Kasman is op die ‘Spoor’

Awe mense Hoe gaan dit met almal? Is julle nog gelukkig? Wat dink julle van die begrotingstoespraak en die krieket? Al die politieke bakleiery. Dit maak my siek, man. Aan al die Stormer-ondersteuners wil ek maar net geluk sê. Julle het nooit opgehou veg nie. Knap gedaan. Jammer aan die spanne van Gauteng. Ek gaan nie eens van die Kings en die Vrystaat praat nie, … Continue reading Kasman is op die ‘Spoor’

Boeke bring die wêreld na jou toe

Hello aardsbewoners Ek hoop dinge gaan goed? Ek hoop julle is reg vir die Superrugby wat die naweek begin? Of dat Eskom julle nie onder kry nie? Valentynsdag is op hande en ek hoop ter harte julle word met liefde omvou. My onderwerp: Boeke (fiksie, natuurlik) Een van die groot aantrekingskragte (vir my) van fiksie-boeke is dat jy soveel daar kan leer. Behalwe nou wetenskaplike-fiksie … Continue reading Boeke bring die wêreld na jou toe

‘Cowboys’ kry ook boeke

Ons almal ken mos die woord Cowboys! Daardie manne van die Wilde Weste met die breërandhoede wat Crooks en Indiane laat les opsê het. Daai manne wat pal in die Saloons gaan kuier het en op die ranches met beeste geboer het. Daai manne met die dodelike skote en wat nou nog rhinestone-stewels dra. Nou die dag kyk ek na drie van Clint Eastwood se … Continue reading ‘Cowboys’ kry ook boeke

Skatte en die strand

(Branders breek. Seemeeue vlieg. Mense swem.Die reuk van varsgebakte skyfies. Ek sit onder my sambreel en kyk voor my uit.) Goeiedag aan al my getroue lesers. Ek hoop dinge gaan goed. Ek hoop die ligte is nog aan en die petrolprys gaan binnekort sak. Dis Desember. Die tyd wanneer meeste van ons ʼn ou blaaskans vat. Party gaan op die strand lê, party gaan reis, … Continue reading Skatte en die strand

James Patterson is die baas van die Boek-plaas

Dagsê mense. Ek hoop alles is wel. Ek het julle in ʼn vorige post belowe ek gaan die kinders aan die lees kry. Ek het julle ʼn lys name van skrywers en reekse gegee om na te kyk. Hopelik is iemand geholpe. Vandag gaan ek die ouer mense help. Tieners en volwasenes, ek gaan julle voorstel aan my gunsteling skrywer van alle tye. Skrywer: James … Continue reading James Patterson is die baas van die Boek-plaas

Clive Cussler is ʼn meester van Avontuur

Hou jy van avontuur-verhale? Boeke vol versteekte skatte, verlore beskawings, klassieke karre, ou vliegtuie, duikbote met fantastiese tegnologie. Booswigte met donker fanatiese planne om die werêld te verander vir eie gewin? Soek jy ʼn boek met drie-dimensionele karakters wat jou reg oor die aardbol neem om ‘mysteries’ op te klaar of met ʼn slymerige boef af te reken? Dan stel ek waar jy lees ʼn … Continue reading Clive Cussler is ʼn meester van Avontuur