Dagsê julle
Allemapstieks, hiers ons weer aan die beurt. Welkom. Ek hoop julle geniet dit en leer ietsie by hierdie plasing.
Hierdie keer gaan ek feite noem oor ons land wat mense nie sal weet nie.
Ek weet daar sal sommige feite wees wat van julle reeds van bewus is. Onthou, dalk is daar iets anders wat jule nie geweet het nie.
Sal ons begin? Hier gaan ons!
- Wat het by Valindaba gebeur?
Die Apartheidsregering het beplan om kernwapens daar te vervaardig.
- Wanneer het ons vir die eerste keer bofbal gespeel?
1935 (Transvaal teen Natal)
- Watse beesspesie kom die meeste in SA voor?
Bonsmara
- In watter Hollywood-fliek praat Val Kilmer met ʼn SA aksent?
The Saint
- Wanneer is elektrisiteit vir die eerste keer in SA gebruik?
25 April 1860
- Watter boek wat deur ʼn Suid-Afrikaner geskryf is, is wêreldbekend?
Long Walk to Freedom deur Nelson Mandela
- Watter Suid-Afrikaanse liedjie is die mees bekendste in die wêreld?
Don’t Go Lose It Baby-Hugh Masekela
- Wat is die oudste koerant in SA?
African Advertizer
- Wat is die oudste myn in SA?
Barberton-myn
- Wat is SA se hoogste gebou/toring?
Ponte City-woonstelblok
- Kleinste dorp in SA?
Mandeni
- Grootste Dam in SA?
Gariep Dam
- Hoeveel vloot-basisse het SA?
2
- Wat is ʼn ander naam vir ‘Southern Cone Marigold’?
Kakiebos
- Wat is ʼn Drakensberg-rotsspringer?
ʼn Voёl-spesie
- Waar Spook dit volgens legende baie?
Jan Smuts se ou huis in Irene, Pretoria
- Die grootse grotte in SA?
Kango-grotte
- Wie was die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn goue medalje vir ʼn Olimpiese item gewen het?
Reggie Walker (100m)
- Wat is SA se grootste uitvoer-produk?
Platinum
- Eerste treinroete in SA?
Tussen Durban en die hawe wat skaars 2km lank was.
Ek hoop julle het iets geleer en dat julle hiervan sal onthou.
Vertel vir almal. Totsiens