Hello my liewe mense
Ek is jammer ek was so stil die afgelope tyd. Julle moenie dink ek het van julle vergeet nie. Dit sal nooit gebeur nie.
Ek hoop dinge loop so reg soos ʼn moltrein in New York daar aan julle kant. Ek hoop julle staan nog sterk na Eskom se streke? Die mense wat daar langs die Vaalrivier bly, ek hoop die gemors word gou uitgesorteer.
Ek hoor die skoolkinders gaan in die toekoms alles oor die feite van die lewe leer. Liewe land, die vorige generasies moes alles self uitvind.
Het Hugo ooit die Polisie gebel? Vir sy part hoop ek hy het.
Wat gaan aan met ons krieket? Daar word meer in die raadsale as op die veld gespeel. Die toer in Indiё was ʼn flop. Dalk moet oom Rassie dinge bietjie gaan regstel daar.
Ek is so trots op die Bokke. Hulle het die Engelse, Wallisers en die hele kaboedel by die wêreldbeker ore aan gesit. Nou is ons die wêreldkampioene.
Japan lyk na ʼn aantreklike opsie om te besoek. Die media praat heeltyd van hoe skoon, netjies en vriendelik dit daar is. Dit is net daardie tifoon wat my so ʼn bietjie afgesit het.
My droom vakansie is egter ʼn reis na Londen, die States of Rio!
Het julle geweet daarnaby Ladysmith (waar Ladysmith Black Mambazo sy oorsprong heet) is ʼn eersteklas wildreservaat met 10 lodges en die Groot 5. Die plek se naam is die Nambithi Game Reserve.
Ek het dit een naweek gaan uitkyk. Ek het by die Springbok Lodge gebly. Dit was puik. Alles was goed georganiseer. Die kos was heerlik en die hele lodge was rolstoel-vriendelik. Die wildbesigtigings was asemrowend.
Dit is vreeslik droog deesdae. Wanneer gaan die reёn val soos in die ou dae? Dink julle dit sal werk as ons Eddie Rabbit se liedjie ,“I Love a Rainy Night” of CCR se bakgat-treffer, “Have You Ever Seen the Rain”speel en hoop dit sal die sluise sal laat ooptrek.
Ek dink die mense wat so aan Don Trump se lippe hang is verkeerd, daar is iets soos aardverwarming. Ek glo die mensdom moet meer doen om hierdie katastrofe te keer. Al wat ek egter vra is dat plastiekstrooitjies teruggebring word.
Wat dink julle van die nuwe tv-reeks op Mnet,met die naam Trackers? Dit kom uit die pen van die bekende Afrikaanse skrywer Deon Meyer? Toe ek hoor hulle saai dit een van die dae uit het ek dadelik al sy boeke gaan lees. Bennie Griesel bly maar my gunsteling karakter.
Dit is jammer Survivor wys nie meer nie. Ek was gaande daaraar.
Ek like nogal Ricus Nel en Sotkop se nuutste snit, Boerepompie. Die kerkraad gaan seker nie daarvoor te vinde wees nie, maar ons jongklomp smaak dit.
Ek sien ou Afriforum en Solidariteit bou nou deesdae verder aan Sol-Tech. Die manne is besig. Ek wens dinge vorder ook so vining in die land.
Het julle al van die Britse sitcom Fools and Horses gehoor? Dit het in die tagtigs gewys. Die humor is skerp, maar nie altyd polities korrek nie. Ek hou ook nogal van die programme Blue Bloods en The Rookie.
Ek probeer ook om vir ʼn snor te groei vir ‘Movember’, maar ek sukkel. Myne lyk al hoe minder soos Hulk Hogan s’n en al hoe meer soos Adolf Hitler s’n.
Hoekom dra so min mense in SA Hawaiise-hemde? Julle weet daai hempe wat Don Ho en Magnum PI altyd gedra het. Veral in hierdie warm weer. Dit is koel, li g en kleurvol. Ek dink ek gaan my khaki-hemde vir die winter los.
Ek het nou te veel goed gesê. Verskoon my. Ons praat gou weer.
Totsiens