Hallo julle
Ek hoop julle geniet jul laaste somersmaand voor die hartlike herfs ons tref. Ek hoop ook julle almal kry ʼn griepinspuiting teen die verskuwelike verkoues.
Is julle reg om ʼn paar dinge te leer wat julle nie geweet het nie?
- Hoe oud is die oudste mango-boom wat nog vrug dra?
Dit is 300 jaar oud
- Wie is die eerste person wat om die wêreld gereis het?
Ferdinand Magellen
- Wie het die eerste kanoe vervaardig?
Inwoners van Noord Europa. Die oudste kanoe is in die huideglike Nederland gevind. Dit is enige tyd tussen 8040 en 7510 VC vervaardig.
- Wie het die eerste sirkus begin?
Philip Astley
- Wie was die eerste dokter wat kanker gediagnoseer het?
Percivall Pott in 1775
- Wie het die eerste duikboot ontwerp?
Cornelis Drebbel
- Wat is ‘Gauss se Wet?’
ʼn Wiskundige-en fisikale formula
- Wat is die datum vir wanneer die Tweede Wêreldoorlog begin het?
1 September 1939
- Wanneer het die eerste helikopter in die wêreld gevlieg?
14 September 1939
- Watter land het die wêreld se langste volkslied?
Uruguay
- Watse land het meer Skotse doedelsak-spelers as Skotland?
Nieu-Seeland
- Hoekom is die Matmata-area in Tunisiё so bekend?
Die mense bly in ondergrondse huise
- Van watter stad in Amerika sing Alan Jackson, Tony Christie en George Straight?
Amarillo
- Wie was die eerste strokiesprent-karakter?
Superman
- Wie is die ‘Baseball Cincinnati Red Stockings’?
Die eerste span wat betaal is om sport te speel
- Waar het die wind al die vinnigste gewaai?
Mount Washington, New Hampshire (ongeveer 372km/pu)
- Die oudste beer in die wêreld?
ʼn Onbekende beer met die naam No.56 is ongeveer 40 jaar
- Die kleinste eiland met ʼn gebou op aarde?
Bishop’s Rock
- Hoe hoog was die grootste hond in die wêreld?
1.11 m
- Wat is die skaarste alcohol wat mens kry?
1796 Napoleon konjak
Ek hoop julle het iets geleer. Ons is binnekort weer terug met nog feite.
Vaarwel.