Hello mense daar buite Ek hoop jule is nog blakend gesond en on the go. As julle nie is nie, gaan sien ʼn dokter. Varkgriep doen sy rondtes. Welkom by my tweede plasing van Vreemde dinge wat jy nie geweet het nie. Ek hoop regtig jy kan ʼn paar dinge saam met ons wysraak. KykContinue reading “Vreemde dinge wat jy nie geweet het nie: Deel 2”
Author Archives: Tief
Week se dinge
Hello mense Hoe gaan dit daar in julle geweste? Is julle bestand teen die koue? Daar is baie dinge wat ek wil sê, maar dis net die tyd wat min is en die konsentrasie van die lesers wat nie altyd lekker werk nie. Pragtige rugby wat die Springbokke die afgelope twee naweke teen die AussiesContinue reading “Week se dinge”
Ek is dankbaar… My 67-minute plan vir Mandela-dag
Goeiedag liewe mense Vandag is die 18de Julie. Mandela-dag. Nie net is dit ons oud President se verjaarsdag nie, maar op hierdie dag vier ons Nelson Mandela en die 67-jaar wat hy geveg het vir Vryheid. Ek het besluit om die 67-minute veldtog aan te pak waarin SA en die buiteland se mense aangemoedig wordContinue reading “Ek is dankbaar… My 67-minute plan vir Mandela-dag”
Tief aan die Woord
Hello mense Hoe klop dinge in julle geweste? Oorleef julle darem die winter? Is dit ek of het ons nog nie intense koue vanjaar gehad nie? Aardverwarming is duidelik nie ʼn mite wat China uitgedink het nie, soos oom Donald sou sê. Voor ek begin met my relaas, wil ek net aan James Small seContinue reading “Tief aan die Woord”
Laeveld-blues
Hello my liewe leser Ek hoop dinge gaan wel daar in jou deel van die wêreld? Ek is vreeslik jammer ek het lanklaas geblog. Ek was bietjie in die Laeveld gewees. Daar by oom Paul se dierepark. Of soos jy hom ken, die Krugerwildtuin. As ek geblog het, waaroor moes ek skryf? Die Proteas watContinue reading “Laeveld-blues”
Spelers van SA keer wel terug…
Hello mense Vandag gaan ek bietjie oor die rugby praat. Ons almal weet ons verloor so baie spelers aan oorsese klubs. Die geld wat oorsee verdien word is net ʼn te sterk lokaas vir baie spelers. ʼn Professionele rugby-loopbaan hou nie lank nie. Terwyl dit pap reën moet spelers dit skep. Spelers moet geld gaanContinue reading “Spelers van SA keer wel terug…”
NAMPO
Goeiedag mense Ek hoop dinge loop nog voor die wind? Al stel die Proteas ons so teleur. So ʼn paar weke gelede, hier om en by die 14de Mei was ek vir ʼn paar dae so ʼn bietjie in die Vrystaat gewees. Nee, ek was nie daar om by ʼn nooi te gaan vry nieContinue reading “NAMPO”
Blyplek
Hello my liewe lesers Ek hoop dinge gaan nog wel? Kan julle glo ons trek al by Junie-maand? Die jaar is al amper halfpad verby. Die Comrades-maraton is op hande en die boere is besig om te stroop. Ek hoop albei gevalle sal ʼn suksesvolle einde hê. Ek gaan vandag vir julle vier kort resensiesContinue reading “Blyplek”
Vreemde dinge wat jy nie geweet het nie: Deel 1
Hello mense Hoe behandel die lewe julle? Behalwe die einde van Game of Thrones loop dinge nog klopdisselblom aan hierdie kant. Ek was nou die dag by ʼn vasvra-aand op die buurdorp en ek het besef ʼn mens is nogal geneig om te reken jy weet alles. Dan besef jy eintlik hoe min jy vanContinue reading “Vreemde dinge wat jy nie geweet het nie: Deel 1”
Reisiger
Hello my liewe lesers Ek hoop dinge gaan nog goed? Baie dinge het gebeur sedert ons laas behoorlik gesels het. The Big Bang Theory en Game of Thrones het pas hul laaste episodes uitgesaai, die verkiesing en Nampo is verby en die ‘Cricket World Cup’ is op hande. Julle wat my blog volg weet ekContinue reading “Reisiger”