As ek vir Halloween moes aantrek, dra ek my Springbok-trui

Goeiedag, my mede-landsburgers

Ek hoop dinge gaan nog goed in julle geweste en dat daar nie enige drama is nie.

Dit is vir my ʼn riem onder die hart om weer vir julle in Afrikaans te skryf. Dankie aan die Gazette vir die versoek!

Wie van julle het Sondagaand Trackers op MNet gekyk? Dit is die tv-reeks wat gebasseer is op die skrywer Deon Meyer se gelyknamige boek(Spoor in Afrikaans). Al het ek nog net een episode gesien kan ek julle nou al sê dis ʼn fantastiese reeks en ek kan nie wag vir die volgende episode nie.

Trackers kan gerus saam met bekende Amerikaanse TV-reekse kers vashou.

Die wind wat ons deesdae kry raak nou te erg. Toe ek nou die dag met my rolstoel buitekant rondry het dit gevoel asof die wind my wou optel en in die lug laat vlieg soos Liewe Heksie.

Dink julle Brexit gaan ooit plaasvind of nie? Snaakse dinge gebeur nog, dit het juis die naweek bietjie gesneeu in die Wes-Kaap.

Ek is baie trots op die Springbokke nadat hulle vir die Walliese Drake naelskraap, 19-16 geklop het. Dit was nou nie ʼn mooi wedstryd nie, maar ʼn wen is ʼn wen.

Saterdag speel ons in die finaal teen Engeland. Hopenlik gebeur dieselfde as by die 2007 rugbywêreldbeker-finaal (ons het 15-6 gewen). Ons moet hulle weer wys waar Dawid die wortels begrawe het. Engeland kan nie twee wêreldbekers in een jaar wen nie. Dit is klaar erg genoeg dat hulle reeds vanjaar se krieket weergawe ingepalm het.

As iemand vir my 18 maande gelede gesê het ons gaan deur na die eindrondte toe het ek gedink daai persoon praat nou lekker nonsens. Ek hoop ons doen ons beste om die wenpaal te haal. Dit sal wonderlik wees vir ons land, ten spyte van al die negatiewe aspekte waarmee ons daagliks te doen kry: droogtes, armoede, misdaad, korrupsie ens.

Die 31ste Oktober (wanneer hierdie weergawe verskyn) is dit Halloween-dag. Ons almal het al op televisie gesien hoe die Amerikaanse publiek hierdie feesviering terdeё geniet. Kinders trek aan soos fiktiewe karakters (Rooikappie & Han Solo) of monsters (mummies & vampiere) en loop dan van huis tot huis om lekkernyne te kry wat die huiseienaars uitdeel wat ook hul huise met ʼn Halloween-tema versier het.

Dit klink na vet pret, maar dit sal ongelukkig nie in ons land werk nie. Kinders kan nie in die aand die strate invaar nie. Jy kan nie sommer jou voordeur oopmaak om vir ʼn kind lekkers te gee nie. Net nou is dit diewe wat jou wil roof.

Ons praat weer.Totsiens mense en sterkte Bokke!

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: