namibië (daar waar Marelize bly), Kanada (land van maple-stroop en Tim Hortons) en Italië (‘Rome is nie in ʼn dag gebou nie”).

Ek is bly die Proteas het hul wedstryd teen Indië gewen met ʼn baie onervare span. Kom ons gee die nuwe afrigter Enoch Nkwe bietjie meer tyd. Sover lyk dit orraait.

Die plaasmoorde hou net aan en aan. Ons boere moet beskerm word. Hulle en hul werkers sorg dat ons kos op die tafels het.

Ons moet ʼn leër op die been bring bestaande uit enige mens wat werk soek. Hulle word in klein taak-spannetjies ingedeel wat op die plase ontplooi word. As enigiets gebeur is hulle byderhand om in te gryp en die verdagtes aan te keer.

Vanjaar is oor die 300 renosters al in ons land gestroop. Wanneer gaan die belanghebbendes besef daar is net een ding om te doen? Verkoop self die horings. Hoe meer horings daar op die mark is, hoe swakker word die prys. Geen renosters word uitgewis nie. Die geld wat gegenereer word kan bydrae tot die voortbestaan en beskerming van hierdie wonderlike spesies.

Boere sal nou aangemoedig word om renosters aan te hou en daarmee te teel. Aandag kan nou gefokus word op ietermago’s of leeus wat ook bedreig word.

Kom ons praat oor my erfenis.

Ek is Afrikaans gebore en getӧe. Ek bid, leef en dink in Afrikaans. Ek het wel ʼn Engelse kant van die familie. So ek kan nie kwaad wees oor die Boere-oorlog nie.

Ek geniet dit ook om Engelse boeke te lees. Ek verkies my Bybelversies in Engels. As jy ook na my familie legendes luister het ʼn ek ʼn bietjie bloubloed (van ʼn land in Europa wie se naam onbekend aan baie mense is) wat in my are vloei. En my isiZulu is nie te sleg nie.

Ek word gesien as ʼn Afrikaner. Wêreldwyd word ek ongelukkig geassosieër met apartheid. Vir die mense daar buite wil ek net sê ek as mens is bly ons bly nie meer in daardie tye nie! Ek is baie bly ek is in die nuwe SA gebore.

Die Afrikaanse mense is ook baie meer as die booswigte van Apartheid. Ons Afrikaners het ook ons spoor op die wêreld gelaat. Het jy geweet:

  • Die dorp Chivu in Zimbabwe was deur Afrikaners gestig. Sy naam was eers Enkeldoorn, maar is na Zimbabwe se onafhanklikheids verander.
  • Ons het in albei Wêreldoorloë baklei. Die kommandant van die Geallieerde Magte het self gesê, “Give me two divisions of those marvelous fighting Boers (Afrikaners) and I will remove Germany from the face of the earth.” Hy was duidelik beȈndruk met ons veg vernuf. By elke Veldslag waarby ons betrokke was sal jy grafte met ons mense se name op kry.
  • Die Boere het die Britse weermag keer op keer in die Anglo-boereoorlog geklop.
  • Bothashof (deesdae Eagles Vale) was ʼn Afrikaanse Skool in Zimbabwe. Tot vandag toe is die skool leuse Diens.
  • Die Dorsland Trekkers was ʼn klomp Boere wat wou wegkom van Britse bevind en het sedert 1874 deur die Kalahari-woestyn na Angola getrek waar hulle in die Humpata Hooglande gaan bly het. Baie het na ʼn paar dekades van sukkelbestaan terug gekeer na Suid-Wes of SA. Die laastes van die Boere is in 1975 daar weg toe Portugese owerhede begin ontrek het aan Angola. Die dorp Humpata het selfs ʼn standbeeld wat in 1958 opgerig is wat die Trekkers gedenk.
  • Tydens die Anglo-Boereoorlog was daar baie oud-Boere krygers in gevangeniskampe in voorheen Britse Kolonies. St Helena, Bermuda, Ceylon (Sri Lanka),Indië. Daar het baie van hulle gesterf en hul grafte is nog daar.
  • Na die Anglo Boereoorlog het Afrikaner-families wat alles verloor het Brits-Oos Afrika (Kenya) toe getrek en die dorp Eldoret gestig. Tot in die 1980s was daar van hul nageslagte wat daar gebly het.
  • Na die Oorlog het Afrikaner-families wat alles verloor het Argentinië toe getrek. Hulle het hulself in die Patogonië-streek gaan vestig. Baie het na ʼn dekade of so terug getrek SA toe. Nou 100 jaar later is daar nog van die nageslag wat Afrikaans kan praat. Kyk gerus na die film Boere op die Aardsdrempel.
  • Charlize Theron het 2004 die Oscar gekry vir beste aktrise
  • Generaal Ben Viljoen , oud vegter uit die Anglo-Boereoorlog het ʼn Boere-kolonie in die Nieu-Mexiko staat probeer stig. Hy was ook ʼn Amerikaanse Burger, het as Konsultaat vir Amerika in Duitsland gedien en het nuwe boerdery sisteme gestig in die Mesilla Vallei, waar hy tot sy dood gebly het.
  • Christiaan Barnard, die man wat die eerste hartoorplanting gedoen het was ʼn Afrikaner.
  • Namibië (voorheen Duitswes-Afrika) was ʼn Provinsie van SA. Daar is baie Afrikaner invloed.
  • Manzini (Bremersdorp) in Swaziland was deur die Boere gebruik as hoofkwartier in die Anglo-Boere Oorlog. Nhlangano (Goedgegun) was ook ʼn dorp met Afrikaanse invloed.
  • Afrikaans is een van die nuutste amptelike tale op aarde

Ek sien myself wel eerder as ʼn Suid-Afrikaner as enigiets anders. Ek is trots op my land en my identiteit. Ek is lief vir my land en die diversiteit van alles wat hy bevat.

Baie dankie

Praat weer

Ba-baai

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: