Boeke vir Afrika

Elke keer as ek in ʼn boekwinkel inkom dan kyk ek na al die boeke op die rakke om my.

En meeste van daardie fiksie boeke speel af in Noord-Amerika of Europa. So leer ek maar so ʼn bietjie van daardie lande.

Eintlik wil ek van Afrika lees. Ek soek stories wat in Afrika gesetel is of afspeel. Ek bly in Afrika. Afrika is deel van my. Dit is soos ʼn kiem wat my besmet het. Wil my nie los nie.

Ek smag na stories waarin Afrika die hoofkarakter beȉnvloed. Ek wil lees van plekke wat ek ken waar die stories afspeel. Ek wil my mede Afrikane kan raaklees.

Elke keer as ek die naam ‘South Africa’ of ‘Cape Town’ in oorsese skrywers se boeke raaklees dan kry ek so bietjie hoendervleis op my arms.

Suid-Afrika is geseën met talentvolle skrywers soos Deon Meyer en Marietta van der Vyfer wat internasionaal bekend is. Dan is daar baie ander plaaslike skrywers van hul kaliber.

Maar hul boeke speel meestal net in ons land af of in spesifieke plekke soos die Kaap of Johannesburg.

Wat ek eintlik wil hê is dat meer internasionale skrywers oor ons en oor Afrika skryf. Die hele Afrika. Dat hulle meer van ons stories vertel.

Ek gaan nou vir julle ʼn lys skrywers se name gee wat oor Afrika skryf en julle kortliks vertel van elkeen en waaroor hulle skryf.

Wilbur Smith

Ek beskou hierdie man as die Koning van Afrika-fiksie.

Hy het al so baie oor ons kontinent geskryf eintlik kan hy al ʼn doktorsgraad besit. Hy het so baie kennis oor ons wat hy in so stories neerpen.

Al sy beskrywings is van die hoogste gehalte. As jy jou oë toeknyp verbeel jouself jy sien dit wat hy beskryf. ʼn Gebou, die veld, die mense!

Hierdie gebore Zambiër wat in Suid-Afrika skoolgegaan het se verhale is reg oor die wêreld bekend. Selfs in die flieks.

Sy boeke is meestal histories geskrewe. Sy romans speel speel af tydens groot geskiedkundige gebeurtennise. Sy boeke vorm meestal deel van ʼn reeks, maar daar is ʼn paar boeke wat op hul eie staan.

Eerstens is daar sy Antieke Egiptiese-reeks.Ons beleef die tyd van ou Egipte. Alles word eerstehands aan ons vertel deur Taita, slaaf van Koningin Lostris, moeder van  ‘Pharaoh’ Memnon.

Ons lees en ervaar groot gebeurtenisse van daardie tye. ʼn Anderste wêreld gaan vir die lesers oop. Ons leer so baie by Smith van antieke Egipte. Baie navorsing is hierin geplaas. Baie aandag aan die details is ook gegee.

Niemand weet self hoe oud is Taita nie. Met alles wat hy beleef moet hy maklik 120 jaar oud wees.

Die Ballantyne-reeks vertel die familie-saga van die Ballantyne-familie wat strek in vier boeke oor ʼn tydperk vanaf die 1860s tot by die 1980s.

Dit begin met hoe hulle hulself in Rhodesië gevestig het en hoe die familie in die totstandkoming, ontwikkeling, bestuur en beskerming van die nuwe kolonie ʼn rol gespeel het.

Die laaste boek The Leopard Hunts in Darkness vertel van die familie se oorlewing in die nuwe onafhanklike land genaamd Zimbabwe.

Die Courtney reeks is baie soos die Ballantyne-reeks. Dit is net nou net in Suid-Afrika geplaas. Die boeke is nie almal in kronologiese volgorde gepubliseer nie.

Hierdie volgende boeke vertel ons hoe die eerste Courtneys handelaars uit Engeland was in die laat 1600s en hoekom hulle vir die eerste keer in Afrika was.

Birds of Prey 1660s (1997)

Golden Lion 1670s (2015) (with Giles Kristian)

Monsoon 1690s (1999)

The Tiger’s Prey 1700s (2017) (with Tom Harper)

Blue Horizon 1730s (2003)

Daar is dan ʼn gaping van meer as ʼn honderd jaar. Die verhaal begin dan by Sean Courtney in die 1860s waar hy in Zoeloeland, Suid-Afrika grootword saam met sy identiese tweeling broer Gerry.

Hier begin die Courtney familie se rykdom en dinastie en in die volgende 120 jaar was hierdie familie deel van al die groot gebeure wat deel is van SA se geskiedenis.

  • Eerste Anglo-Boere Oorlog
  • Olifantjag
  • Goudprospekteer
  • Tweede Anglo-Boere Oorlog
  • Mynbou
  • Besigheid-ontwikkeling
  • Kommunisme
  • Jag
  • Olimpiese Spele in Berlyn in 1936
  • Albei Wêreld oorloë
  • Politiek
  • Apartheid
  • Kernwapens

As jy ʼn breë opsig oor Suid-Afrika se geskiedenis wil hê, lees die Courtney-familie se boeke.

Hector Cross-reeks: ʼn Baie ryk Suid-Afrikaanse sakevrou se dogter word deur Somaliese seerowers ontvoer. Hector Cross, ʼn oud soldaat gebore in Kenya se hulp word ingeroep.

Gou kom Hector agter dinge is nie pluis nie en probeer agter die kap van die byl kom. So word hy stadig maar seker in ʼn anderste wêreld ingetrek as waarin hy gewoond is.

Volg hierdie skakel as jy meer van Wilbur Smith se boeke wil weet,wat die name is en waarin die verskillende karakters verskyn.

https://en.wikipedia.org/wiki/Wilbur_Smith 

Alexander McCall Smith

Alexander is in Zimbabwe gebore waar hy skool gegaan het in Bulawayo by Christain Brothers College. Daarna is hy Skotland toe om regte te gaan studeer tot hy uiteindelik ʼn doktersgraad verwerf het.

Hierdie man het baie veertjies in sy hoed. Professor, prokureur, regskenner, skrywer. Hy was selfs die mede-stigter van Botswana se regskool. Dit is hier waar sy liefde vir die land vandaan kom as jy na party van sy boeke se inhoud kyk.

Hy is veral bekend as skrywer van die No. 1 Ladies Detective Agency-reeks. Dit speel af in Botswana. Die hoofkarakter Mma Precious Ramotswe erf geld by haar pa. Daarmee koop sy vir haar ʼn huis in Gaborone en vind ʼn kantoor om ʼn speuragentskap te open.

Die boeke is vol avonture en kleurvolle karakters. Die sake wat sy moet oplos verskil van saak tot. Vermiste persone, ontvoerings, opsporing van slagoffers, bedog ens.

Volg hierdie link vir meer inligting oor al sy boeke

https://www.alexandermccallsmith.co.uk/books/

H.Ryder Haggard

Haggard was ʼn bekende Engelse avontuurskrywer wie se verhale by eksotiese bestemmings plaasvind. Baie van sy verhale het hy eerstehands beleef of hy is ‘inspired’ met wat hy gesien het op sy oorsese reise.

Die boek waarvoor ons almal hom sal onthou is King Solomons Mines. Dit gaan oor ʼn groep mans wat na die binneland van Afrika reis en soek na Koning Salamo ,(ja, daardie wyse koning, seun van David) se legendariese myne.

Volg hierdie Wikipedia-skakel vir die volledige lys van sy werke.

https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_works_by_H._Rider_Haggard

Edgar Rice Burroughs

Ons almal ken mos vir Tarzan. Daardie ou wat in die woud bly, aan die toue swaai, die bekende kreed het. Nee, nie George of the Jungle nie. Tarzan, daardie man wat op Jane verlief raak.

Ons almal ken sy storie. Diegene wat nie weet nie hier kom dit:

John Clayton (Tarzan) se ouers was gestrand aan die kus van Afrika nadat hul boot gesink het. Daar was niks, net die see, strand en die oerwoud.

Hulle het vir hulself skuiling in die woud gaan bou. ʼn Jaar later is Tarzan gebore, sy ma was kort daarna oorlede en net daarna het sy pa gesterf na ʼn brutale geveg met die Koning  van Ape, Kerchak. Kerchak se maat Kala het toe die baba grootgemaak as haar eie.

Tarzan het toe intussen groot geword tussen die Ape en het baie avonture beleef. Hy het besef hy is anders as die Ape. Eendag ontmoet hy die eerste mense in die oerwoud en kom toe agter hulle het baie in gemeen. So, dit was die beginpunt van al sy avonture.

Al hierdie boeke is 100% fiktief, maar dis tog lekker en opwindend om te lees. Wie wil nou nie Tarzan wees nie?

Ek het selfs ʼn paar Tarzan films gekyk. Selfs die eerste een met Johnny Weissmuller in. Daar is darem ʼn groot verskil tussen die boeke en die films.

Hier is ʼn lys van al sy Tarzan boeke wat hy geskryf het:

https://en.wikipedia.org/wiki/Tarzan_(book_series)

 

Peter Rimmer

Hierdie gebore Engelsman  het ʼn interessante lewe gelei. As ʼn jong man het hy by die Britse lugmag aangesluit. ʼn Jaar later het hy as ʼn loods gekwalifiseer.

Toe sy tyd by die lugmag verstreke was toe het hy en sy broer Rhiodesië (Zimbabwe) toe gekom om op ʼn tabakplaas te werk.

Dit was nie die eerste plek na waar die wind hom gewaai het nie. Hy het selfs ʼn versekerings maatskappy begin wat vandag takke in lande soos Hong Kong, Australië en die VSA het.

Sy verhale speel af in plekke wat hom na aan die hart lê soos Zimbabwe en Groot Brittanje. Sy bekendste boeke is ʼn reeks met die naam Brigandshaw Chronicles.

Echoes from the Past

Elephant Walk

Mad Dogs & Englishmen

To the Manor Born (Hy het onlangs uitgekom)

Hierdie boeke is historiese verhale. ʼn Jong man vertrek uit Brittanje om sy heil in Afrika te soek.Verskillende tydperke word gedek soos bv. die Pioniers-ekspedisie in Rhodesië; die Eerste Wêreld oorlog. Die 1920s.

Die boeke is in kronologiese orde geskryf en word verder vertel deur die jong man se nageslag.

Rimmer het nog boeke geskryf.

Just the Memory of Love

Bend with the Wind

Vultures in the Wind

Cry of the Fish Eagle

Vir die laaste 25 jaar van sy lewe het hy op ʼn plot in Knysna, Suid-Afrika gebly. In Julie 2018 is hy oorlede.

Tony Park

Hierdie man het op Afrika verlief geraak toe hy en sy vrou hier kom toer het in 1995. Hulle het so baie van Afrika gehou hulle het hul eie vervoermotor aangeskaf en deur Suider-Afrika gereis. Deesdae pendel hulle tussen Afrika (hulle woon in ʼn huis naby die Kruger-wildtuin) en Australië waar hulle vandaan kom.

Al sy boeke is in moderne styl geskryf. Hy probeer altyd om daardie egte Suid-Afrikaanse styl van hoe ons praat, leef en dink na vore te bring. Sy boeke is nie net noukeurig nagevors nie, maar is altyd propvol hope aksie en baie drama. In sy boeke leer ons feite van ons land en ons buurlande waarvan ons nie weet nie.

Daar is altyd held en ʼn heldin en ʼn booswig wat ʼn slinkse plan het om geld te maak of om met iets weg te kom en moet gekeer word. Party karakters verskyn in meer as een boek, maar dit is meestal nuwe vars karakters, goed of sleg.

Daar is so kwessies van Suider-Afrika wat hy raak in sy boeke.

  • Renosterstropery
  • Aasvoëls-vergiftiging
  • Geblikte leeu-bedryf
  • Politiek
  • Misdaad
  • Armoede
  • Bedrog
  • Terreur-aanvalle
  • Uitwissing van Gorrillas
  • Wildehonde
  • Smokellary
  • Onwettige mynbou
  • Olifant stropery
  • Caprivi-strook probleme

Hy skryf oor dinge uit die verlede soos Ossewabrandwag;die Lugmag in Rhodesië; die  Rhodesiëse Bosoorlog;die Grens-oorlog;die Rwanda volksmoord.

Sy boeke se name is

Far Horizon

Safari

Zambezi

African Sky

Silent Predator

Ivory

The Delta

African Dawn

Dark Heart

The Prey

The Hunter

An Empty Coast

Red Earth

The Cull

Captive

Frank Coates

Hierdie Aussie  het vir die Verenigde Nasies as ʼn tegniese spesialis begin werk. Sy eerste aanstelling was in Nairobi in Kenya. Hy het vir vier jaar in Afrka gebly en in sy aftyd het hy vir Afrika leer ken en navorsing van sy eie gedoen. Die skryf gogga het hom van daar af beetgekry. Vyf boeke is al uit sy pen uit.

Echoes From a Distant Land

In Search Of Africa

Softly Calls the Serengeti

The Last Maasai Warrior

Whisper at Dawn

Frank se boeke gaan almal oor Kenya waar die verhale afspeel. Dit speel af in die tyd toe Kenya ʼn Britse Kolonie was en ons sien deur die karakters hoe die lewe in daardie tye was.

Ons lees ook van wat uiteindelik die Mau-Mau in opstand laat bring het, hoe Jomo Kenyetta ʼn rewolusie gelei het na onafhanklikheid en wat die repurkursies was as gevolg van die Britse bevind en hoe dit die plaaslike mense tot vandag toe nog raak.

Frank het deeglike navorsing gedoen. Genoeg om die boeke diepte te gee. Baie insiggewend.

Ek het sy boeke meestal op Amazon gekry. So kyk daar.

Jonathan Gordon Davis

Hiedie man is ook ʼn ou Zimbo. Hy het as prokureur en as staatsaanklaar gewerk vir die regering in Rhodesië en in Hong Kong. Daarna het hy bedank en ʼn voltydse skrywer geword.

Hy is ʼn veteraan seeman, hy weet hoe om met ʼn boot te werk. Om te studeer het hy op Britse vragskepe en op Nederlandse waalvisjag-bote in Antarktika gewerk vir studiegeld.

Sy verhale vind hoofsaaklik in Afrika plaas.

Hold My Hand I’m Dying

Cape of Storms

Operation Rhino

The Years of the Hungry Tiger

Taller Than Trees

Leviathan

Typhoon

Fear No Evil

Seize the Reckless Wind

A Woman Involved

The Land God Made in Anger

Talk to Me Tenderly, Tell Me Lies

Roots of Outrage

The Year of Dangerous Loving

Unofficial and Deniable

Hy en sy vrou spandeer hul tyd tussen sy plaas in Spanje en om te reis.

Jerold Richert

Hy is ʼn Suid-Afrikaner wat in Zimbabwe grootgeword het. Sy boeke handel oor ʼn verskidenheid onderwerpe. Koning Salomo se myne, renoster stropery, die Rhodiëse Bosoorlog, diamant ontginning. Die boeke is baie goed geskryf en ʼn mens sukkel om dit neer te sit.

  • Solomon’s Pilot
  • Bacelet of The Morning
  • Into the Sun
  • Dance of the Firebirds

Jerold bly deesdae in Queensland, Australië.

Jeffrey Whittam

Hierdie man is ʼn gebore Zimbabwiër. Hy het daar grootgeword en was heeltyd in die buitelug te doenne. Hy het gewerk as ʼn goud prospekteer en het vir ʼn groot deel van die Rhodiëse Bosoorlog vir die 10de Bataljon geveg.

Drie boeke het uit sy pen gekom. Dit is gebasseer op sy ervaring uit die mynbedryf en oorlog bedrywighede.

  • Sons of Africa
  • Beneath A Colesberg Sky
  • Empress Gold

Jeffrey bly in  die wildernis van Lancashire saam met sy familie.

Tony Maxwell

Hierdie gebore Suid-Afrikaner het na ʼn tydjie in die weermag die wêreld daar buite gaan verken voor hy homself in Kanada gaan vestig het. Hy het al vyf boeke geskryf:

The Last Wild Rhino: An African Adventure Story

A Forest of Spears: An African Adventure Story

The Brave Men

Young Lions

The Queens Cowboys

Hierdie boeke handel onderskeidelik oor renosterstropery, terrorisme, die Anglo-Boere Oorlog en die goudvelde van Transvaal.

Met hierdie post wil ek maar net wys daar is baie skrywers wat gereeld fiktiewe boeke oor Afrika skryf. Meer as wat ons besef.

En ek is seker daar is nog meer waarvan ek nie eens bewus is nie.

As die boeke nie op die rakke is nie, gaan kyk op die internet. E-boeke is ook ʼn opsie.

So kry van hulle boeke in die hande en begin lees.  Hiers genoeg boeke vir Afrika…

PS. Laat weet my as ek iemand uitgelos het.

Tot wedersiens

Dit was lekker by die see…

Goeiedag aan al my lesers en volgers.

Jammer ek was so stil soos ʼn landmyn die afgelope paar weke. Ek het soos duisende van my landgenote my karavaan gepak, gehak en see toe geklap. Suidkus toe. Scottburgh om presies te wees.

Ek het besluit om so bietjie met julle te deel van my vakansie. Terloops, as julle meer wil weet oor wat om alles te doen by Scottburgh kyk hierso.

https://www.sa-venues.com/things-to-do/kwazulunatal/bysuburb/scottburgh/

Ek en my familie gaan al jare lank soontoe. Mt familie gaan self soontoe voor my pa hulle gebore is. My eerste woord na “oupa” en “naeldekoker” was “Skotburg.” Ons bly altyd in die karavaanpark. Op n stadium het dit gevoel of almal van ons deel van die aarde daar kamp.

Scottburgh se karavaanpark is tops. Dit het

  • Lekker groot staanplekke
  • 3 ster gradering
  • Hulpvaardige personeel, (hulle help selfs met die tentopslanery)
  • Goeie veiligheid
  • Skoon badkamers
  • Skoonmaakdienste (klere en skottelgoed)
  • Swembaddens
  • ʼn Speletjieskamer
  • Rolstoel vriendelike paaie en badkamers
  • ʼn Privaat strand met rotse en poele om in te baljaar. Dis perfek vir snorkel, swem of visvang. Of as jy net wil sit en vir die branders staar of saam met jou kinders sandkastele bou.
  • Kragbokse
  • Woonstelle wat uitverhuur word.
  • Vriendelike kampers
  • ʼn Koffiewinkel (Scotties Tuckshop) waar jy ontbyt, middagete of net ʼn lekker melkskommel kan geniet.) Probeer gerus die French Toast en Coffee Freezo.

Langs die karavaanpark is die dorp se hoofstrand met sy grasgroen graswalle. Dit is ʼn plek vir almal. Surfers, families, hengelaars, mense wat net wil chill en tan. Daar naby is ʼn mini-gholfbaan as jy lus is vir ʼn paar rondes.

Eetplekke is beskikbaar. Besoek gerus vir Vertigo’s vir ʼn sundowner of die John Dory’s vir ʼn lekker familie ete.

Vir middagete stel ek voor jy kry vir  jouself ʼn Cheese Dog. Dit kos net R22. Dit is heerlik. Die vriendelike oom wat dit maak boor ʼn tonnel in die hotdog bun met een of ander apparaat, sit die worsie in en gooi op die souse op waarna jy smag. Kyk uit vir sy Hot Dog-waentjie.

Veiligheid is verseker. Daar is lewensredders op hul pos en polisie-patrollies wat gery word. Die lagoon is lekker om in te swem, behalwe as hy afkom, bly dan liewer weg.

Rocky Bay se strand is ook ʼn lekker opsie as jy iets nuuts wil hê. En dit is altyd lekker om die ingeboude seeswembad by Park Rynie te besoek al is die water baie koud.

My pa-hulle het gaan diepsee visvang. Hulle kon ʼn tuna en ʼn geelstert uittrek. Ek was nou nie so dapper om Diepsee-haaiduik te doen nie. Ek swem eerder in ʼn riooldam.

Amanzimtoti se Galleria was gelukkig naby om uit te help op reënerige dae.

Veral die flieks. Ek kan Aquaman gerus voorstel. Dit is goeie film vir ʼn nuwe Marvel karakter. Die film bied ons ʼn blik in ʼn fiktiewe lewe in ons oseane. Daar is propvol drama, hope aksie, ʼn tikke humor en asemrowende grafiese mariene-tonele.

Beach Bar

My gunsteling uithang plek was die Beach Bar. Dit was so paar strate van die hoofstrand af. As jy lekker kos wil genuttig, ʼn verskeidenheid skemerskelkies wil opslurp en shooters by jou keelgat afgooi besoek hierdie plek.

Die Beach Bar het daardie  beachvibe wat jy altyd kry as jy na ʼn TV program wat ʼn Hawaiese-tema het kyk. Die plek is altyd besig en gesellig. Enigeen sal welkom voel. Daar is TVs waarop jy na sport wedstryde kan kyk.

Daar is  ʼn lekker Jukebox wat enige song kan speel op versoek. Bring R5 munte om te betaal. Neil Diamond my nou. Daar is snoekertafels vir jou om te spog oor jou vernuf.

Wat ek van die plek hou is dat jy van die twee eetplekke aan weerskante van hom kos kan bestel. Een is die Bell&Anchor en die ander een is Enzo’s Pizzeria. Kelners bring dan die kos na jou toe waar ook al jy sit. Daar is ook ʼn paar ander restaurante (wat ʼn soesji-plek insluip).

As jy meer wil weet oor hulle en wat hulle bedien kyk gerus hierna:

http://www.thebeachbar.co.za

https://www.zomato.com/durban/bell-and-anchor-scottburgh/menu

http://www.enzopizzeria.co.za

Mardi Gras

As jy in die dorp is tydens die jaarlikse Mardi Gras-straatfees wat om en by die 16de Desember gehou word en jy hou van vlooimarkte of kort ʼn geskenk of twee vir ʼn geliefde gaan gerus. Vanjaar was op die 17de omdat die 16de ʼn Sondag was.

Hulle baken die hoofstraat, Scott-straat af en plaaslike entrepeneurs en die wat ver gereis het stal hulle ware uit aan weerskante van die pad. Klere, boeke, kos, handgemaakte ware, juwele, skilderye, Henna tattoos, alles waaraan jy kan dink was hier te kope.

Scottburgh het baie eetplekke en koffiewinkels en hulle was daar om ietsie as lafenis teen die hitte van die dag aan te bied aan diegene wie poegaai geshop is.

Die Holiday Express

Onthou jy nog die dae toe treinry hoogmode was? Of dalk het jou ouers jou daarvan vertel. Op Saterdag die 22ste Desember kry ek myself op ʼn plek waar ek nooit gedink het ek sou wees nie.

Op ʼn trein. Ek het soos Harry Potter op die Hogwarts Express gevoel toe hy Hogwarts toe is vir die eerste keer. Oppad na ʼn onbekende plek.

Kyk na hierdie webtuiste.

https://www.theholidayexpress.co.za

Hierdie mense reel traintrips. Daar is verskeie opsies, gaan kyk self.

Daai dag was ek oppad na ʼn Kersmark by Shongweni. Dit is buite Durban in die heuwels geleë. Eintlik is dit gewoonlik ʼn plaasmark (met ʼn polo-veld), maar met Kersfees op hande het hulle dit ʼn Kersfees Extravaganza genoem en die plek so ʼn bietjie versier.

Shongweni hou al vir 20 jaar plaamarkte daar. Vind meer uit.

http://www.shongwenimarket.co.za

Ek het vertrek vanaf die Premier Business Lounge by Durban se Spoorwegstasie. Ek was nogal opgewonde. My oupa aan moederskant was ʼn ou drywer vir Spoornet. I went back to my roots.

Ons moes sewe-uur daar wees vir registrasie sodat ons agtuur kon vertrek.

Vir ʼn plaasjapie van die berge was dit opwindend. Ek het gevoel soos ʼn New Yorker wat die moltrein ry. Ek het self ʼn wegneem koppie koffie gehad.

Die agentskap was baie tegemoedkomend. My kompartement was rolstoel vriendelik en die personeel was baie hulpvaardig.

Die rit was vol kontraste. As jy wegtrek uit die stasie sien jy net die rommel wat rondlê dan is jy in die platteland waar dit bietjie minder is. As jy uit die stad beweeg dan sien jy huise van welaf mense en ook van mense wat ook maar sukkel.

Dit maak jou dankbaar vir wat jy het. As jy verby ʼn kind ry wat vir die onbekende passasiers op die trein waai wil jou hart verkrummel.

Die rit wat omtrent ʼn uur gevat het, het ons oor hoë berge en af in lae valleie geneem. Die trein het ons deur ses lang, donker tonnels gevat waarvan ek gedink het ek gaan nooit weer lig sien nie. Ek sien selfs ʼn pragtige waterval aan my linkerkant. Een van daai wat in kleiner valletjies opbreek.

Ek het gevoel asof ek ʼn bladsy uit die boek The Christmas Train beleef. Daar het die hoofkarakter ook ʼn interessante treinrit tydens Kersfees beleef.

Uiteindelik stop ons op ʼn onbekende perron. Daar was toe busse wat ons verder geneem het. Die busrit was oor berge en dale. Skerp dale nogal. Uiteindelik kom ons daar aan. Wat daar op my gewag het was onbekend.

  • Die hele plek was rolstoelvriendelik. Daar was selfs ʼn badkamer vir ouens (en vrouens) soos ek.
  • Meeste stalletjies was onder dak. Daar was oor die 200 van hulle.
  • Alles is netjies uitgelê.
  • Verskillende tipes unieke kosse: Olywe met stukkies salami in; bloedwors; hollandse kaas; vegan koekies; biltong steak; wafels gedraai soos roomys horinkies met roomys in. Ek kan aan gaan, maar julle kry die idea.
  • Ou staatmakers: Springrolls, neute, biltong, kerrie, pannekoek, hamburgers ens.
  • Daar was vermaak vir die grootmense. en springkastele en ponieritte vir die kleingoed.
  • Daar was baie stalletjies met unieke produkte wat jou vingers sal laat jeuk om geld uit te gee. Dit was of handgemaak of fabriek vervaardig.
  • Party stalletjies het self ʼn kerstema gehad. Daar was een stalletjie wat kersboom ornamente verkoop het waarop jy jou familielede se name kon opsit.

Voor ons ons ogies kon uitgee was dit een uur en tyd om terug trein toe te gaan. Die Kersmark was ʼn fees. Die mense van die Berg Show of die Ladysmith Skou kan baie by Shongweni se mense leer oor hoe om dinge te doen.

Die treinrit terug was lekker. Dit was so sussend. Ek het self ʼn paar keer droomland toe gedompel, maar is toe wakker geruk deur my brein wat wil hê ek moet niks mis nie. Geen wonder die mense het 50 jaar terug nog lekker trein gery nie en self op treine geslaap nie. Ek gaan beslis weer kom trein ry.

Dit was n lekker vakansie.

Nou vir 2019.

Vaarwel liewe lesers

 

Is Kersfees te kommersiël deesdae?

Hohoho, Merry Christmas

Dames en Here, seuns en dogters. Katte en honde! Dis die laaste maand van die jaar! Ons almal weet wat dit beteken. En nee, dit beteken nie net vakansietyd of jaareind bonusse nie.

Dit is Kersfees. Daai tyd van die jaar wanneer die Kersfeesboom klaar opgeslaan in jou voorhuis staan en Boney M oral gespeel word. Soos Bing Cosby gesê het,

It’s the most wonderful time of the year.

Ons hou daarvan om te ‘Rocking around the Christmas Tree’ soos die liedjie gaan en boom op te slaan. Om iemand onder die mistletoe te probeer soen of om kersliedere soos Have Yourself a Merry Little Christmas of die film Home Alone of Deck the Halls te geniet.

Kinders (ons ouer gaardes het ook toe ons klein was) droom oor Kersvader en sy speelgoed fabriek waar duisende elwe werk. Hulle wonder hoe kry hy dit reg om ʼn sak vol presente reg oor die aarde in een aand af te lewer?

Hier in Afrika het ons nie  koue weer of sneeumanne tydens Desember nie. Ons drink nie eggnog of gaan van huis tot huis en sing kersliedere nie. So, ons kan nie White Christmas hou nie.

Ons het darem ʼn paar kersbome en liggies om mee tevrede te wees. Kalkoen is volop in supermarke te kry. ʼn Lekker Somerkersfees. Dis beter as niks.

En dan praat ek nie eens van die geskenke nie. Ons kan dit nie help om Oukersaand heeltyd onder die boom te loer nie.

Maar dis nie waaroor ons Kersfees vier nie. Ons vier dit om Jesus Christus se geboorte te gedenk. God het sy seun vir ons gestuur om vir ons sondes te sterf.

Ons almal ken mos die mooi verhaal. Gaan lees hom weer om te onthou. Maria en Josef soek slaapplek. Hulle reis met die donkie. Kom aan in die dorpie Bethlehem.

Kom vra vir plek by die Herberg. Die stal is al plek beskikbaar. Die wysemanne daag op met hul drie geskenke. Die skaapwagters arriveer. Jesus word gebore. Die hele pragtige verhaal.

Nou is daar mense wat sê Kersfees het te gekommersiël geraak.Te paganisties. Mense fokus volgens die kritici meer op Kersvader, liggies en die koop van geskenke as op die geboorte van ons Verlosser.

Volgens hulle het hierdie versierings en geskenke geen plek in die Kerstyd nie. Kinders moet nooit aan Kersvader &  versierings blootgestel word nie, want dit vernietig die oorspronklike rede vir die viering van Kersfees.

Elke mens is geregtig op sy opinie en om te glo waarin hy glo. Niemand het die reg om vir daardie persoon voor te skryf nie. Niemand nie.

Ek voel wel as jy en jou kinders weet wat is die regte rede (Jesus se geboorte) vir die viering van Kersfees en waarom ons die dag gedenk doen wat jy wil.

Sit op ʼn boom. Gaan koop ʼn geskenk vir iemand. Laat die kinders melk en koekies uitsit vir Kersvader. Ry in die aande en gaan kyk na die Kersfeesliggies wat mense by hul huise opgesit het.

Versierings in mense se huise het glo in die vyftiende eeu al begin toe mense klimop in die huise opgesit het om die geboorte van Jesus te simboliseer; huls om hom te beskerm teen gevaar; dorings en rooi bessies om die Kroon vol Dorings te simboliseer wat Jesus op sy kop moes dra toe hy gekruisig was.

Rooi, groen en goud is die primêre kleure van Kersfees. Dit simboliseer onderskeidelik Die bloed van Jesus wat gevloei het tydens die Kruisiging, die eweige lewe en een van die geskenke wat baba Jesus gekry het by die Wyse manne.

Dis ook seker waar die geskenke vir Kersfees vandaan kom?

In die sestiende eeu het die mense van Duitsland bome begin versier. Oorspronklik is net kerse opgesit, maar naderhand het mense begin om die bome op ander maniere te versier.

Duitsers het na ander lande soos die VSA en Brittanje geimmigreer en so die versiering van Kersbome gebruik van julle saam gevat en dit het posgevat by hul nuwe landsgenote en the rest is history.

As jy meer wil weet volg hierdie link as jy bietjie meer inligting soek oor hoekom Kersfees nie as paganisties beskou word nie nie.

https://truthbomb.blogspot.com/2017/12/christmas-pagan-or-not.html?fbclid=IwAR3s1I8tHdCKDVi_MSg7ZEjevvk-PBaMetRMLPcutcjJeztA4IZDC7cTBKc&m

Ek glo as dit nie vir kommersiële verkope was nie sou die boodskap nooit duidelik oorgedra word nie. Veral nie in hierdie moderne, gejaagde tye waarin ons leef nie. Ons mense van vandag leef nie meer soos in die verlede nie.

Ons het van dinge van ouds vergeet. Die mensdom het ‘evolve’. Kyk na my. Tot onlangs toe was ek nie seker wat Pinkster was nie of hoekom ons dit vier in die kerk nie. As besighede kon munt uit slaan hiermee weet ek, ek sou vroeër kennis dra daarvan.

Kyk na Valentynsdag! 14 Februarie. (Ek weet dit is nie ʼn dag wat geloof dek nie, maar nogtans). Dag van Liefde noem hulle dit. As winkels nie sjokolades in die vorm van harte of kaartjies met liefdesboodskappe in verkoop het nie sou ons dit nooit gevier het.

Mense kort liefde. Daarsonder kan jy nie. Die wêreld kort meer van dit.

Paasfees! Danksy die paashaas en sy ‘paaseiers’ weet ons dit is die tyd van die jaar wanneer ons Jesus wat  aan die kruis vir ons sondes gestef het gedenk. Wanneer ons nagmaal hou.

As dit nie vir die sjokolade eiers was nie was Paasfees vining by ons verby.Net iets waaroor die dominee in die kerk preek. Ons sou dit nooit waardeur het nie.

Die jaar was rof. Elke jaar is. Vir enigiemand. Dinge was nie maklik. Jy is moeg. Sielkundig, fisies, emosioneel, geestelik.

Eintlik wil jy net God se Liefde vir jou met die mense na aan jou vier. Sy grootste geskenk wat hy aan jou gegee het gedenk.

Kersfees is ʼn tyd van hoop en liefde. Van daardie Kersfeesvibe wat net vir jou sê alles gaan oukei wees. Jy wil lag, ontspan, eet, vergeet en herinneringe maak. Hakuna Matata!

As dit nie vir kerskouse, konserte, mince pies, gammon, krakkers en Rudolf die Rooineus-takbok was nie sou ons nooit in die gees van Kersfees kom nie. Ons sou net aangegaan het met ons dinge. Halfhartig dit vier in die kerk. En dit is nie reg nie.

So daarvoor sluit ek af en sê: Danksy kommersiëlisme gee dit ons Christen mense op aarde die geleentheid om Kersfees en Jesus se geboorte ordentlik te vier.

Feliz Navidad

Skatte en die strand

images (3)(Branders breek. Seemeeue vlieg. Mense swem.Die reuk van varsgebakte skyfies. Ek sit onder my sambreel en kyk voor my uit.)

Goeiedag aan al my getroue lesers. Ek hoop dinge gaan goed. Ek hoop die ligte is nog aan en die petrolprys gaan binnekort sak.

Dis Desember. Die tyd wanneer meeste van ons ʼn ou blaaskans vat. Party gaan op die strand lê, party gaan reis, party gaan net niks doen nie. Waar ook al julle heen gaan, pak ʼn ou lees dingetjie in.

Ek stel voor jy kies vir jou ʼn skrywer en kry ʼn paar van sy boeke in die hande. ʼn Lekker boek om jou te help ontspan terwyl jy op die strand ‘chill’.

Gepraat van strand, wonder jy nie soms of jy dalk naby ʼn versteekte skat is as jy op die strand is nie. ʼn Skat waarvan Long John Silver of Blackbeard van vergeet het?

Wil jy nie soms Indiana Jones speel en skatte opspoor terwyl jy die held of heldin is wat die mensdom red teen booswigte wat ander plannetjies vir die skat in gedagte gehad het.

Ek het goeie en slegte nuus. Slegte nuus: Dit sal nooit met jou gebeur nie. Kom daaroor. Goeie nuus: Jy kan dit ervaar.

Daar is twee skrywers wat boeke propvol aksie, drama, geskiedenis, sci-fi, ʼn tikseltjie waarheid en humor skryf. Albei skrywers het een of twee sentrale karakters wat in al die boeke van hul onderskeie reekse verskyn.

Andy McDermott

www.andy-mcdermott.com

Nina Wilde/Eddie Chase-reeks

Die bekende argeoloog Nina Wilde en Eddie Chase haar ‘bodyguard’ wat later haar man word ondersoek vreemde legendes en skatte wat mense dink bestaan nie en wat vir die mensdom ʼn bedreiging kan inhou bv.

  • Koning Arthur se Swaard
  • El Dorado
  • Atlantis
  • Valhala

Daar was baie ander. Hulle reis die aardbol vol op soek na leidrade om ʼn opdrag of taak te voltooi en daar gaan altyd iets verkeerd. Dan kom die aksie. Massas van dit.

Die boeke is leesbaar, vloeibaar, verstaanbaar en soms humoristies. Karakters is drie-dimensioneel. As jy nog nie ʼn boek in die reeks gelees het nie, begin by enige een. Jy kan maklik opvang. Dit bly meestal dieselfde. Net klein goedjies verander.

David Gibbins

www.davidgibbins.com

Jack Howard-reeks

Jack Howard kom uit ʼn bekende familie in skeepskringe. Sy family het geslagte gelede al begin om hul rykdom deur die see op te bou. Handel, transport, ontdekking ens.

Hy het baie geld tot sy beskikking. Hy kan ʼn span duikers, tegnici en kenners om saam met hom na skatte en nuwe wêrelde te soek. Om na antwoorde van die verlede te soek.Hy is self ʼn mariene argeoloog en ervare duiker.

Hy is ʼn kenner op die gebied en is alombekend as iemand met ʼn goeie reputasie. Hy het self ʼn universiteit begin saam met ʼn tjom om die volgende geslag op te lei.

Hy kry ook te doen onverwagte en ondenkbare verrassings soos bv.

  • Atlantis
  • Die Avondsbeker
  • Verlore Skatkamer van ʼn Faroa
  • Kruisvader Goud

Die boeke is propvol feite. Verwag asemrowende mariene natuurbeelde en benoude oomblikke onder die water. Sien uit na wrede boewe em slymerige skurke. Mens sal sukkel om die boeke neer te sit. Dit is lekker lees boeke.

Nou weet jy wat om voor in jou kerskous te vra.

Lekker lees…

Kersfees-vermaak

As mens so ʼn opskrif hoor dan klink dit soos ʼn persoon se naam. Ek kan jul verseker dit is nie die geval. In hierdie post vertel ek oor vermaak tydens die feestyd.

Dag mense. Ek hoop dinge gaan wel in hierdie feestelike tyd. Ek hoop almal is gelukkig en gesond. Mag die son bly skyn en Eskom aan die gang bly dan is alles  wel.

Kersfees is op hande. Jy gaan dalk bietjie weg. Dalk bietjie see toe of vir jou mense in die Rand gaan kuier. Of erger, almal kom na jou toe.

Kersfilms

Die van julle wat jan tuisbly se karretjie ry, veral op ʼn plek waar niks gebeur nie stel ek voor julle  fliek ʼn bietjie.

Elke plek waar jy kom word nou versier. Van bo tot onder. Tinsel,liggies, die works. So as jy of jou gesin niks het om te doen nie en geduldig moet wag vir daardie geskenk onder die boom  stel ek voor jy versier jou TV-skerm en kyk na hierdie films se name wat ek jou gee. Of jy dit nou

  • Stream
  • Bestel op Takealot of Amazon as DVD
  • Soek op Tv
  • DVD huur

Kyk dit gerus. Veral as jy nog nie in die bui is vir Kersfees nie. Maak ʼn bak springmielies, kry ʼn drinkdingetjie, sit al die fone en tablets af sodat niemand jou pla nie, maak die kamer donker en kyk na wat volgens Die Uwe die beste Kersfees films is. (Dankie YouTube dat  jy my help).

Maar voor ek my Top 10 gee moet darem ek ʼn paar ander films noem wat darem  amper die lys gemaak het.

Frozen

https://youtu.be/TbQm5doF_Uc

Bad Santa

https://youtu.be/xQvaoRScND4

Santa Claus

https://youtu.be/Bx8FX7etF_8

Office Christmas Party

Miracle on 34th Street

https://youtu.be/lo5OmGDjZEQ

Top 10 Kersfees Films : (In geen spesifieke volgorde nie)

  1. Die Hard

https://youtu.be/2TQ-pOvI6Xo

  1. Home Alone

https://youtu.be/jEDaVHmw7r4

  1. Four Christmasses

https://youtu.be/1v0Rbf5xI9o

  1. Fred Claus

https://youtu.be/FlQAboa9f4

  1. Deck the Halls

https://youtu.be/g1A2uWWF1ZU

  1. The Family Stone

https://youtu.be/Xcax2cwxuBg

  1. Christmas with the Kranks

https://youtu.be/frNRluzraJU

  1. Scrooged

https://youtu.be/JUu_iG2IboI

  1. Surviving Christmas

https://youtu.be/9ajwSBuozVs

  1. It’s a Wonderful Life (Hierdie is nie ʼn Trailer nie. Dis die hele film)

https://youtu.be/5biK4eoVFfs

Ongelukkig het daar nie een van ons plaaslike Kersfees films my aandag getrek of my geboei nie. So ver ek weet het ons net vir

  • Liewe Kersfees Vader
  • ʼn Saak van Geloof
  • Die Sneeukoniging (Suid-Afrikaanse weergawe)

Julle sal sien al hierdie films wat ek op my lys het, het elkeen ʼn verskillende boodskap.  Nie een is dieselfde nie.

Kersmusiek

Julle sal sien as julle in die winkels kyk of na musiek soek op die net daar is baie bekende sangers daarbuite wat ʼn Kersalbum uitgegee het. Van Elvis tot Lady Antebellum. Van Rod Stewart tot Luciano Pavarotti. Kyk maar wat vir julle werk. Dalk het jou gunsteling sanger/sangerres/popgroep een uitgegee?

Daar is wel ʼn paar wat wel bekend is vir hul Kersmusiek. Hiers ʼn paar name en links sodat jy hulle kan sien en self kan hoor.

Pentatonix

https://youtu.be/qJ_MGWio-vc

https://youtu.be/ifCWN5pJGIE

Michael Bublé

https://youtu.be/l3l83C-we-k

https://youtu.be/XtB0LqyJsdA

Boney M

https://youtu.be/Xj88ujeRUXU

https://youtu.be/cqpi-e_iLcQ

Mariah Carey

https://youtu.be/BEJmP8T07JU

https://youtu.be/TtRgKvLkLHM

Luister lekker. Kyk lekker. Geniet dit. Ons praat gou weer.

James Patterson is die baas van die Boek-plaas

Dagsê mense. Ek hoop alles is wel. Ek het julle in ʼn vorige post belowe ek gaan die kinders aan die lees kry. Ek het julle ʼn lys name van skrywers en reekse gegee om na te kyk. Hopelik is iemand geholpe.

Vandag gaan ek die ouer mense help. Tieners en volwasenes, ek gaan julle voorstel aan my gunsteling skrywer van alle tye.

Skrywer: James Patterson

Hoekom is hy my gunsteling skrywer?

Sy boeke is in goeie en gemaklike styl geskryf. Hy het al oor die honderd boedke geskryf. Die afgelope paar jaar gee hy met behulp van ander skrywers maklik 5 of 6 boeke per jaar uit. Selfs meer. Hy het selfs The Missing President saam met Bill Clinton geskryf.

Sy boeke is boeiend.Dit is nie in moeilike Shakespeare-Engels gestel nie. Jy is vasgenael tot die laaste bladsy.

Baie van sy boeke is deel van ʼn spesifieke reeks so die karakters bly sentraal dieselfde. Hy skryf oor allerdaagse dinge en wêreld gebeure soos die Olimpiese Spele in Londen en terrorisme!

Tipe-boeke

Alles! Misdaadfiksie, aksie-verhale, dramas, kinderboeke, jeugromans, sci-fi-boeke.

Hy het ook onlangs begin om Bookshots te publisher. Dit is ʼn klein boekie. Die inhoud is groter as ʼn kort verhaal en kleiner as ʼn volledige boek.

Reekse wat hy skryf wat ek kan aanbeveel

Harriet Blue reeks

ʼn Speurder in Australië moet geheimsinnige sake oplos. Tussen in  moet sy haar broer se onskuld bewys in ʼn verkragting saak teen hom. Gunsteling boek: Never, Never

Alex Cross-reeks

Alex Cross is ʼn speurder by die Washington Polisie Diens en l,ater die FBI. Hy het ʼn doktersgraad in sielkunde en dit is sy werk om  moordenaars vas te trek. Hy kry ook met reeksmoordenaars te doen. Gunsteling boek: Kiss  the Girls

Private-reeks

Jack Morgan is die eienaar van Private, ʼn internasionale speuragentskap met kantore reg oor die aarbol bv. Delhi, Sydney, Londen. Elke boek speel op ʼn nuwe plek af met ʼn span wat in daardie land gevestig is wat aan die sake moet werk. Gunsteling boek: Private  Sydney

NYPD Red

Zack Jordan en Kylie MacDonald vorm deel van ʼn ondersoekspan by die New Yorkse Polisiediens wat NYPD Red genoem word. As een van die stad se rykes in gevaar is of leed aangedoen is word NYPD Red in geroep om die saak op te los. Gunsteling boek: NYPD4

Michael Bennett-reeks

Nie net is Michael Bennett ʼn top speurder hoog in aanvraag in New York nie, hy is ʼn weduwee pa met tien kinders. Soms gaan dit lol om top profiel sake te ondersoek en om na sy tien spruite te kyk, maar saam met hulp en ondersteuning deur sy oupa en die kinderoppasser Mary-Catherinekry Mike dit reg. Gunsteling boek: Gone

Women’s Murder Club

Lindsay Boxer, ʼn Polisie vrou van San Franciso en haar vriendinne wat ʼn staatsaanklaer, joernalis en ʼn patoloog vorm saam ʼn klub waarin hulle onopgeloste sake oplos. Soos die sake verby gaan vorm die vrouens ʼn al hoe nouer band en groei ook emosioneel. Gunsteling boek: 4th of July.

Alleenstaande Boeke

Boeke wat nie deel is van ʼn reeks of waardie karakters altyd verander. Gunsteling boek: Guilty Wives

Hy skep sterk karakters met allerdaagse probleme en  struwelinge. Al sy boeke is in die verteenwoordige tyd. Hy ken al die nuutste terme en woorde wat ons alledaags aanskou. Hy probeer beslis om op hoogte te bly by dinge wat vandag tel en waarby mense aanklank kan vind.

As jy meer oor hom wil weet volg die link.

www.jamespatterson.com/

As jy inligting oor elke boek soek volg hierso:

https://www.goodreads.com/series/list?id=3780.James_Patterson

Gaan kyk wat werk vir jou! Watter boek trek jou aandag. Geniet dit. Beslis die moeite werd.

Nog ʼn Bokjaar verby

Nog net ʼn maand van 2018 oor. ʼn Maand.! Internasionale rugby is in tussen verby. Nog net Sewes en Noordelike Halfrond rugby vir ons vir die res van die jaar.

Die Springbokke se seisoen is verby. Rassie Erasmus en sy mede-afrigters het hul eerste jaar aan die stuur oorleef. Die Bokke het dieselfde aantal wedstryde gewen as verloor.

Ons het ʼn wenpresentasie van 50%! Nie juis baie om oor huis toe te skryf nie, maar dit aansienlik beter as Allistair Coetzee se termyn (2016-2017). Ek wil nie eens uitwerk wat dit was nie.

Pluspunte vir die Bokke vanjaar

  • ʼn Klomp nuwe spelers het navore gekom soos bv.RG Snyman, Embrose Papier, Aphiwe Dyanti (hy was. Wêreldrugby se mees Belowendste speler van die Jaar ) en Sbu Nkosi
  • Ons het vir Engeland in ʼn tuisreeks geklop
  • Ons het Nieu-Seeland op hul tuisveld geklop
  • Ons het vir Australië geklop nadat ons hulle in 2017 nie kon klop nie.
  • Beter spankultuur en spangees
  • Ons speel meer aanvallend rugby
  • Ons veggees en uithou verrmoëns verbeter. Kyk maar na die Wellington-toets
  • Meeste van die wedstryde wat ons verloor het was met minder as sewe punte
  • Ons het ʼn sterk reserwe bank wat meestal ʼn positiewe invloed op die spel gehad het in die laaste 20-25 minute
  • Ons het kundige afrigters wat weet hoe om te werk te gaan
  • Spelers verbeter elke week
  • ʼn Fikse Handrê Pollard aan die stuur op loskakel verbeter sake
  • Beseerde spelers het ʼn spoedige terugkeer gemaak
  • Oorwinnings teen Argentinië in Durban; Skotland in Edinburgh en Frankryk in Parys
  • Ons het die Transformasie-uitdaging aanvaar en kom dit so ver na
  • Elke posisie het genoeg kannidate, gebrek aan ervaring is soms ʼn problem
  • Oorsese Bokke wat baie waarde toegevoeg het soos Willie Le Roux en Faf de Klerk kon betrek word. Cheslin Kolbe wat in Frankryk speel het sy debuut gemaak
  • Ons oorsese Bokke hoef nie meer aan die 30-toetse-vir-jou-land-as-jy oorsee-wil-geld-verdien-en-vir-die-Bokke-speel regulasie nie

Kwelpunte vanjaar

  • Die Washington toets teen Wallis was ʼn klug. Dit moes nooit gebeur het nie. Al goeie ding daaroor was dat 12? nuwe ouens hul debuut kon maak. Maar die gebrek aan ervaring het ons gekos en ons verloor met twee punte.
  • Ons kon Nieu-Seeland nie weer klop nie. Op Loftus het hulle die laaste vyf minute HARD TERUG geveg en die oorwinning voor ons neuse weg geraap.
  • Ons lynstane was nie altyd so wafers nie nadat ons hakkers die bal in gooi.
  • Ons het teen die Wallabies op Brisbane verloor. 23-18. Daai was ʼn swak wedstryd. Nie een span het probeer wen nie, maar probeer verloor.
  • Die Owen Farrell-gedoente op Twickenham het ʼn wrang smaak in my mond gelaat. Ons kon die game gewen het as die skeidregter vir ons ʼn strafskop gegee het. Hy het een van ons spelers sonder arms -ge-tackle’. En daarmee weggekom. As dit een van ons spelers was dan was hy af vinniger as ʼn oogknip.
  • Skop te veel balbesit weg.
  • Soms is ons oorhaastig en dan slaan ons ʼn bal aan of iets loop skeef.
  • Die verliese wat ons in Mendoza, Kaapstad en Cardiff gelei het was teleurstelend, maar bly deel  van  die spel.

Soos julle kan sien oorskadu die positiewe die negatiewe. Ek glo dinge gaan net van hierso af verbeter. Rassie het ʼn rugby-brein. Ek weet ons sal ‘fine’ wees.

Ek kan weer noem ek is een trotse Bok ondersteuner. Ek sien lig aan die einde van die tonnel.

Ons gaan beslis volgende jaar beter speel en staan beslis ʼn kans om die Webb Ellis-trofee te verower as ons uit vanjaar se foute leer.

Veral deur die feit dat ons die All Blacks amper twee keer vanjaar die knieg laat buig het…

Afrika, ʼn sak en my rolstoel

Net omdat jy in ʼn rolstoel sit beteken dit nie dat jy nie deur Afrika kan reis nie…

Ek sit hier in my rolstoel en staar voor my uit. Die Drakensberge bekoor my weer vandag.Terwyl my familie gaan stap het, geniet ek die stilte en ʼn koppie koffie.

Die berg blink mooi blou en helder. Nie ʼn wolk in sig. Skielik stop daar ʼn klein rakker by my met sy ma kort op sy hakke.

“Kyk, mamma,” sê hy opgewonde en beduie met sy vuil vingers na my toe, “Shrek!” Sy is gou by en raap hom op. Sonder om my ʼn kans te gee, maak die mamma vinnig ʼn verskoning en stap weg.

Ek weet die kind het niks leliks bedoel nie. Hy het verwys na die prentjie van Shrek op my rugsak- een van my mees kosbare besittings en beste reisgenote.

Saam het ons al baie plekke en kilos op die klok. Ons was al teen Tafelberg op, het al saam gevaar op die MSC Opera en was selfs al land uit.

Hier is ʼn paar voorbeelde.

Vic Valle en Chobe Wildtuin:

Die Vic-Valle word nie verniet Mosi-oa-Tunya, of  “Die Rook wat Donder” genoem nie. Tien jaar gelede toe ek daar was, was dinge nogal ‘donderagtig’ hierso. Daar was verkiesingsprobleme, politieke geweld en die Zim Dollar het geen waarde gehad nie.

Ek het sonder probleme Vic Falls toe gevlieg  met Brittish Airways. Die personeel aan boord was vriendelik en behulpsaam. Kort na ons geland het, is ek spoedig met my rolstoel herenig en is vinnig deur die doeane en al.

Ons gids het ons met die oord (Zambezi River Lodge) se bussie kom haal en na ons tuiste vir die volgende drie dae geneem.

Die lodge is op die oewer van die Zambezirivier. Die kamers was goed versorg, maar basies en rolstoel toeganklik vir my. Alhoewel die personeel baie hulpvaardig was, was daar nie ’n groot verskeidenheid kossoorte beskikbaar nie, as gevolg van die ekonomiese situasie op die tyd.

Later daardie dag  is ons ʼn op ‘Sundowner Cruise’ op die rivier. Die Olifante  en die seekoeie het so langs ons geswem. Daar het ek vir die eerste keer Lion Lager geproe.

Vroeg die volgende dag is ons Valle toe.Van ver af kon jy die water hoor ‘donder’ en jy sien die ‘rook’ wat in die lug hang. Die plek het ʼn magiese gevoel.

Die gesig wat jou begroet, is verstommend! Jy sukkel om in te neem wat jy sien. Daar is ʼn voetpaadjie wat jy volg, dan stap jy so al met die Valle langs tot by die bekende treinbrug wat tussen Zimbabwe en Zambie strek.

Wat jy nog in die area kan doen:

  • Om op ʼn olifant te gaan ry en hulle te voer, was is ʼn belewenis. Die personeel by Elephant Back was baie behulpsaam.
  • Wat is ʼn reis sonder inkopies? Gaan na die Vic Falls mark toe. Daar is baie mooi goed. As jy nie geld wil betaal nie, ruil ʼn kledingstuk.
  • Vat ʼn nagrit. Dalk sien jy meer as ons.
  • As jy tyd het, glip oor die grens Botswana toe. Spesifiek die Chobe Nasionale Wildtuin. Verkyk jou aan aan al die massas olifante.

Daarna gaan ry gerus op ʼn ‘rubberduck’ vir ʼn piekniek op die Chobe-rivier. Dit is nogal ʼn belewenis om ʼn groot trop olifante skaars 5 meter van jou af te hê wat swem.

Erindi-wildreservaat:

Vir my een-en-twingtigste verjaarsdag het ek ʼn vliegtuigkaartjie Namibië toe gekry. My ouers het hulleself saam genooi. Ons het Windhoek toe gevlieg met NamibAir en daar ʼn kar gehuur om verder noord te ry. Anderkant Okahandja, net voor Omaruru is die Erindi-wildreservaat geleë.

Hierdie 70,719- hektaar wildsplaas is een van die beste plekke in Afrika as jy van wild hou. Ons het by die Old Traders Lodge gebly. Hier word jy op die hande gedra. My kamer was luuks en spesiaal ingerig vir rolstoele, met baie plek om te beweeg. Dieselfde het gegeld vir die badkamer.

Erindi-wildreservaat in ’n neutedop…

  • Jy word elke dag met van drie etes voorsien asook middagtee daarby.
  • Die kos is beter as Kokkedoor sin. Die gidse wat selfs vir jou ʼn drinkdingetjie saam as jy gaan wildkyk.
  • Die eetsaal kyk op ʼn watergat waar ons die eerste dag ʼn trop wildehonde gesien het water drink.
  • Elke oggend en laatmiddag het ons ʼn draai gaan ry en gesogte wild soos leeus, luiperds en renosters raakgeloop.
  • Een middag het ons selfsgaan luiperd-tracking ʼn Gids vat jou om ʼn luiperd met ʼn GPS-monitor om sy nek op te spoor.

Etosha Nasionale Park:

Ons volgende stop was die Etosha Pan in die Etosha Nasionale Wildtuin. Die plek se bekendste kenmerk is sy groot, uitgedroogte soutpan wat uit die buitenste ruim gesien kan word. Dan is daar nog al die wilde diere wat hier rond bly.

Ek het in spesiaal ingerigte selfsorgrondawelvir gestremde mense in die hoofkamp Okaukeujo gebly. Daarnaby was ʼn watergat (omhein natuurlik) waar toeriste kon sien hoe diere water drink. In die aande was die spreiligte aan. Renosters, leeus en olifante het kom saam suip.

Goeie raad vir dié geweste…

  • Koop vir jou ʼn padkaart as jy by een van die hekke ingaan (ons is by die Anderson-hek in),
  • Ry van watergat na watergat. Dis waar jy diere sal kry.
  • Halali en Namutomi is twee ander kampe waar jy kan bly, maar hulle is ʼn entjie uitmekaar.
  • Drink baie vloeistof (daar is badkamers vir ons)
  • Pak baie sonroom
  • Probeer gerus die Gemsbokfillet by die restaurant. Heerlik!

Vilankulos:

Ons almal droom van ʼn eksotiese eilandvakansie. Hawaii of die Maldives-eilande! So, doen wat ek gedoen het. Klim op ʼn vliegtuig Vilankulos toe. Dit is skaars twee-ure weg.

As jy hou van wit strande, helderblou water,vlak golwe, luukse akkommadasie, vars seekos, sappige skemerkelkies met skop, rus vir jou siel en waarde vir geld kom bly by Rio Azul Lodge.

Die oord se 4×4 kom haal jou by die lughawe en ry dan strandlangs tot by jou blyplek. Dis ʼn prentjiemooi rit. Jy hoor die golwe breek, jy sien die vissermanne hulle vangs met die nette uittrek. Die Bazaruto-eiland kan in die verte gesien word.

Die personeel is baie vriendelik en niks is te veel moeite nie. Jy kry drie etes per dag en die kroeg is die heeltyd tot jou beskikking. Vat ʼn sonsondergangrit op die varswatermeer waaraan die oord grens.

Jy het verskillende blyplekopsies. Ek het in die Villa gebly. Dit was baie rolstoelvriendelik. Daar was selfs ʼn swembad met ʼn trappie vir eie gebruik.

Om op die strand te kom met ʼn rolstoel was moeilik, maar hulle (Rio Azul) het baie vinnig ʼn plan gemaak. Ek is in die 4×4 gelaai en op die die strand gaan aflaai.

Moet-doen-dinge:

  • Eet
  • Rus
  • visvang
  • Swem
  • Boot ry
  • Snorkel

Indien jy in ʼn rolstoel sit of van iemand anders weet wat ten spyte van alles wil reis volg hierdie webwerwe vir advies.

www.rollingsa.co.za

http://www.safariguideafrica.com

http://www.disabledtravel.co.za

My raad aan voornemende reisigers is:

  1. Berei voor vir enigiets
  2. Moenie alleen reis nie
  3. Vra vir hulp
  4. Geniet dit

Die berge is steeds mooi blou. In die verte sien ek ʼn arend wat sweef.

“Hello Oom,” hoor ek ʼn stemmetjie hier langs my. Ek draai verskrik om. Die klein mannetjie is terug en kyk vir my sak.

 

Het jy geweet?

Ons Afrikaners is darem oral versprei deesdae. Dubai, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Konigkryk. Hulle sê in Londen kan jy nie iemand opstraat in Afrikaans slegsê nie, want iemand anders sal verstaan.

Nou die dag sien ek daar speel ʼn Labuschagne toetskrieket vir Australië. En ʼn bielie van ʼn flank Hanco Germishuys speel rugby vir die VSA! USA as jy nie weet van wie ek praat nie. Daar waar oom Donald die septer swaai.

En soos ek navorsing gedoen het kom ek agter hierdie ouens is nie soos CJ Stander van Ierland en Neil Wagner van Nieu-Seeland wat na ʼn ander land verhuis het met die oog om vir sy aangenome land se nasionale span te speel nie. Nee! Hulle en hul familie het geimmigreer soos duisende ander (Nie net Afrikaners nie).

En die kans is goed dat hulle gaan wortelskiet in hul nuwe tuistes. Hul nageslag gaan assimileer met hul nuwe landgenote. Hulle gaan hul Afrikaner identiteit stadig maar seker verloor.

(Ek wil niemand anders met hierdie post beledig nie.)

Hulle gaan nie die Huisgenoot lees en die nuutste sokkie liedjie ken nie. Hulle gaan nie aan die ATKV behoort nie of aan n Afrikaanse kerk behoort nie.

Hulle gaan weet een van hul voorsate was van SA, maar hulle gaan nie noodwendig veel daarin belang stel nie. En as hulle meer oor hul familie se lewe in SA wil weet gaan hulle by een woord uitkom.

Apartheid

En vir hulle wil ek net sê! Ons is baie meer as die booswigte van Apartheid. Ons Afrikaners het ook ons spoor op die wêreld gelaat. Het jy geweet:

  • Die dorp Chivu in Zimbabwe was deur Boere gestig. Sy naam was eers Enkeldoorn, maar is na Zimbabwe se onafhanklikheid verander.
  • Ons het in albei Wêreldoorloë baklei. Die kommandant van die Geallieerde Magte het self gesê, “Give me two divisions of those marvelous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.” Hy was duidelik beȈndruk met ons veg vernuf. By elke Veldslag waarby ons betrokke was sal jy grafte met ons mense in kry.
  • Bothashof (deesdae Eagles Vale) was ʼn Afrikaanse Skool in Zimbabwe. Tot vandag toe is die skool leuse Diens.
  • Die Dorsland Trekkers was ʼn klomp Boere wat wou wegkom van Britse bevind en het sedert 1874 deur die Kalahari Woestyn na Angola getrek. Dit was ʼn moeilike reis. Baie mense is dood. Baie het omgedraai. Hulle het meestal in die Humpata Hooglande gaan bly. Baie het na ʼn paar dekades van sukkel bestaan terug gekeer na Suid-Wes of SA. Die laastes van die Boere is in 1975 daar weg toe die Portugese owerhede begin ontrek het aan Angola. Die dorp Humpata het selfs ʼn standbeeld wat in 1958 opgerig is wat die Trekkers gedenk.
  • Tydens die Anglo-Boere Oorlog was daar baie oud-Boere krygers in gevangeniskampe in voorheen Britse Kolonies. St Helena, Bermuda, Ceylon (Sri Lanka),Indië. Daar het baie van hulle gesterf en hul grafte is nog daar. Party het self agter gebly na die oorlogomdat hul nie aan Brittanje onderdanig wou wees nie.
  • Ons het die Magtige Britse ‘Empire’ keer op keer tydens die Anglo-Boere Oorlog geklop. Was dit nie vir vuilspel deur die Engelse nie het ons gewen.
  • Na die Oorlog het Boere-families wat alles verloor het Brits-Oos Afrika (Kenya) toe getrek en die dorp Eldoret gestig. Tot in die 1980s was daar van hul nageslagte wat daar gebly het.
  • Party Boere het in die laat 1890, begin 1900s in Ghanzi Botswana gaan stig. Hul nageslag bly vandag nog daar.
  • Na die Anglo-Boere Oorlog het Boere-families wat alles verloor het Argentinië toe getrek. Hulle het hulself in die Patogonië streek gaan vestig. Baie het na ʼn dekade of so terug getrek SA toe. Nou 100 jaar later is daar nog van die nageslag wat Afrikaans kan praat. Kyk gerus na die film Boere op die Aardsdrempel.
  • Generaal Ben Viljoen , oud-vegter uit die Anglo-Boere Oorlog het ʼn Boere Kolonies in die Nieu-Mexiko Staat probeer stig. Hy was ook ʼn Amerikaanse Burger, het as Konsultaat vir Amerika in Duitsland gedien en het nuwe boerdery sisteme gestig in die Mesilla Vallei, waar hy tot sy dood gebly het.
  • Christiaan Barnard, die man wat die eerste hartoorplanting gedoen het was ʼn Afrikaner.
  • Namibië (voorheen Duitswes-Afrika) was ʼn Provinsie van SA. Daar is baie Afrikaner invloed.
  • Manzini (Bremersdorp) in Swaziland was deur die Boere gebruikas Hoofkwartier in die Anglo-Boere Oorlog. Nhlangano (Goedgegun) was ook ʼn dorp met ʼn Afrikaanse invloed.
  • Afrikaans is een van die nuutste amptelike tale op aarde

As jy nog wil weet van jou mense, Google so bietjie. Daar leer jy so baie dinge, jong!

As daar nou een ding is wat ek hier uit kon leer is dat ons na jare in die vreemde soms wel huis toe kom…

Vaarwel Oros

Geskiedenis het al die bestaan van unieke honde aangeteken.

Daar was Jock van die Jock of the Bushveld verhale. Die skrywer Percy Fitzpatrick vertel van al die dapper dinge wat sy hond Jock gedoen het soos om groot wild te jag of teen ʼn krokodil of bobbejaan te veg.

Stories oor hom het hom ʼn legende gemaak en hy word altyd geassosieer met die Bosveld.

Die hond Hachiko was so verskriklik lojaal teenoor sy baas. Hy het elke dag vir hom by die trein stasie gewag tot hy terug kom van die werk af. Met sy baas se afsterwe het Hachiko nog steeds sy roetine gevolg en vir hom gaan wag by die treinstasie. Vir nege jaar lank!

Dan was daar Laika, ʼn Russiese hond wat in 1957 opgelei is om in die ruimte op te gaan en wat wel toe gebeur het.

Julle sien sal ek praat nie eintlik hoe hierdie honde gesterf het nie. Wat ek wel kan noem is dat hulle al drie groot en belangrike einskappe vir ʼn hond gehad het: Dapperheid, lojaliteit en intelligensie.

En my Jack Russel-reuntjie Oros het al drie daardie einskappe gehad. Ongelukkig het alles die 7de November tot ʼn einde gekom. Daaroor praat ek nie. Dit maak mos nie saak nie.

Wat ek julle wel sal vertel is van sy lewe by ons.

Ek onthou ons het hom tien jaar terug in die Lente gekry. So bietjie voor John Smit en sy manne die Wêreld-beker vir ons kon opraap. Sy naam was gekies omdat ons ʼn ander Jack Russel met die naam Bibo gehad het. Onthou julle daardie Bibo sakkies sap wat mens kon drink?

Hulle sê ʼn kat het nege lewens. Ek dink Oros het so bietjie kat in hom gehad. Al het hy baie katte gejag.

Een keer was hy verskriklik siek want hy insekdoder ingeasem. Hy was al reg om op te gee. Hy het net bly lê. Ons moes met hom veearts toe jaag. As ons hom ʼn uur later gevat het was dit neusie verby.

Een keer was hy vir ʼn maand lank vermis. In sy jonger dae het hy self die dorp gaan verken en daar het iemand die arme ding opgetel en huis toe gevat. Ons het eers ʼn maand later van die ‘opgetelde hond’ gehoor.

Een keer sien ons Oros is weg. Vir 12 ure. Ons soek en roep, maar kry geen teken van hom nie en iemand gaan haal iets wat hy kort in die stoorkamer. Tien raaie wie kry ons daar?

Een dag hoor ons ʼn hond blaf, maar ons kry nie vir hom nie. Ons dog hy is dalk by die bure, maar hy is nie daar nie. Ons vat toe die fietse en ry die veldpaadjie agter my huis. Soos ons ry word die blafgeluide al hoe harder. Hier kry ons hom vasgekeer binne in ʼn ystervark gat.

Hy was ʼn hond wat verby enige muur, heining of hek kon kom. Of hy moet klim of ‘tonnelkruip,’ dit doen hy. Maklik. Geen problem.Hy was nie eens bang vir elektriese drade nie. Hymoes ʼn honde recce of iets gewees het in sy vorige lewe.

Hy was mal daaroor om by die straat op en af te gaan. Elke keer as jy die honde hoor blaf dan weet jy Oros het weer vir hulle gaan sê, “Hows your mother?”

Hy was al ʼn paar keer te naby aan iemand se hek dan het die honde hom gepak. En keer op keer het hy oorleef na ʼn paar dae by die veearts ICU. Hy was soos Rambo. Hy was soos ʼn ervare kroeg bakleier. “He always came back for more!”

Die merke aan sy lyf was duidelik sigbaar en elkeen het ʼn storie gehad om te vertel. Dankie tog hy was reggemaak anderste het ons ʼn massiewe probleem gehad.

Hy het dikwels vir my familie gaan kuier wat ook in die straat bly. Net wanner hy wou. By my ouma se huis was sy kos en mandjie reg vir hom om te arriveer.

Hy was dol oor biltong en vleis. Al my vleis wat ek nie wou eet nie, is reguit na hom toe. Baie keer as ek nie kyk nie was al die kos op my bord op. klaar. Weg!

Hy kon goed swem. Hy het nooit die bal vir jou terug gebring nie. Hy het altyd met die ding weggehardloop.

Hy het ook sy eie maniere gehad van dinge doen.

Geen ander hond mag naby hom in die honde hok met die rooi lig wat warmte maak geslaap het nie. Hy was mal oor ʼn verwarmer. Hy het hom baie keer tuis gemaak in my blompotte wat ek vir my kruietuin gebruik. My oeste was duidelik kondêm.

Hy was soos die skim. Baie keer het hy ongesiens probeer by die huis inglip. As hy dit kon regkry het hy suutjies onder die meubels gaan slaap. Hoeveel het ek nie my boeglam geskrik as ek ʼn kreun of ʼn knor hoor en dan is net hy.

Oros was baie beskermend teen oor ons almal. Hy was liefdevol. Hy, nes Jock en al die beroemde honde van ouds het karakter gehad. Hel, hy was ʼn karakter en mag ons hom nooit vergeet nie.

Vaarwel Oros, waar ook al jy is. Mag dit ʼn plek wees waar jy die omgewing om jou kan verken en bestudeer. Mag dit ʼn plek wees waar jy geliefd sal wees.

Rus sag ou Grote. Thanks for the Memories.