Dinge wat jy nie geweet het nie: Deel 6

Dagsê julle

Allemapstieks, hiers ons weer aan die beurt. Welkom. Ek hoop julle geniet dit en leer ietsie by hierdie plasing.

Hierdie keer gaan ek feite noem oor ons land wat mense nie sal weet nie.

Ek weet daar sal sommige feite wees wat van julle reeds van bewus is. Onthou, dalk is daar iets anders wat jule nie geweet het nie.

Sal ons begin? Hier gaan ons!

  1. Wat het by Valindaba gebeur?

Die Apartheidsregering het beplan om kernwapens daar te vervaardig.

  1. Wanneer het ons vir die eerste keer bofbal gespeel?

1935 (Transvaal teen Natal)

  1. Watse beesspesie kom die meeste in SA voor?

Bonsmara

  1. In watter Hollywood-fliek praat Val Kilmer met ʼn SA aksent?

The Saint

  1. Wanneer is elektrisiteit vir die eerste keer in SA gebruik?

25 April 1860

  1. Watter boek wat deur ʼn Suid-Afrikaner geskryf is, is wêreldbekend?

Long Walk to Freedom deur Nelson Mandela

  1. Watter Suid-Afrikaanse liedjie is die mees bekendste in die wêreld?

Don’t Go Lose It Baby-Hugh Masekela

  1. Wat is die oudste koerant in SA?

African Advertizer

  1. Wat is die oudste myn in SA?

Barberton-myn

  1. Wat is SA se hoogste gebou/toring?

Ponte City-woonstelblok

  1. Kleinste dorp in SA?

Mandeni

  1. Grootste Dam in SA?

Gariep Dam

  1. Hoeveel vloot-basisse het SA?

2

  1. Wat is ʼn ander naam vir ‘Southern Cone Marigold’?

Kakiebos

  1. Wat is ʼn Drakensberg-rotsspringer?

ʼn Voёl-spesie

  1. Waar Spook dit volgens legende baie?

Jan Smuts se ou huis in Irene, Pretoria

  1. Die grootse grotte in SA?

Kango-grotte

  1. Wie was die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn goue medalje vir ʼn Olimpiese item gewen het?

Reggie Walker (100m)

  1. Wat is SA se grootste uitvoer-produk?

Platinum

  1. Eerste treinroete in SA?

Tussen Durban en die hawe wat skaars 2km lank was.

Ek hoop julle het iets geleer en dat julle hiervan sal onthou.

Vertel vir almal. Totsiens

Dinge wat jy nie geweet het nie: Deel 5

Hallo julle

Ek hoop julle geniet jul laaste somersmaand voor die hartlike herfs ons tref. Ek hoop ook julle almal kry ʼn griepinspuiting teen die verskuwelike verkoues.

Is julle reg om ʼn paar dinge te leer wat julle nie geweet het nie?

  1. Hoe oud is die oudste mango-boom wat nog vrug dra?

Dit is 300 jaar oud

  1. Wie is die eerste person wat om die wêreld gereis het?

Ferdinand Magellen

  1. Wie het die eerste kanoe vervaardig?

Inwoners van Noord Europa. Die oudste kanoe is in die huideglike Nederland gevind. Dit is enige tyd tussen 8040 en 7510 VC vervaardig.

  1. Wie het die eerste sirkus begin?

Philip Astley

  1. Wie was die eerste dokter wat kanker gediagnoseer het?

Percivall Pott in 1775

  1. Wie het die eerste duikboot ontwerp?

Cornelis Drebbel

  1. Wat is ‘Gauss se Wet?’

ʼn Wiskundige-en fisikale formula

  1. Wat is die datum vir wanneer die Tweede Wêreldoorlog begin het?

1 September 1939

  1. Wanneer het die eerste helikopter in die wêreld gevlieg?

14 September 1939

  1. Watter land het die wêreld se langste volkslied?

Uruguay

  1. Watse land het meer Skotse doedelsak-spelers as Skotland?

Nieu-Seeland

  1. Hoekom is die Matmata-area in Tunisiё so bekend?

Die mense bly in ondergrondse huise

  1. Van watter stad in Amerika sing Alan Jackson, Tony Christie en George Straight?

Amarillo

  1. Wie was die eerste strokiesprent-karakter?

Superman

  1. Wie is die ‘Baseball Cincinnati Red Stockings’?

Die eerste span wat betaal is om sport te speel

  1. Waar het die wind al die vinnigste gewaai?

Mount Washington, New Hampshire (ongeveer 372km/pu)

  1. Die oudste beer in die wêreld?

ʼn Onbekende beer met die naam No.56 is ongeveer 40 jaar

  1. Die kleinste eiland met ʼn gebou op aarde?

Bishop’s Rock

  1. Hoe hoog was die grootste hond in die wêreld?

1.11 m

  1. Wat is die skaarste alcohol wat mens kry?

1796 Napoleon konjak

Ek hoop julle het iets geleer. Ons is binnekort weer terug met nog feite.

Vaarwel.

Nambithi Wildreservaat

Ek is seker baie mense het al van Ladysmith gehoor. Dit kan oor geskiedkundige gebeure wees soos die Beleg van Ladysmith. Dit kan wees omdat die wêreldbekende musiekgroep Ladysmith Black Mambazo sy oorsprong in die dorp het.

Sportliefhebbers behoort te weet dis die geboorteplek van die 1995 Wêreldbeker Springbok-heelagter André Joubert. Ek dink egter almal wat by Van Reenens-pas afry oppad see toe weet van die dorpie.

Daar is egter ʼn versteekte juweel waarvan min mense weet: die Nambithi Private Wildreservaat.

Die Groot 5 was net duskant my ou skoolbanke

Die reservaat is 20 km (10km soos die kraai vlieg) van Ladysmith af oppad na Newcastle toe op die N11. Daar is ʼn afdraai pad waar jy ʼn paar kilo’s op ʼn grondpad moet ry.

Die reservaat is oor die 10 000 hektaar. Daar is baie wildspesies (insluitende die Groot 5 en jagluiperds). Daar is 10 lodges (een is vir timeshare-houers) en hulle is almal oor die hele reservaat versprei wat deur die plaaslike gemeenskap besit word.

Ek en my pa het besluit om vir een naweek te gaan kyk hoe lyk dinge daar. Ons het plek bespreek by die Springbok Lodge en toe ek die bespreking behartig het was hulle baie toegemoedkomend met my rolstoel en ander behoeftes.

Terloops, volgens berigte was die vorige eienaars van die Lodge ʼn paar bekende Springbokke.

Dag 1

Ons kon van een-uur af by die suidelike-hek in gaan (die reservaat het twee). Na ons deurgelaat is het ons 500meter verder gery na ʼn parkeerarea toe. Daar kom laai die gidse die gaste jou op met hul wildbesigtigings-voertuie en neem jou na jou plek van akkommadasie.

Ons gids, Brent Scott het ons kom haal, maar siende dat my rolstoel nie soos gewone rolstoele maklik kan opvou nie, volg ons hom met Sally (ons Volkswagen kombi) Springbok Lodge toe. Dit was nie ver nie.

Toe ons daar aankom is ons vriendelik gegroet met ietsie om te drink en ʼn nat waslap om die Afrika-stof af te was.

Die lodge was rolstoel-vriendelik en ek kon alles gaan verken. Daar is ʼn winkeltjie om in rond te snuffel, ʼn kroeg om jou dors te les, ʼn ruim eetkamer, ʼn gerieflike sitkamer met banke en sagte kussings, ʼn stoep met ʼn uitsig op die swembad,ʼn mensgemaakte rotspoel en die boma om in die aande by die vuur te sit en “Manne dis ʼn voorreg” te sing.

Al die gaste het weg van die hoof-lodge in luukse tente wat op hout-stellasies staan gebly. Myne was nie ʼn uitsondering nie. By my tent was daar egter ʼn ramp waarop ek moes ry om by my tent in te kom.

Binne-in die tent was dit luuks. Twee beddens, ʼn groot, diep bad, baie pakplek, koffie- maak toerusting, krag en ʼn lugverkoeler. Buite die tent was daar ʼn buite-lug stort (moenie bekommerd wees nie, dis mooi bedek). Dan die beste van alles, gratis WiFi!

Na ons uitgepak het, het ons  ʼn heerlike middagete geёet (tensy anders vermeld is dit ʼn buffet-ete).

Half-vier het ons in die wildbesigtigings-voertuig geklim. Ek het heel voor by die gids gesit. Brent was af die middag so ʼn ou skoolmaat van my Bronwyn (ek was in Ladysmith op skool) wat toevallig ook daar werk het ons uitgevat.

Die rit was interessant. Bronwyn het ons baie vertel oor die plante, voёls en die diere. Ons het njalas, rooibokke, waterbokke en kameelperde gesien.

Ons was opsoek na die olifante. By hierdie plek praat die gidse met mekaar oor die radio. Die radio’s gaan so baie aan ek is seker party ooms gaan dink hulle is terug op die grens.

Die reservaat het verskillende ekosisteme. Grasveld, bosveld, berge ens.

Uiteindelik kry ons die flapoor-bende. Hulle was oppad om te gaan water drink by ʼn dam. Daar was so 10 van hulle. Ons het ʼn tydjie afgeknyp en hulle dopgehou.

Daarna het ons gaan Sundowners drink by ʼn ander dam. Gelukkig was daar geen seekoeie in sig nie. Na ons so bietjie tyd daar vertroef het, het ons gaan jagluiperds soek.

Dit het al begin donker word toe ons hulle kry. As dit nie vir die volmaan was nie het ek hulle nie gesien nie. Daar was twee van hulle. Hulle het ʼn halsband om hul nekke sodat hulle ʼn GPS-ligging kan deur gee.

Die reservaat het op ʼn stadium 15 jagluiperds gehad, maar hulle en die leeus het te veel baklei en anders as die Currie-beker finaal  het hulle verloor. Nou’s daar net vyf oor.

Daarna is ons terug Lodge toe vir aandete. Die kos was heerlik en die verskeidenheid groot.

Dag 2

Ons moes douvoordag opstaan vir die oggend-rit (06h00-09h00). Ek was maar taamlik aan die slaap toe ek voor by Brent inklim, maar gelukkig het die koue, vars lug my wakker gekry. Ons het in dieselfde area as die vorige dag gery.

Ons het weer die olifante en die jagluiperds gesien. Die keer het ons meer bok soorte onder oë gehad. Die beste van alles vir my was toe Brent stop by ʼn oopte vir ʼn bietjie koffie en koekies wat hy saam gebring het. Dit het sommer vorentoe gesmaak.

Na die oggendrit het ons ʼn heerlike ontbyt geeët. Kort daarna het klaasvakie geroep en ek het soos Rip van Winkel ʼn uiltjie gaan knip. Toe ek wakker word het ek op die stoep gaan sit met ʼn boek en ʼn drink dingetjie. Ek het heeltyd vir die bos gekyk, maar niks het sy opwagting gemaak nie.

Daar was middagete maar ek was te versadig om iets te  nuttig. Ons het weer drie-uur vir ʼn middagrit gegaan. Ons was ʼn bietjie vroeg, maar Brent het gesê ons het ʼn lang pad wat wag.

Springbok Lodge is in die suide van die reservaat. Ons het noord gegaan. Skaars 10km verder kom ons by ʼn oopte met hordes blesbokke, sebras, blouwildebeeste, swartwildebeeste, elande en hartebeeste. Vlakvarke hardloop ook daar rond,stert in die lug.

ʼn Entjie verder kry ons ʼn paar seekoeie wat in ʼn dam swem. Brent vat ons toe na waar die buffels gewoonlik voorkom. Ons kry hul mis in die pad en volg hul spoor. Ons gaan af by ʼn vallei en kry ʼn trop van 40 buffels wat in die gras lê en vreet.

Op ʼn rantjie sien ons ʼn renosterkoei en haar kalfie waar hulle wei. Die koei was ʼn bietjie onrustig. Sy het heeltyd om haar rond gekyk. Ek kon nie verstaan hoekom nie.

Toe gebeur dit! Skaars 50 meter regs van die voertuig kom daar ʼn leeu uit die bosse uit gestap. Toe nog een. Toe nog een. Een mannetjie en twee wyfies.

Ons ry in die rigting van die leeus. Hulle gaan lê weer onder ʼn boom. Na tien minute se wag staan die wyfies op en stap in die rigting van die renosters. Ek dag hier kom ʼn vangs, maar helaas…

Die wyfies is terug die bosse in en ons gaan maak toe weer ʼn sundowner: Die keer op ʼn koppie met ʼn pragtige uitsig oor die reservaat. Amper soos Pride Rock van The Lion King.

Ons kon tydens aandete kies vanaf ʼn spyskaart. Ek het salm roulade, vegetarian aubergine en sjokalade koek gevat. Heerlik!

Die diens hierso is puik. Niks is te veel moeite nie.

Dag 3

Ons is weer vroeg uit vir ʼn oggendrit. Dit was koelerig buite. Na die vorige dag se sights het ek nie veel verwag om te sien nie. Ek was verkeerd. Langs die pad kry ek weer al die bok-spesies van die vorige paar dae. Die jagluiperd wat langs die pad lệ en slaap het was ʼn bonus.

Die groot bederf was die swartrenoster wat ons langs die pad raakgeloop het. Ou Ronnie was nie in ʼn goeie bui nie. Hy was lus om ons te storm. Ek was ʼn bietjie senuweagtig gewees.

Vir ons koffie-breek het ons op die walle van die Sondags-rivier gaan uitspan. Piet Retief en sy trekkers het ook hier gestop. Dit was waar die rivier sy naam vandaan kry. Hier in die reservaat is baie historiese plekke van belang. Dit hou verband met o.a die Anglo-Boere oorlog.

Net toe ek vir oulaas na ontbyt op die dek staan en my oё laat gly oor die bosse kom daar ʼn trop olifante uitgestap. Asof hulle vir my kom groet.

Ek het ʼn besonderse lekker tyd gehad. Ek sien uit na my volgende besoek.

PS: Dankie vir die ‘public Domain’ vir die foto!

Lekker by die dam

Goeiedag mense

Hoe gaan dit met julle? Ek hoop alles loop nog klopdisselboom daaraan julle kant?

Is julle beursies reg vir die “Black Friday”-uitverkoping Vrydag? Weet julle al wat julle ingedagte het? Daar is self ʼn paar winskopies waarop ek my geld wil spandeer.

Soos meeste van julle weet lees ek baie. Nou die dag kom ek af op ʼn fiktiewe boek met die naam “Fear no Evil” geskryf deur Robert Burslem. Julle wonder seker wat het dit met die prys van eiers uit te waai?

Wel, klein dele van die verhaal speel in Ladysmith en die omliggende gebied af. Selfs die Royal Hotel word genoem.

Ek sien die kersversierings word nou oral opgesit in die winkels. Ek begin self planne maak oor hoe ek my huis gaan versier. Ek het reeds vir my ʼn paar versierings oor die internet bestel.

My gunsteling-tye tydens Kersfees was as ons vir my ouma in Ladysmith gaan kuier het dan het ons in die aande gaan kyk hoe lyk die kersfeesliggies in Murchiston-straat en by die onderskeie huise.

Ek was Saterdag in Ladysmith gewees. Ek het bietjie hare gaan sny by die ‘barber’ en toe gaan eet ek ʼn lekker ‘brekvis’ by die Wimpy. Daarna is ek na The Square toe. Ek moet sê ek het lekker met my rolstoel binne-in Mica en Checkers rondgery. Ek is dankbaar die hele plek is rolstoel-vriendelik.

Ander plekke wat ek al in die dorp suksesvol verken het met my nuwe wiele was Standard Bank en De Francas Spar. Ek sien uit om nog plekke in Ladysmith te besoek.

Sondag was ek Spioenkopdam toe om bietjie boot te ry. Ek het my elektriese-rolstoel saamgevat en weereens is aan my bewys my rolstoel is so waar as vet net so goed soos ʼn 4×4-Nissan X-Trail. Die rolstoel kon oor die hele perseёl daar by die bootklub rondry. Niemand hoef my êrens heen te gestoot het nie.

Die son was warm, maar ek het my spierwit stetson-hoed op my kop gedra en myself met sonskerm laat smeer. As ek nie ʼn geselsie met iemand by die dam aangeknoop het nie, het ek boot gery.

Toe ek opklim het die senuwees bietjie geknaag, maar soos die boot oor die water beweeg het, het ek ontspan. Gelukkig het ek familie en vriende byderhand gehad ingeval die boot sou maak soos die Titanic.

Ons het verby die damwal gery.

Daarna is ons na die ou Houseboat toe. ʼn Hele paar jaar terug het ʼn paar ooms wat hier in die kontrei bly self hierdie Houseboat gebou. Eens op ʼn tyd was dit ʼn spoggerige boot met ʼn kroeg en ʼn stel trappe wat jou opvat na die tweede vloer toe waar mense kon sosialiseer. Die liedjie Proud Mary het dadelik by my opgekom toe ek die Houseboat sien.

Nou is dit besig om uitmekaar te val.

Dit is al van my kant af.

Lekker dag verder.

Die drie-maand oue verwelkomingsbrief

Goeiedag Bokke of kom ons sê dit in Japanees “Kon’nichwa Bokke”

Voor ek met my gelukwensings vorendag kom wil ek eers net vir julle ʼn basiese verwelkoming gee. Ek het darem ʼn paar maniere (hopelik).

Hoe voel dit om terug in die land te wees na agt weke in The Land of the Rising Sun? Het julle die trippie geniet? Lekker getoer? Ek hoop party van julle was darem Disneyland toe. Vertel my hoe lyk Tokio en hoe proe Kobe-vleis!

Siende dat julle nou terug is, voel ek dis my plig om julle in te lig wat alles hier aan gegaan het toe julle weg was.

  • Eskom het weer met sy streke begin
  • Musi Maimane het uit die DA bedank en tannie Helen het haar ‘comeback’ gemaak
  • Die Zondo-komissie gaan nog aan
  • Die Vaalrivier is nie meer wat hy was nie
  • Die land sukkel met ʼn knellende droogte
  • Faf, Willie en oom Rassie het die land aan die praat gehad met hul vreemde besluite
  • Dit gaan rof in Pretoria-Noord
  • Daar is ʼn All Black-ondersteuner genaamd Johan vir wie almal haat

Nou is julle opgevang.

Manne, welkom terug in die land van biltong en Castle Lager. Ek hoop julle is bly om terug te wees. Ek weet party van julle verkas weer binnekort om ʼn oorsese kontrak op te neem of om vir die Barbarians te speel. Voorlopig, geniet die tyd wat voorlê. Ek hoor julle gaan op bietjie van ʼn roadshow.

Lyk my julle reis so met die N3 af Durban toe en dan met die kuslangs Moederstad toe. Ek verstaan die Rose- en Diamantstad is nie so te vinde daarvoor nie. O wel, mens kan nie alles kry wat jy wil hê nie.

Ek hoop julle sien as julle bietjie die land vol toer hoe baie hoop het julle terug gebring. Hierdie oorwinning het meer vir ons land beteken as in ’95.

Hierdie oorwinning het my die volgende laat besef:

  • Julle het gewys transformasie in rugby werk (maak nie saak wat die doemprofete daaroor te sê het nie)
  • Dit maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom kom nie, almal is vir sukses beskore
  • Julle het gewys dat oorsese Bokke baie waarde bring en dat hulle altyd toegelaat word om gekies te word, maak nie saak waar hulle gebaseer is nie
  • Julle het gewys al wen jy die Rugbykampioenskap of jy verloor een groepwedstryd jy nog steeds kan die wêreldbeker
  • Jy hoef nie na ʼn bekende rugbyskool soos Grey Kollege of Paul Roos Gimnasium toe gaan om ʼn suksesvolle Springbok te wees nie: Lukhanyo Am (De Vos Malan); Makazole Mapimpi (Jim Mvabasa Secondary); Franco Mostert (Hoёrskool Brits).
  • Die skop-taktiek werk
  • Ons is een van die grootste en mees passievolste rugbynasies op aarde
  • Julle het vir ons, julle mede-landsburgers gewys as ons net ons geskille kantlyn toe skop en saam kan werk ons ʼn uiters verenigde nasie gaan wees.

Daar het ook uitsonderlike dinge gebeur in Japan

  • Frans Steyn wat sy tweede wêreldbeker-wennersmedalje
  • Faf, die prins en sy unieke onderbroek
  • Thomas du Toit en Damian Willemse was oorspronklik nooit gekies nie, maar a.g.v beserings is hulle opgeroep
  • Siya Kolisi se pa wat vir die eerste keer oorsee reis en dit nog vir ʼn finaal waar sy seun die eerste kaptein van kleur is wat die beker verower
  • Japan klop vir Ierland en Skotland en kwalifiseer vir die kwart-eindstryd
  • Urugauy wat vir Fidji klop en Engeland wat vir die All Blacks uitskakel in die een semi-finaal
  • Schalk Brits wat vir die baljoggie buig
  • Hoe respekvol ons behandel is en hoe ons geondersteund was
  • Rassie Erasmus het binne 18 maande ons vanaf ʼnspan 0 tot ʼn span 1 000 gemaak
  • Pieter-Steph du Toit wat benoem is as Speler van die Jaar en Rassie die Afrigter van die Jaar
  • Die tifoon, Hagibis wat sy opwagting gemaak het en groot skade aangerig is. Party wedstryde moes afgelas word
  • Rugby se gewildheid in die Ooste het gegroei
  • Die wêreld leer ken van Japan
  • Tendai “Beast” Mtawaira en Francois Louis wat jul loopbaan op ʼn hoogtepunt afsluit
  • Spelers wat vir klein unies begin speel het wen die Web Ellis-trofee: Willie le Roux (Boland & Griekwas); Vincent Kock (Pumas); Faf de Klerk (Pumas); Lukhanyo Am (Valke & Grens); Makazole Mapimpi (Grens)

Daar is seker baie ander punte wat ek kan noem, maar dit gaan tyd vat.

Dankie vir die oorwinning. Dankie dat julle elke wedstryd bly veg het. Dankie dat julle sterk gestaan het in die moeilike tye. Dankie dat julle ons iets gee om oor te glimlag. Dankie dat ons trots is op ons land. Dankie dat julle gehelp het met die unifikasie en versoening.

Julle is uitnemende ambassadeurs vir Suid-Afrika en julle het vir die wêreld vertel wie ons is. Dankie vir die ‘memories’.

Sayonora (Tot siens)

Die Jakaranda-lewe

Hello almal

Hoe gaan dit met julle?

Welkom in die maand van Februarie. Manne, Valentynsdag is om die draai. Julle gaan moet begin plan maak. Ek hoop julle kan darem aan iets beter as blomme en tjoklits dink. U anderhelfdes moet hierdie dag vir altyd onthou.

Nie vir die verkeerde redes soos Oscar nie.

Dankie tog Superrugby het weer begin. Ons (ek) is maar taamlik verlore daarsonder. Ek hoop ook die studente-rugby in vanjaar se Varsity Cup is van die boonste gehaltes. Die Sesnasies beter ook te vinde wees vir aanskoulike rugby.

Mag die Proteas ook asseblief hul kolfsokkies optrek. Ons kan nie nog ʼn reeksloesing vat nie. Dit lyk of hul sterk gaan staan, siende dat hulle die eerste eendagwedstryd gewen het.

Liverpool se sokkerspan raak nou lekker rammetjie-uitnek. Wag maar, oor ʼn seisoen of wat is Man U weer op sy beste.

Wat dink julle van prins Harry en sy vrou Megan Markle wat wegbreek uit die koninklikke lewe in Brittanje vir ʼn stiller lewe in Kanada? Dit is hulle reg, maar wie gaan vir hul ‘around-the-clock’ veiligheidskostes betaal? Hulle sal altyd ʼn teiken vir ekstrimiste bly.

Daar vind Brexit wragtig plaas en oom Donald kom lag-lag uit die moeilikheid.

Wat dink julle van al hierdie wit skoenlappers wat hier rond vlieg? Het dit iets met klimaatsverandering te doen?

Wat dink julle van hierdie coronavirius wat almal aan die praat het? Moet ons bekommerd wees? Lyk my as jy ʼn jaar met die getal 20 in het, het jy moeilikheid. In 1920 het die Spaansegriep moes uitgebreek!

Laasmaand was ek bietjie in Pretoria gewees. Ek het saam gegaan om my sus reg te kry vir die studentelewe.

Ons moes haar woonstel uitpak en inrig en alles regkry om haar op haar nuwe avontuur te stuur. Ek het vir ʼn paar nagte op die bank geslaap. Nou weet ek hoe voel getroude mans as hulle in die ‘dogbox’ is en op die bank moet gaan slaap.

Mens kon sien daar bly studente in die omtrek, want wie anders sou hul musiek kliphard speel.

Tuks (Universiteit van Pretoria) het verskeie kampusse. Ek het hulle gaan verken met my nuwerolstoel. Ek was so bietjie skrikkerig gewees, ek is mos ʼn oud-Kovsie wat vir die Shimlas skree.

Pretoria is ʼn stad aan die ontwikkel. Hoe dan so as die land se ekonomie in die toilet is?

Besighede en kantoorblokke pop op soos paddastoele. Die winkelsentrums en eetplekke is tjok-en-blok vol. Die verkeer kan nogal mens se geduld toets.

Gepraat van eetplekke: Ek was een aand by ʼn plek met die naam Mustang Sally’s. Dis ʼn eetplek in Hatfield. As jy instap dan dink jy, jy is in een van daardie Amerikaanse ‘diners’ wat hulle altyd op tv wys.

Die tema is Amerika en die mure is propvol plakkate van o.a Elvis en Marrilyn Monroe.

Die plek maak monstergroot-hamburgers met verkillende name soos James Dean of John F. Kennedy. Daar is ook ander opsies soos ‘corndogs’ of ‘macaroni-puffs’.

Hul melskommels word uniek versier. Die“Candy-floss”-opsie is ʼn melkskommel met ʼn hoop spookasem bo-op. Die skemerkelkies word bedien in glase groter as visbakke waarin jy goudvisse aanhou. Die atmosfeer is gesellig en die agtergrondmusiek pas by die plek. Treffers van The Eagles en Frank Sinatra was onder diegene wat gespeel is.

Die porsies was verskriklik groot, maar ons het nie ʼn plaas se prys daarvoor betaal nie.

Menlyn het ook verander in die 10 jaar sedert ek laas daar was. Die hele kompleks is groter, die gange is wyer en is self na strate in New York vernoem sodat kopers nie verdwaal nie(ek het in elkgeval verdwaal).

Hoe David Livingstone en sy tjommies koers gehou het in die ou dae weet ek nie.

Ek het lekker by Cappuccino’s, ʼn Italiaanse restaurant geeёt. Hul pizzas is baie lekker. Probeer ook vir Parrots. Hulle is al daar van die begin af. Kies gerus die pannekoek met spinasie en feta. Pasop vir die mak pappegaai wat hulle daar aanhou, hy sal jou vinger sommer speel-speel byt.

Om te fliek, kyk gerus die nuwe “Jumanji”-film. Ek is mal oor hierdie filmteaters daar by Menlyn. Dit gebeur min dat ek met my rolstoel tot heelvoor by die skerm kan ry. Die nuwe “Bad Boys”-fliek is ook nie te sleg nie.

Het julle al van WeBuyCars gehoor. Hulle is ʼn maatskappy wat enige kar direk by jou koop en dan weer verkoop aan iemand anders. Hulle het so groot skuur (lyk amper soos ʼn ou Makro) waar al die karre te koop uitgestal word. Ek het self ʼn klompie karavane gesien.

Ek het gaan kyk na karre daar. Was nie eintlik te vinde vir enige een nie. Daar was geen goeie waarborge op die karre nie.

Ek het ook historiese plekke besoek soos die Uniegebou. Daar waar die politieke septer geswaai word. Dit is ʼn baie impossante gebou. Dit was vir my ʼn eer om te aanskou.

By die ingang van die Unie-gebou was daar ʼn tentekamp met verteenwoordigers van die Khoisan wat van plan is om daar te ‘woon’ tot aan hul vereistes voldoen word. Hulle wag glo meer as ʼn jaar vir ʼn antwoord.

ʼn Paar jaar terug is ʼn standbeeld van Nelson Mandela daar by die Unie-gebou opgesit. Op tv lyk dit groter as wat dit is.

Die beeldhouers het toe hulle hom destyds gemaak het ʼn klein haas in sy oor geplaas sodat hul werk geïdentifiseer kon word. Intussen is dit darem afgehaal.

Die hele terein is nie rolstoel-vriendelik nie. Alles is op terasse geleё.Ek kon aanvanklik nie by die standbeeld uitkom nie, daar moes ʼn plan met my gemaak word. Gelukkig het die sekuriteits manne ons gehelp om deur ʼn geslote hek te kom.

Vir die eerste keer in my lewe was ek na die Voortrekker monument toe. Siende dat my voorouers Trekkers was, het ek gevoel ek moet gaan kyk wat gaan aan daar.

Noudat ek daar was voel elke Afrikaner moet darem net een keer in sy lewe soontoe gaan. Dit kan dien as ons Mekka. Daar is ʼn groot deel van ons geskiedenis wat bewaar word en kennis is daar te vind wat aan nuwe generasies blootgestel moet word.

Die monument is pragtig ontwerp en uiteengesit. Alles was rolstoel toeganklik en ek kon tot bo-op die monument gaan wat vir my ʼn asemrowende uitsig van Pretoria gegee het. Ek kon o.a Loftus Versfeld, die Uniegeboue en die Vodacom-toring in die verte sien.

Die monument is buite Pretoria op ʼn wildreservaat met wildspesies soos swartwildebeeste en elande. Hiers ʼn kafee, ʼn boekwinkel en ʼn aandenkingswinkel.

Binne in die monument is

  • ʼn Saal met marmerpotrette wat die historiese gebeure uitbeeld
  • Skilderye van die gebeure
  • Ou voorwerpe uit die Trekkertye
  • Voorbeelde en inligting van die lewenswyse van die Voortekkers
  • ʼn Koepel waardeur die son jaarliks op die 16de Desember om twaalfuur op ʼn klip skyn wat sê: ONS VIR JOU SUID-AFRIKA
  • ʼn Afdeling vir die bou van die monument

Ek hoop om binnekort weer terug te gaan. Daar is nog plekke wat ek wil besoek.

  • Dieretuin (ek soek ʼn Gorilla om my rond te dra)
  • Hard rock Café
  • Oom Paul se standbeeld
  • Kruger-huis
  • Freedom Park
  • Weiveld

Ek hoop om binnekort terug te keer, dalk as die jakarandas blom.

Totsiens julle, ons praat weer!

Spanne van die Dekade

Hello julle

Julle het seker gesien elke media-platform het in die laaste maand of wat hul “Span van die Dekade” of hul “Treffers van die Dekade” lys saamgestel. Die voorbeelde is sou eindeloos soos sandkorrels op Kampsbaai se strand.

Ek het besluit laat ek ook maar my ou lysies maak om saam met die honde te blaf.

Proteas: Spanne van die Dekade

Toets

  1. Graeme Smith (k)
  2. Dean Elgar
  3. Hashim Amla
  4. Jacques Kallis
  5. Faf du Plessis
  6. Temba Bavuma
  7. Mark Boucher (pw)
  8. Vernon Philander
  9. Keshav Maharaj
  10. Dale Steyn
  11. Kagiso Rabada

Eendagspan

  1. Quinton de Kock (pw)
  2. Hashim Amla
  3. Jacques Kallis
  4. AB de Villiers
  5. Faf du Plessis (k)
  6. JP Duminy
  7. Andile Phehlukwayo
  8. Chris Morris
  9. Kagiso Rabada
  10. Imran Tahir
  11. Morne Morkel

T20

  1. Reeza Hendricks
  2. Quinton de Kock (pw)
  3. AB de Villiers
  4. Faf du Plessis (k)
  5. David Miller
  6. Rassie vd Duusen
  7. Chris Morris
  8. Andile Phehlukwayo
  9. Tabriaz Shamsi
  10. Kagiso Rabada
  11. Dale Steyn

Springbok-span van die Dekade

  1. Tendai ‘Beast’ Mtawaira
  2. Malcolm Marx
  3. Frans Malherbe
  4. Eben Etzebeth
  5. Victor Matfield (k)
  6. Francois Louw
  7. Pieter-Steph du toit
  8. Duane Vermeulen
  9. Fourie du Preez
  10. Handre Pollard
  11. Aphiwe Dyanti
  12. Damian de Allende
  13. Jean de Villiers
  14. Cheslin Kolbe
  15. Willie le Roux

Sharks-span van die Dekade

  1. Tendai ‘Beast’ Mtawaira
  2. Bismarck du Plessis
  3. Jannie du Plessis
  4. Ruan Botha
  5. Stephan Lewies
  6. Marcell Coetzee
  7. Jean-Luc du Preez
  8. Ryan Kankowski
  9. Cobus Reinach
  10. Pat Lambie (k)
  11. Lwazi Mvovo
  12. Paul Jordaan
  13. Lukhanyo Am
  14. Odwa Ndungane
  15. Curwin Bosch

Blitsbokspan van die Dekade (in geen volgorde)

  1. Kyle Brown (k)
  2. Saebelo Senatla
  3. Justin Geduld
  4. Branco du Preez
  5. Cecil Afrika
  6. Sipiwe Soyizwhapi
  7. Phillip Snyman
  8. Kwagga Smit
  9. Werner Kok
  10. Cheslin Kolbe
  11. Chris Dry
  12. Frankie Horn

Blou Bul-span van die Dekade

  1. Pierre Schoeman
  2. Adriaan Strauss (k)
  3. Gurthro Steenkamp
  4. Rg Snyman
  5. Victor Matfield
  6. Deon Stegman
  7. Lappies Labuschagne
  8. Pierre Spies
  9. Francois Hougaard
  10. Morne Steyn
  11. Bjorn Basson
  12. Jan Serfontein
  13. JJ Engelbrecht
  14. Rosco Speckman
  15. Zane Kirchner

Ek sal binnekort weer ʼn plasing maak met ander unies se Spanvan die Dekade. Mooi loop!

Ek het bietjie gekyk hoe ry die trein

Goeiedag julle almal

Hoe gaan dit met julle? Kan julle glo die einde van Januarie is in sig en binne ʼn oogwink is die eerste maand van 2020 verby. Net nou die dag het ons nog oujaarsaand gevier.

Toe ek klein was het ek altyd gedink die ‘ou’ mense praat nonsens as hulle sê “die tyd het gevlieg,” of “die tyd stap aan.” Nou sien ek hul het nog al die tyd geweet waarvan hulle praat.

Die Superrugby begin genadiglik hierdie naweek. Ek hoop die Sharks gaan die Blou Bulle se sterte dubbel-knoop. Ek is juis hierdie week so bietjie in Pretoria. Ek het nie genoeg tyd gehad om alles op papier te sit nie, so my Jakarandastad-avonture gaan moet wag tot eerskomende week.

Elke dag oppad werk toe ry ek verby ʼn ou, verlate treinspoor wat nou in onbruik is. Eens op ʼn tyd het hier baie treine verby gery. Passasierstreine, goederetreine. Jare gelede het dit opgehou om hier verby te ry. Selfs die ou perron staan in vervalle.

ʼn Trein was nog altyd vir my vreemd gewees. Ek het dit nie geken nie. Al trein waaraan ek ooit blootgestel was, was die gewilde mini-treintjie wat jare lank by Scottburgh se hoofstrand geloop het. Ek het hom baie gery as kind.

Treine is ook deel van my familie-geskiedenis. My oupa was ʼn drywer, my ouma aan vaderskant het vir die eerste keer in Kwa-Zulu Natal met die trein aangekom.

Ek weet mense in die stede pendel daagliks met die treine (Gautrein) en ek weet daar is ʼn Transnet-treinstasie in Ladysmith wat die bron van baie mense se inkomste is.

Ek het so ʼn jaar of wat terug vir die eerste keer ‘groot’trein gery. Dit was net so voor Kersfees. Die trein is nogal The Holiday Express gedoop.

Ek het vroeg die oggend by Durban se Spoorwegstasie by die Premier Business Lounge opgeklim. Die kompartement waarin ek gery het was rolstoelvriendelik. Onthou, daardie tyd het mense my nog in my rolstoel rondgestoot.

Die atmosfeer was lekker. Agtergrondmusiek het gespeel. Ons kon verversings koop.

Die treinrit was vir ongeveer ʼn uur lank. Ons het oor die berge, af in die valleie en deur tonnels gery om by ons bestemming uit te kom: Die Shongweni-plaasmark. Ons het selfs by ʼn mooi waterval gestop.

Om trein te ry het my vaak gemaak. Mense wat slaap op ʼn trein moet soos ʼn klip slaap.Die geluid van die trein op die spoor is so gerusstellend.  Nou weet ek wat Neil Diamond bedoel as hy sing, “Like the clickety-clack of a train on a track”.

Dis jammer dis nie meer die norm om trein te ry nie. Ons is almal haastiger deesdae. Ons maak eerder gebruik van pad- of lugvervoer.

Julle moet mooi bly en ons praat weer.

Lekker week verder.

 

Welkom in 2020

Hello mense. Hoe gaan dit met julle? Ek weet dis al meer as ses weke laat, maar welkom in 2020. Ek hoop julle het ʼn voorspoedige nuwe jaar. Mag ons almal se drome waar word en mag hierdie jaar die begin wees van ʼn dekade van hoop.

Baie dinge het gebeur vandat ons laas gepraat het. Kom ons kyk:

  • Die Springbokke het Engeland in die “World Cup Final” 32-12 kafgedraf.
  • Ek was Desember-maand weer vir ʼn paar dae in die Kruger-wildtuin. Die veld was mooi groen van al die reё Ek het heelwat getalle leeus gesien
  • Fase 6-beurtwag
  • Mej Wêreld is van SA
  • Ek het ʼn voetpadjie met my nuwe rolstoel gevolg in die Koninklike Nasionale Park daar in die Drakensberge. Dit was ʼn pragtige waandelpadjie wat my deur woude, oor strome en deur rotskeure gevat het. Ek het self boesmanstekeninge gesien op die rotse gesien
  • Ek was kersfees op my oom se plaas in die Vrystaat. Ek het lekker die plaaspaaie gaan verken. Op ʼn stadium het ek 5km ver gery met my rolstoel
  • Oujaarsaand was ek saam met ʼn paar vriende by die Drakensville
  • Ek het nou die aand my tweede Royal Flush gekry. Dis soos om twee bokke met een skoot plat te trek
  • Ek was by ʼn Myne sal anders gedoen word. Rouklaers moet vrolik aantrek, net country-musiek sal gespeel word en voor jy in die kerk stap moet jy ʼn glasie met of koffie, sap of ʼn skopdop vat om te drink

My Emmer-lysie vir 2020, (ek maak egter geen voornemes nie)

  • Eet iets by Nando’s (ek het nog nooit)
  • Leer ʼn nuwe skill
  • Reis na ʼn nuwe plek toe
  • Gaan op ʼn jagekspidiese (jakkals, ystervark of bokspesie)
  • Karoake
  • Wees finansieёl spaarsamig
  • Leef meer eko-vriendelik
  • Skryf ʼn boek
  • Volg ʼn gesonde lewenstyl
  • Doen ʼn Parkrun
  • Toets myself deur nuwe uitdagings aan myself te stel
  • Leer ʼn nuwe taal
  • Begin my eie YouTube-kanaal

 

My Wens-lysie vir 2020

  • Dat dit oor die hele land reё Dat al die boere wat swaarkry weens die droogte gehulpe sal word.
  • Dat die grondkwessie opgelos word
  • Dat die Springbokke sal aangaan waar hulle opgehou het
  • Dat SA se ekonomie verbeter
  • Dat ongelykheid verminder
  • Dat misdaad en wanbestuur sal verminder
  • Dat Eskom, die SAUK en SAL se probleme begin uitgestryk word
  • Dat daar nie oorlog uitbreek tussen die VSA en Iran uitbreek nie

Dinge om na uit te sien in 2020

  • Olimpiese Spele
  • T20-krieketwêreldbeker
  • Nuwe films
  • Brexit
  • My jaarlike Julie-vakansie
  • Klubrugby
  • Troues
  • Die Amerikaanse-verkiesing

Mag die nuwe jaar vorentoe rooskleurig lyk. Ons praat weer binnekort.

Mooi loop.

Summer means swimming time

Buenos días (“Good day” in Spanish)

How is everybody doing? I hope all this loadshedding doesn’t get you down? This is definitely not a reason I would give for #ImStaying in South Africa. It’s a good thing Eskom didn’t schedule loadshedding on Sunday during the Springboks quarterfinal-match against Japan, otherwise it would’ve caused a riot.

Speaking of the Springboks, Japan gave us quite a scare. I was very nervous at half-time when the score was 5-3 for SA.  I don’t know what Rassie Erasmus told his troops at half-time, because they eventually prevailed 26-3. Now the Boks must slay the Welsh Dragons on Sunday.

Let’s talk about other things.

A recent study has concluded that the South-African Word of the Year was “Zondo-commision”. My word of the year, is Veldskoen, a South African-made shoebrand taking the world by storm.

For the first time ever I drove my wheelchair up-and-down the street where I stay. It was great, although there are a couple of mean-looking dogs living behind gates in our street and I prayed that the gates wouldn’t open…

The temperatures this week were sky-high. Every time I drove outside I got sunburnt. I looked like a tourist. On the other hand, Vitamin D is good for the body.

One day it was so hot I couldn’t take it anymore so I went for a swim. I also have a “fire-pool” at home that was adapted for me. The steps were enlarged so that I could have more space to be mobile. I can also hold on to the side of the pool and go down a step or two.

I like dunking my head under the water and standing on my own two feet.

When I was in high school and it was exam time my hostel friends and I used to go to the town pool for a cool-off from all the hard “studying”. I would claim that small, shallow pool at the back of the premises as mine. I could walk on my knees in it.

So, after I swam in my “firepool” and enjoyed myself I chilled a bit on the top step when a bee stung me on my throat. I immediately retaliated (like Bruce Willis in the Die Hard movies) and that bee was gone like the wind…

The thought that all bees should be exterminated went through my head. But I was wrong.

It would be very bad news for the earth. We need the bees to pollinate the flowers, trees, plants. Without them everything would cease to exist. It would literally be the end of the world. The best way we can help them is to plant more bee-friendly flowers and trees for them to polinate from.

Adiós amigos (goodbye friends)