OOM Ratel

Goeiedag my mede-aardbewoners.

Julle ken my dalk nie. Noem my sommer OOM RATEL. Ek is maar een van julle wat hier in hierdie Piesangrepubliek van ons bly. Ek is dalk die man op straat (met die masker aan) of die plaaslike predikant wat op YouTube oor die onheil preek.

Ek sit nou by die Watergat, die plaaslike kroeg en restaurant en eet ʼn smaaklike Magrietjie-pizza met ekstra olywe. Ja, hierdie oom hou van die fyner dinge in die lewe. Hierdie oom kan nou net nie sy gewone glasie Oudemeester in sy mond laat rondspoel nie, want dit word verbied.

Ek sal nou moet tevrede wees met my dubbel espresso.

Ek is so bly die die eetplekke kon weer oopmaak. Padda wat die Watergat besit is ʼn ou pel van my. Al is daar nou so baie vereistes waaraan hulle moet voldoen, kan hulle darm ʼn paar rand in die sak bykry en die personeel kan betaal word.

Ek kry vir ou Maansie en vir Tjol nogal jammer. Hulle is die Watergat se eie weergawes van ‘Norm en Cliff’. Jong kinders van vandag ken mos nie vir Cheers nie. Dit was nou ʼn lekker show.

Toe hulle sien die plek is oop, het Maan sy skoonma net so in die kar gelos en Tjol sy vrou by die tandarts en hulle het hulself gehaas na die kroeg vir ʼn bier of ses. Groot was hulle hartseer toe hulle hoor drank mag nie bedien word nie.

Hulle kon wel drank koop en by die huis gaan drink, maar Tjol kan nie, wan sy skoonpa wat by hul huis is op die waterkar en Maansie se skoonma is Dominee se suster.

Ou Tjol het amper begin te huil, want hy vra “Eers sigarette, nou drank, wat volgende?” Albei is nugter daar weg.

Dit was ʼn besige dag. Ek was by die hardewarewinkel om rotgif te koop. Die goed loop my plafon stukkend en die kat is pateties.Ek is sommer lus en gee haar aan by die SPCA. Toe het ek ʼn draai gaan maak by die koӧperasie waar ek die manne van OuToring raakgeloop en bietjie gesels het oor die oes wat van die lande afgehaal is en die korona wat die veilings so bietjie bemoeilik.

Daarna is ek na Bokkie se slaghuis toe. Ek was lus vir skaapstertjies. Ek het bestel en daarna is ek na my prokereur oor my komende hofsaak. Ons sal ander keer daaroor praat.

Buite die apteek loop ek vir tannie Pou raak. Sy vertaal my haar jongste, Boetjan wil nie meer saam met sy broers (daar is vyf van hulle) boer nie. Hy gaan nou Nieu-Seeland toe verkas.

Hy gaan glo op ʼn melkplaas in die Suid-eiland werk. Hy is ook getroud met twee kinders. Intussen wag hy nou vir hierdie epidemie om soos die Spaanse griep te verdwyn.

Dit is een van die redes hoekom tannie Pou hartseer is. Sy is bang haar klein bloeisels gaan verengels daar in Kiwiland.

“Die kinders gaan nie meer hulle FAK-liedjies ken nie en ek sal nie meer met hulle in hul moedertaal kan praat nie,”

Ek probeer haar toe troos en sê, “Toemaar tannie, alles sal uitdraai soos dit moet.Geskiedenis herhaal homself mos.

Destyds na die Anglo Boere-oorlog het die boere moes padgegee na plekke soos Rhodesiё (Zimbabwe) waar hulle die dorp Enkeldoorn gestig het; Kenya toe waar hulle vir Eldoret gestig het. Party het noordwaards getrek na Suid-Wes en Angola en party het selfs hulself gaan vestig in Patogoniё in Argentiniё. Al was hulle ver van Suid-Afrika het hulle en hul nageslagte nog steeds Afrikaans gepraat of die tradisies gevolg.

Daar was selfs NG Kerke in Kenya en in Rhodesiё en die Afrikaanse Argentyne kan nog steeds Afrikaans praat en eet nog eets melkert 100 jaar na hul voorgeslagte daaraan gekom het.

Ons lewe in ʼn tydperk van uitnemende tegnologie en internet toegang. Die ‘expats’ oorsee het maklik toegang tot Afrikaanse musiek, boeke en Suid-Afrikaanse produkte soos Simba Chips en Mrs.Balls Chutney. Daar is groot groepe Suid-Afrikaners oorsee woonagtig en hul vorm daar hul eie ‘klieks’ wat alles saam doen soos braai en kuier en mekaar se eie ondersteuningsnetwerke vorm.

Die wêreld raak klein en danksy video-oproepe kan mens maklik kommunikeer, self in Afrikaans. Sê vir die oom tannie wil nie meer NAMPO of Hartenbos toe gaan nie, tannie wil daardie kant gaan kuier.”

Dit het die tannie bietjie gekalmeer en sy is met ʼn geruste hart daar weg. Van al die pratery het ek honger geword en nou is ek hier.

Lekker dag verder.

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: