Hallo julle
Hoe gaan dit met julle?
Daar is so baie interessante trivia vir ons om te leer. Hier is ʼn handjievol interessante brokkies wat julle dalk handig te pas sal kom as julle by ʼn braai met ʼn bek vol tande rondstaan.
Waar het die ‘cappuccino’-drankie ontstaan?
Dit het sy ontstaan gemaak in die vroeё 1900s in Italiё
Wat was die eerste Country-liedjie wat nog ooit gesing is?
Little Log Cabin in the Lane gesing deur Fiddlin’ John Carson
Wie was die eerste persoon in Antarktika?
Roald Amundsen
Wie was die baasbreine wat verantwoordelik was vir die skepping van Wi-Fi?
Daar was vyf van hulle. Hul name is Graham Daniels, John Deane, John Sullivan, Terence Percival en Diethelm Ostry.
Watter bank was die eerste bank wat ‘online banking’ ingestel het?
Wells Fargo in Amerika
Uit watter land kom die kosdis ‘Pani Popo?’
Samoa
Uit watter land kom die vrugte-brandewyn Pálinka oorspronklik?
Hongarye
In watter Amerikaanse sitcom verskyn die karakters Sam, Diane, Woody, Norm en Cliff?
Cheers
Waar is die Bayak-stam woonagtig?
Sentrale-Afrikaanse Republiek
Wat beteken die Latynse-frase “Ad meloira?”
Beweeg na beter dinge
Ek hoop julle kon ʼn paar dinge wys raak. Tot volgende keer.
Vaarwel