Lekker by die dam

Goeiedag mense

Hoe gaan dit met julle? Ek hoop alles loop nog klopdisselboom daaraan julle kant?

Is julle beursies reg vir die “Black Friday”-uitverkoping Vrydag? Weet julle al wat julle ingedagte het? Daar is self ʼn paar winskopies waarop ek my geld wil spandeer.

Soos meeste van julle weet lees ek baie. Nou die dag kom ek af op ʼn fiktiewe boek met die naam “Fear no Evil” geskryf deur Robert Burslem. Julle wonder seker wat het dit met die prys van eiers uit te waai?

Wel, klein dele van die verhaal speel in Ladysmith en die omliggende gebied af. Selfs die Royal Hotel word genoem.

Ek sien die kersversierings word nou oral opgesit in die winkels. Ek begin self planne maak oor hoe ek my huis gaan versier. Ek het reeds vir my ʼn paar versierings oor die internet bestel.

My gunsteling-tye tydens Kersfees was as ons vir my ouma in Ladysmith gaan kuier het dan het ons in die aande gaan kyk hoe lyk die kersfeesliggies in Murchiston-straat en by die onderskeie huise.

Ek was Saterdag in Ladysmith gewees. Ek het bietjie hare gaan sny by die ‘barber’ en toe gaan eet ek ʼn lekker ‘brekvis’ by die Wimpy. Daarna is ek na The Square toe. Ek moet sê ek het lekker met my rolstoel binne-in Mica en Checkers rondgery. Ek is dankbaar die hele plek is rolstoel-vriendelik.

Ander plekke wat ek al in die dorp suksesvol verken het met my nuwe wiele was Standard Bank en De Francas Spar. Ek sien uit om nog plekke in Ladysmith te besoek.

Sondag was ek Spioenkopdam toe om bietjie boot te ry. Ek het my elektriese-rolstoel saamgevat en weereens is aan my bewys my rolstoel is so waar as vet net so goed soos ʼn 4×4-Nissan X-Trail. Die rolstoel kon oor die hele perseёl daar by die bootklub rondry. Niemand hoef my êrens heen te gestoot het nie.

Die son was warm, maar ek het my spierwit stetson-hoed op my kop gedra en myself met sonskerm laat smeer. As ek nie ʼn geselsie met iemand by die dam aangeknoop het nie, het ek boot gery.

Toe ek opklim het die senuwees bietjie geknaag, maar soos die boot oor die water beweeg het, het ek ontspan. Gelukkig het ek familie en vriende byderhand gehad ingeval die boot sou maak soos die Titanic.

Ons het verby die damwal gery.

Daarna is ons na die ou Houseboat toe. ʼn Hele paar jaar terug het ʼn paar ooms wat hier in die kontrei bly self hierdie Houseboat gebou. Eens op ʼn tyd was dit ʼn spoggerige boot met ʼn kroeg en ʼn stel trappe wat jou opvat na die tweede vloer toe waar mense kon sosialiseer. Die liedjie Proud Mary het dadelik by my opgekom toe ek die Houseboat sien.

Nou is dit besig om uitmekaar te val.

Dit is al van my kant af.

Lekker dag verder.

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: