Oom Ratel en die onderwys

Ja, julle mense. Hoe gaan dit vandag met julle? Wat maak julle? Ek hoop julle doen iets wat ek nie sal doen nie.

Ek sit nou hier op my stoep en suig aan ʼn lekker soet heuninkoek. Ou Blompot wat by die kwekery op die dorp werk het my laat weet daar is ʼn byenes wat by sy huis sy intrek geneem het.
Ou Blompot het geweet hierdie oom sê nooit nee vir twee dinge nie: ʼn glasie Jose Cuervo tequila envars heuning nie.

Dit was ook nie hierdie oom se eerste keer wat hy bye uithaal nie. Toe ek daarkom het ek eers vuur gemaak om die bye uit te rook. Die eerste keer toe ek vir my heuning by die bye wou ‘leen’ was daarop die plaas waar oupa geboer het.

Ek het die fout gemaak om heel eerste my hande in te steek en die bye was nie juis beïndruk met my vindingrykheid nie. Toe daardie eerste tien my steek toe weet ek boeta, hier moet ek pakgee.
Met die spoed van Usian Bolt het hierdie oom vir die vale gehardloop. Dit het nie veel gehelp nie, want nes die slaapgogga vir Rip van winkel gevolg het, volg hulle my. Ek hoor die zoem-geluide wat al hoe nader kom.

Ek kom toe by die rivier aan en ek duik in soos ʼn Olimpiese duiker en hoe my kop onder die water totdat dit voel asof ek gaan ‘uitpass’. Toe ek my kop bokant die water lig sien ek hulle is weg. Daardie aand moes ouma salf op my steekplekke smeer.

Ou Blompot sê sy kinders is nou keelvol vir die skoolganery by die huis. Hulle wil terug gaan skoolsoos hul ousus. Die oudste is in matriek en hy reken daar is nie ʼn katse kans dat hulle matriek voordie einde van die jaar gaan skryf nie. Die jaar was te ontwrigtend. Ja, ek is geneig om met hom saam te stem.

Veral die matrieks moet hulle laaste skooljaar kan koester. Oom Ratel se matriekjaar was nie sleg nie. Prefek, koshuisonderhoofseun, lid van eerste-rugbyspan en nog ʼn rits ander hoogtepunte om op te noem.

Blompot reken sy vrou wat vanaf die huis as ʼn boekhouer werk moet heeltyd help met skoolwerk en haar geduld en weerstand is op. Blompot sê ‘home-schooling’ is nie so maklik soos almal gedink het nie. Hy het nou baie meer respek vir onderwysers.
Ja, die meeste grade gaan nou eers oor 4 weke weer skool toe. Oom Ratel sal egter nie verbaas wees as hulle (die kabinet) dit ook uitstel nie. Die virus gaan daardie tyd nog nie lê nie.

Kyk na al daardie lande in Europa wat die streng maatreёls verslap het en kyk hoe vinngig begin die virus weer optel.

Hierdie oom dink ons moet volgende jaar (2021) van voor af begin. Hopelik is daar daardie tyd ʼn teken van ʼn ‘vaccine’. Almal het ʼn opinie. Daar is nie regtig ʼn regte keuse nie, maar op die oudeinde vat ons die veiliger keuse vir die kinders en die onderwysers.
Dit sou in elkgeval te ontwrigtend wees as skole moet toemaak vir ʼn week dat die skool ontsmet kan word.
Julle moet ʼn lekker dag verder hê, stroopsoet soos hierdie heuning.

Published by Tief

Ek blog oor dinge wat vir my interessant is en wat my aandag trek...

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: